À propos de la propriété intellectuelle Formation en propriété intellectuelle Respect de la propriété intellectuelle Sensibilisation à la propriété intellectuelle La propriété intellectuelle pour… Propriété intellectuelle et… Propriété intellectuelle et… Information relative aux brevets et à la technologie Information en matière de marques Information en matière de dessins et modèles industriels Information en matière d’indications géographiques Information en matière de protection des obtentions végétales (UPOV) Lois, traités et jugements dans le domaine de la propriété intellectuelle Ressources relatives à la propriété intellectuelle Rapports sur la propriété intellectuelle Protection des brevets Protection des marques Protection des dessins et modèles industriels Protection des indications géographiques Protection des obtentions végétales (UPOV) Règlement extrajudiciaire des litiges Solutions opérationnelles à l’intention des offices de propriété intellectuelle Paiement de services de propriété intellectuelle Décisions et négociations Coopération en matière de développement Appui à l’innovation Partenariats public-privé Outils et services en matière d’intelligence artificielle L’Organisation Travailler avec nous Responsabilité Brevets Marques Dessins et modèles industriels Indications géographiques Droit d’auteur Secrets d’affaires Académie de l’OMPI Ateliers et séminaires Application des droits de propriété intellectuelle WIPO ALERT Sensibilisation Journée mondiale de la propriété intellectuelle Magazine de l’OMPI Études de cas et exemples de réussite Actualités dans le domaine de la propriété intellectuelle Prix de l’OMPI Entreprises Universités Peuples autochtones Instances judiciaires Ressources génétiques, savoirs traditionnels et expressions culturelles traditionnelles Économie Égalité des genres Santé mondiale Changement climatique Politique en matière de concurrence Objectifs de développement durable Technologies de pointe Applications mobiles Sport Tourisme PATENTSCOPE Analyse de brevets Classification internationale des brevets Programme ARDI – Recherche pour l’innovation Programme ASPI – Information spécialisée en matière de brevets Base de données mondiale sur les marques Madrid Monitor Base de données Article 6ter Express Classification de Nice Classification de Vienne Base de données mondiale sur les dessins et modèles Bulletin des dessins et modèles internationaux Base de données Hague Express Classification de Locarno Base de données Lisbon Express Base de données mondiale sur les marques relative aux indications géographiques Base de données PLUTO sur les variétés végétales Base de données GENIE Traités administrés par l’OMPI WIPO Lex – lois, traités et jugements en matière de propriété intellectuelle Normes de l’OMPI Statistiques de propriété intellectuelle WIPO Pearl (Terminologie) Publications de l’OMPI Profils nationaux Centre de connaissances de l’OMPI Série de rapports de l’OMPI consacrés aux tendances technologiques Indice mondial de l’innovation Rapport sur la propriété intellectuelle dans le monde PCT – Le système international des brevets ePCT Budapest – Le système international de dépôt des micro-organismes Madrid – Le système international des marques eMadrid Article 6ter (armoiries, drapeaux, emblèmes nationaux) La Haye – Le système international des dessins et modèles industriels eHague Lisbonne – Le système d’enregistrement international des indications géographiques eLisbon UPOV PRISMA UPOV e-PVP Administration UPOV e-PVP DUS Exchange Médiation Arbitrage Procédure d’expertise Litiges relatifs aux noms de domaine Accès centralisé aux résultats de la recherche et de l’examen (WIPO CASE) Service d’accès numérique aux documents de priorité (DAS) WIPO Pay Compte courant auprès de l’OMPI Assemblées de l’OMPI Comités permanents Calendrier des réunions WIPO Webcast Documents officiels de l’OMPI Plan d’action de l’OMPI pour le développement Assistance technique Institutions de formation en matière de propriété intellectuelle Mesures d’appui concernant la COVID-19 Stratégies nationales de propriété intellectuelle Assistance en matière d’élaboration des politiques et de formulation de la législation Pôle de coopération Centres d’appui à la technologie et à l’innovation (CATI) Transfert de technologie Programme d’aide aux inventeurs WIPO GREEN Initiative PAT-INFORMED de l’OMPI Consortium pour des livres accessibles L’OMPI pour les créateurs WIPO Translate Speech-to-Text Assistant de classification États membres Observateurs Directeur général Activités par unité administrative Bureaux extérieurs Avis de vacance d’emploi Achats Résultats et budget Rapports financiers Audit et supervision
Arabic English Spanish French Russian Chinese
Lois Traités Jugements Parcourir par ressort juridique

Afrique du Sud

ZA107

Retour

Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika

 Constitution of The Republic of South Africa 1996 (as amended up to 2012)

Afrikaans

Die GRONDWET

van die Republiek van Suid-afRika, 1996

Soos op 8 Maart 1996 aangeneem en op 11 Oktober 1996 gewysig deur die Grondwetlike Vergadering

ISBN 978-0-621-39063-6

GRONDWET VAN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA [GOEDGEKEUR OP 16 DESEMBER 1996] �

[DATUM VAN INWERKINGTREDING: � 4 FEBRUARIE 1997] �

(Tensy anders vermeld - kyk ook a. 243[4]

(Engelse teks deur die President geteken)

soos gewysig by

“Constitution First Amendment Act of 1997” � “Constitution Second Amendment Act of 1998” �

“Constitution Third Amendment Act of 1998” � “Constitution Fourth Amendment Act of 1999” �

“Constitution Fifth Amendment Act of 1999” � Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001 �

Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001 � Agtste Wysigingswet op die Grondwet van 2002 �

Negende Wysigingswet op die Grondwet van 2002 � Tiende Wysigingswet op die Grondwet van 2003 � Elfde Wysigingswet op die Grondwet van 2003 �

Twaalfde Wysigingswet op die Grondwet van 2005 � Dertiende Wysigingswet op die Grondwet van 2007 � Veertiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008 � Vyftiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008 � Sestiende Wysigingswet op die Grondwet van 2009 �

Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012 �

Ingevolge Proklamasie No. 26 van 26 April 2001 is die administrasie van hierdie Wet toegeken aan die Minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling �

WeT Om voorsiening te maak vir ʼn nuwe Grondwet vir die Republiek van Suid-Afrika en om voorsiening te

maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan.

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

1

3

INDELING VAN ARTIKELS

aanhef Artikels

hOOfSTuk Grondliggende Bepalings

hOOfSTuk Handves van Regte

5

hOOfSTuk Regering van Samewerking

22

hOOfSTuk Parlement

24

hOOfSTuk Die President en die Nasionale Uitvoerende Gesag

48

hOOfSTuk Provinsies

56

hOOfSTuk Plaaslike Regering

78

hOOfSTuk Howe en Regspleging

86

hOOfSTuk 96 Staatsinstellings ter Ondersteuning van Grondwetlike Demokrasie

hOOfSTuk 103 Openbare Administrasie

hOOfSTuk 108 Veiligheidsdienste

hOOfSTuk 114 Tradisionele Leiers

hOOfSTuk 115 Finansies

129

130

133

hOOfSTuk 14 125 Algemene Bepalings

bylae 1 Nasionale Vlag

bylae 1a Geografiese Gebiede van Provinsies

bylae 2 Ampsede en Plegtige Verklarings

bylae 3 Verkiesingsprosedures

bylae 4 Funksionele Gebiede van Konkurrente

Nasionale en Provinsiale Wetgewende

Bevoegdheid

bylae 5 Funksionele Gebiede van Eksklusiewe

Provinsiale Wetgewende Bevoegdheid

bylae 6 Oorgangsreëlings

bylae 6a [Bylae 6A ingevoeg by a. 6 van die Tiende

Wysigingswet op die Grondwet van 2003 en herroep by

a. 6 van die Veertiende Wysigingswet op die Grondwet

van 2008.]

bylae 6b [Bylae 6B, voorheen Bylae 6A, ingevoeg by a. 2

van die Agtste Wysigingswet op die Grondwet van 2002,

gewysig by a. 5 van die Tiende Wysigingswet op die Grondwet

van 2003, hernommer by a. 6 van die Tiende Wysigingswet

op die Grondwet van 2003 en herroep by a. 5 van die

Vyftiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]

bylae 7 Wette Herroep

indekS 181

137

141

143

145

178

179

180

1

AANhEF Ons, die mense van Suid-Afrika, Erken die ongeregtighede van ons verlede; Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het; Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.

Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as die hoogste reg van die Republiek ten einde –

Die verdeeldheid van die verlede te heel en ʼn samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep;

Die grondslag te lê vir ʼn demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word;

Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en

ʼn Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ʼn soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.

Mag God ons mense beskerm. Nkosi Sikelel’ iAfrika. Morena boloka setjhaba sa heso. God seën Suid-Afrika. God bless South Africa. Mudzimu fhatutshedza Afurika. Hosi katekisa Afrika.

2 �

3

Hoofstuk 1: Grondliggende Bepalings

hOOFSTUK 1 GROndliGGende bepalinGS

Republiek van Suid-Afrika 1. Die Republiek van Suid-Afrika is een, soewereine, demokratiese staat gegrond op die

volgende waardes: (a) � Menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die uitbou van menseregte

en vryhede. (b) � Nierassigheid en nieseksisme. (c) � Die oppergesag van die grondwet en die heerskappy van die reg. (d) � Algemene stemreg vir volwassenes, ʼn nasionale gemeenskaplike kieserslys,

gereelde verkiesings en ʼn veelpartystelsel van demokratiese regering, om verantwoordingspligtigheid, ʼn responsiewe ingesteldheid en openheid te verseker.

Oppergesag van Grondwet 2. � Hierdie Grondwet is die hoogste reg van die Republiek; enige regsvoorskrif of optrede

daarmee onbestaanbaar, is ongeldig, en die verpligtinge daardeur opgelê, moet nagekom word.

Burgerskap 3. � (1) Daar is ʼn gemeenskaplike Suid-Afrikaanse burgerskap.

(2) � Alle burgers is in gelyke mate– (a) geregtig op die regte, voorregte en voordele van burgerskap; en (b) onderworpe aan die pligte en verantwoordelikhede van burgerskap.

(3) � Nasionale wetgewing moet voorsiening maak vir die verkryging, verlies en herverlening van burgerskap.

Nasionale lied 4. � Die nasionale lied van die Republiek word deur die President by proklamasie bepaal.

4

Hoofstuk 1: Grondliggende Bepalings

Nasionale vlag 5. Die nasionale vlag van die Republiek is swart, goud, groen, wit, rooi en blou, soos in Bylae

1 beskryf en geskets.

Tale 6. (1) Die amptelike tale van die Republiek is Sepedi, Suid-Sotho, Tswana, Swati, Venda,

Tsonga, Afrikaans, Engels, Ndebele, Xhosa en Zulu. (2) Gesien die historiese inkorting van die gebruik en status van die inheemse tale van

ons mense, moet die staat praktiese en daadwerklike maatreëls tref om die status van dié tale te verhoog en hul gebruik te bevorder.

(3) (a) Die nasionale regering en provinsiale regerings kan enige bepaalde amptelike tale vir regeringsdoeleindes aanwend, met inagneming van gebruik, doenlikheid, koste, streeksomstandighede en die ewewig van die behoeftes en voorkeure van die bevolking as geheel of in die betrokke provinsie; maar die nasionale regering en elke provinsiale regering moet minstens twee amptelike tale gebruik.

(b) Munisipaliteite moet die taalgebruike en -voorkeure van hul inwoners in aanmerking neem.

(4) Die nasionale regering en provinsiale regerings moet deur wetgewende en ander maatreëls hul gebruik van amptelike tale reël en monitor. Sonder afbreuk aan die bepalings van subartikel (2) moet alle amptelike tale gelykheid van aansien geniet en billik behandel word.

(5) ʼn Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad deur nasionale wetgewing ingestel, moet– (a) die ontwikkeling en gebruik bevorder en omstandighede skep vir die

ontwikkeling en gebruik van– (i) alle amptelike tale (ii) die Khoi-, Nama- en Santale; en (iii) gebaretaal; en

(b) respek bevorder en verseker vir– (i) alle tale wat algemeen deur gemeenskappe in Suid-Afrika gebruik word,

met inbegrip van Duits, Grieks, Goedjarati, Hindi, Portugees, Tamil, Teloegoe en Oerdoe; en

(ii) Arabies, Hebreeus, Sanskrit en ander tale wat in Suid-Afrika vir godsdiensdoeleindes gebruik word.

5

Hoofstuk 2: Handves van Regte

hOOFSTUK 2 handveS van ReGTe

Regte 7. � (1) Hierdie Handves van Regte is ʼn hoeksteen van die demokrasie in Suid-Afrika. Dit

verskans die regte van alle mense in ons land en bevestig die demokratiese waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid.

(2) � Die staat moet die regte in die Handves van Regte eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik.

(3) � Die regte in die Handves van Regte is onderworpe aan die beperkings in artikel 36 of elders in die Handves vervat of genoem.

Toepassing 8. � (1) Die Handves van Regte is van toepassing op die totale reg en bind die wetgewende,

die uitvoerende en die regsprekende gesag en alle staatsorgane. (2) � ʼn Bepaling van die Handves van Regte bind ʼn natuurlike of ʼn regspersoon indien, en

in die mate waarin, dit toepasbaar is met inagneming van die aard van die reg en die aard van enige plig deur die reg opgelê.

(3) � By die toepassing van ʼn bepaling van die Handves van Regte op ʼn natuurlike of regspersoon ingevolge subartikel (2)– (a) � moet ʼn hof, ten einde gevolg te gee aan ʼn reg in die Handves, die gemene

reg toepas, of indien nodig ontwikkel, in die mate waarin wetgewing nie aan daardie reg gevolg gee nie; en

(b) � kan ʼn hof reëls van die gemene reg ontwikkel om die reg te beperk, mits die beperking in ooreenstemming met artikel 36(1) is.

(4) � ʼn Regspersoon is geregtig op die regte in die Handves van Regte in die mate waarin die aard van die regte en die aard van daardie regspersoon dit vereis.

Gelykheid 9. � (1) Elkeen is gelyk voor die reg en het die reg op gelyke beskerming en voordeel van die

reg. (2) � Gelykheid sluit die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede in. Ten einde

die bereiking van gelykheid te bevorder, kan wetgewende en ander maatreëls getref

6

Hoofstuk 2: Handves van Regte

word wat ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is.

(3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.

(4) Geen persoon mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde ingevolge subartikel (3) nie. Nasionale wetgewing moet verorden word om onbillike diskriminasie te voorkom of te belet.

(5) Diskriminasie op een of meer van die gronde in subartikel (3) vermeld, is onbillik, tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is.

Menswaardigheid 10. Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en

beskerm word.

Lewe 11. Elkeen het die reg op lewe.

Vryheid en sekerheid van die persoon 12. (1) Elkeen het die reg op vryheid en sekerheid van die persoon, waarby inbegrepe is die

reg om– (a) nie arbitrêr of sonder gegronde rede vryheid ontneem te word nie; (b) nie sonder verhoor aangehou te word nie; (c) vry te wees van alle vorme van geweld van hetsy openbare hetsy private

oorsprong; (d) op geen wyse gemartel te word nie; en (e) nie op ʼn wrede, onmenslike of vernederende wyse behandel of gestraf te word

nie. (2) Elkeen het die reg op liggaamlike en sielkundige integriteit, waarby inbegrepe is die

reg– (a) om besluite oor voortplanting te neem; (b) op sekerheid van en beheer oor hul eie liggaam; en (c) om nie sonder hul ingeligte toestemming aan mediese of wetenskaplike

eksperimente onderwerp te word nie.

7

Hoofstuk 2: Handves van Regte

Slawerny, knegskap en dwangarbeid 13. Niemand mag aan slawerny, knegskap of dwangarbeid onderwerp word nie.

Privaatheid 14. Elkeen het die reg op privaatheid, waarby inbegrepe is die reg dat–

(a) � hul persoon of woning nie deursoek word nie; (b) � hul eiendom nie deursoek word nie; (c) � daar nie op hul besittings beslag gelê word nie; of (d) � daar nie op die privaatheid van hul kommunikasies inbreuk gemaak word nie.

Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening 15. (1) Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.

(2) � Godsdiensbeoefening kan by staats- of staatsondersteunde instellings geskied, mits– (a) � daardie beoefening reëls nakom wat deur die tersaaklike openbare gesag

gemaak is; (b) � dit op billike grondslag geskied; en (c) � bywoning daarvan vry en vrywillig is.

(3) � (a) Hierdie artikel belet nie wetgewing wat erkenning verleen aan– (i) � huwelike wat aangegaan is kragtens enige tradisie, of ʼn stelsel van

godsdiens-, persone- of familiereg nie; of (ii) � stelsels van persone- en familiereg kragtens enige tradisie, of wat

nagevolg word deur persone wat ʼn besondere godsdiens aanhang nie. (b) � Erkenning ingevolge paragraaf (a) moet met hierdie artikel en die ander

bepalings van die Grondwet bestaanbaar wees.

Vryheid van uitdrukking 16. (1) Elkeen het die reg op vryheid van uitdrukking, waarby inbegrepe is–

(a) die vryheid van die pers en ander media; (b) die vryheid om inligting of idees te ontvang of oor te dra; (c) die vryheid van artistieke kreatiwiteit; en (d) akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing.

(2) Die reg in subartikel (1) omvat nie– (a) propaganda vir oorlog nie;

8

Hoofstuk 2: Handves van Regte

(b) die aanstigting van dreigende geweld nie; of (c) die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens

gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.

Vergadering, betoging, linievorming en petisie 17. Elkeen het die reg om vreedsaam en ongewapen te vergader, te betoog, ʼn betooglinie te

vorm en petisies voor te lê.

Vryheid van assosiasie 18. Elkeen het die reg op vryheid van assosiasie.

Politieke regte 19. (1) Dit staan elke burger vry om politieke keuses te doen, waarby inbegrepe is die reg

om– (a) ‘ʼn politieke party te stig; (b) deel te neem aan die bedrywighede van, of lede te werf vir, ʼn politieke party;

en (c) hulle vir ʼn politieke party of saak te beywer

(2) Elke burger het die reg op vrye, regverdige en gereelde verkiesings vir enige wetgewende liggaam wat ingevolge die Grondwet ingestel is.

(3) Elke volwasse burger het die reg om– (a) te stem in verkiesings vir enige wetgewende liggaam wat ingevolge die

Grondwet ingestel is, en om dit in die geheim te doen; en (b) ʼn kandidaat vir ʼn openbare amp te wees en, indien verkies, die amp te beklee.

Burgerskap 20. Geen burger mag burgerskap ontneem word nie.

Vryheid van beweging en verblyf 21. (1) Elkeen het die reg op vryheid van beweging.

(2) Elkeen het die reg om die Republiek te verlaat. (3) Elke burger het die reg om die Republiek binne te kom, daarin aan te bly, en op

enige plek in die Republiek verblyf te neem. (4) Elke burger het die reg op ʼn paspoort.

9

Hoofstuk 2: Handves van Regte

Vryheid van bedryf, beroep en professie 22. � Elke burger het die reg om vrylik ʼn bedryf, beroep of professie te kies. Die beoefening van ʼn

bedryf, beroep of professie kan deur die reg gereguleer word.

Arbeidsverhoudinge 23. � (1) Elkeen het die reg op billike arbeidspraktyke.

(2) � Elke werker het die reg om– (a) � ʼn vakbond te stig en daarby aan te sluit; (b) � aan die bedrywighede en programme van ʼn vakbond deel te neem; en (c) � te staak.

(3) � Elke werkgewer het die reg om– (a) � ʼn werkgewersorganisasie te stig en by een aan te sluit; en (b) � aan die bedrywighede en programme van ʼn werkgewersorganisasie deel te

neem. (4) � Elke vakbond en elke werkgewersorganisasie het die reg om–

(a) � sy eie administrasie, programme en bedrywighede te bepaal; (b) � te organiseer; en (c) � ʼn federasie te stig en by een aan te sluit.

(5) � Elke vakbond, werkgewersorganisasie en werkgewer het die reg om aan kollektiewe bedinging mee te doen. Nasionale wetgewing kan verorden word om kollektiewe bedinging te reguleer. In die mate waarin die wetgewing ʼn reg in hierdie Hoofstuk beperk, moet die beperking aan artikel 36(1) voldoen.

(6) � Nasionale wetgewing kan erkenning verleen aan vakbondsekerheidsreëlings wat in kollektiewe ooreenkomste vervat is. In die mate waarin die wetgewing ʼn reg in hierdie Hoofstuk beperk, moet die beperking aan artikel 36(1) voldoen.

Omgewing 24. � Elkeen het die reg–

(a) � op ʼn omgewing wat nie skadelik vir hul gesondheid of welsyn is nie; en (b) � op die beskerming van die omgewing, ter wille van huidige en toekomstige

geslagte, deur redelike wetgewende en ander maatreëls wat– (i) � besoedeling en ekologiese agteruitgang voorkom; (ii) � bewaring bevorder; en

10

Hoofstuk 2: Handves van Regte

(iii) die ekologies volhoubare ontwikkeling en aanwending van natuurlike hulpbronne verseker terwyl dit regverdigbare ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling bevorder.

Eiendom 25. (1) Niemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge ʼn algemeen

geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie.

(2) Eiendom mag slegs ingevolge ʼn algemeen geldende regsvoorskrif onteien word– (a) vir ʼn openbare doel of in die openbare belang; en (b) onderworpe aan vergoeding waarvan die bedrag en die tyd en wyse van

betaling óf deur diegene wat geraak word aanvaar is óf deur ʼn hof bepaal of goedgekeur is.

(3) Die bedrag van die vergoeding en die tyd en wyse van betaling moet regverdig en billik wees, en moet ʼn billike ewewig toon tussen die openbare belang en die belange van diegene wat geraak word, met inagneming van alle tersaaklike omstandighede, met inbegrip van– (a) die huidige gebruik van die eiendom; (b) die geskiedenis van die verkryging en gebruik van die eiendom; (c) die markwaarde van die eiendom; (d) die omvang van regstreekse belegging en subsidie deur die staat ten opsigte

van die verkryging en voordelige kapitale verbetering van die eiendom; en (e) die doel van die onteiening.

(4) By die toepassing van hierdie artikel– (a) beteken die openbare belang ook die nasie se verbintenis tot

grondhervorming, en tot hervormings om billike toegang tot al Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne te bewerkstellig; en

(b) is eiendom nie tot grond beperk nie. (5) Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om, binne sy

beskikbare middele, toestande te skep wat burgers in staat stel om op ʼn billike grondslag toegang tot grond te verkry.

(6) ʼn Persoon of gemeenskap wie se besitreg van grond regsonseker is as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is

11

Hoofstuk 2: Handves van Regte

geregtig, in die mate wat deur ʼn Parlementswet bepaal word, op óf besitreg wat regseker is óf gelykwaardige vergoeding.

(7) � ʼn Persoon of gemeenskap wat na 19 Junie 1913 die besit van eiendom ontneem is as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is geregtig, in die mate wat deur ʼn Parlementswet bepaal word, op óf teruggawe van daardie eiendom óf billike vergoeding.

(8) � Geen bepaling van hierdie artikel verhinder die staat om wetgewende en ander maatreëls te tref om grond-, water- en verbandhoudende hervorming te bewerkstellig ten einde die gevolge van rassediskriminasie van die verlede reg te stel nie, op voorwaarde dat enige afwyking van die bepalings van hierdie artikel in ooreenstemming met die bepalings van artikel 36(1) is.

(9) � Die Parlement moet die wetgewing bedoel in subartikel (6) verorden.

Behuising 26. (1) Elkeen het die reg op toegang tot geskikte behuising.

(2) � Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om binne sy beskikbare middele hierdie reg in toenemende mate te verwesenlik.

(3) � Sonder ʼn hofbevel wat na oorweging van al die tersaaklike omstandighede toegestaan is, mag niemand uit hul woning gesit word en mag niemand se woning gesloop word nie. Geen wetgewing mag arbitrêre uitsettings veroorloof nie.

Gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike sekerheid 27. (1) Elkeen het die reg op toegang tot–

(a) � gesondheidsorgdienste, met inbegrip van reproduktiewe gesondheidsorg; (b) � voldoende voedsel en water; en (c) � maatskaplike sekerheid, met inbegrip van gepaste maatskaplike bystand

indien hulle nie in staat is om hulself en hul afhanklikes te onderhou nie. (2) � Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om binne sy

beskikbare middele elk van hierdie regte in toenemende mate te verwesenlik. (3) � Niemand mag mediese noodbehandeling geweier word nie.

Kinders 28. (1) Elke kind het die reg–

(a) � op ʼn naam en nasionaliteit vanaf geboorte;

12

Hoofstuk 2: Handves van Regte

(b) op gesinsorg of ouerlike sorg, of op gepaste alternatiewe sorg wanneer die kind uit die gesinsomgewing weggeneem word;

(c) op basiese voeding, skuiling, basiese gesondheidsorgdienste en maatskaplike dienste;

(d) om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik of vernedering beskerm te word;

(e) om teen uitbuitende arbeidspraktyke beskerm te word; (f) om nie verplig of toegelaat te word om werk te verrig of dienste te lewer nie

wat– (i) onvanpas is vir ʼn persoon van daardie kind se ouderdom; of (ii) ʼn risiko vir die kind se welsyn, opvoeding, liggaamlike of geestelike

gesondheid of geestelike, morele of sosiale ontwikkeling inhou; (g) om nie aangehou te word nie, behalwe as laaste uitweg, in welke geval,

benewens die regte wat ʼn kind kragtens artikels 12 en 35 geniet, die kind slegs vir die kortste gepaste tydperk aangehou mag word, en die reg het om– (i) afsonderlik van aangehoudenes bo die ouderdom van 18 jaar aangehou

te word; en (ii) op ʼn wyse behandel te word, en in omstandighede aangehou te word,

wat met die kind se ouderdom rekening hou; (h) om, in siviele verrigtinge wat die kind raak, deur die staat op staatskoste van ʼn

regspraktisyn voorsien te word indien wesenlike onreg andersins sou geskied; en

(i) om nie regstreeks in gewapende stryd gebruik te word nie, en om in tye van gewapende stryd beskerm te word.

(2) ʼn Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak.

(3) In hierdie artikel beteken “kind” iemand onder die ouderdom van 18 jaar.

Onderwys 29. (1) Elkeen het die reg–

(a) op basiese onderwys, met inbegrip van basiese onderwys vir volwassenes; en (b) op verdere onderwys wat die staat deur middel van redelike maatreëls in

toenemende mate beskikbaar en toeganklik moet maak.

13

Hoofstuk 2: Handves van Regte

(2) � Elkeen het die reg om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van eie keuse waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is. Ten einde doeltreffende toegang tot en verwesenliking van hierdie reg te verseker, moet die staat alle redelike alternatiewe in die onderwys, met inbegrip van enkelmediuminstellings, oorweeg, met inagneming van– (a) � billikheid; (b) � doenlikheid; en (c) � die behoefte om die gevolge van wette en praktyke van die verlede wat op

grond van ras gediskrimineer het, reg te stel. (3) � Elkeen het die reg om op eie koste onafhanklike onderwysinstellings tot stand te

bring en in stand te hou wat– (a) � nie op grond van ras diskrimineer nie; (b) � by die staat geregistreer is; en (c) � standaarde handhaaf wat nie minderwaardig is vergeleke met standaarde by

vergelykbare openbare onderwysinstellings nie. (4) � Subartikel (3) sluit nie staatsubsidies aan onafhanklike onderwysinstellings uit nie.

Taal en kultuur 30. � Elkeen het die reg om die taal van eie keuse te gebruik en om aan die kulturele lewe van

eie keuse deel te neem, maar niemand wat hierdie regte uitoefen mag dit doen op ʼn wyse wat met enige bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.

Kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe 31. � (1) Persone wat aan ʼn kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort, mag nie die

reg ontsê word om, saam met ander lede van daardie gemeenskap– (a) � hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie; en (b) � kultuur-, godsdiens- en taalverenigings en ander organe van die burgerlike

gemeenskap te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie. (2) � Die regte in subartikel (1) mag nie uitgeoefen word op ʼn wyse wat met enige

bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.

Toegang tot inligting 32. � (1) Elkeen het die reg op toegang tot–

(a) � enige inligting wat deur die staat gehou word; en

14

Hoofstuk 2: Handves van Regte

(b) enige inligting wat deur ʼn ander persoon gehou word en wat vir die uitoefening of beskerming van enige regte benodig word.

(2) Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie reg gevolg te gee, en kan voorsiening maak vir redelike maatreëls om die administratiewe en finansiële las op die staat te verlig.

Regverdige administratiewe optrede 33. (1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel

billik is. (2) Elkeen wie se regte nadelig geraak is deur administratiewe optrede het die reg op

die verskaffing van skriftelike redes. (3) Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie regte gevolg te gee, en

moet– (a) voorsiening maak vir die hersiening van administratiewe optrede deur ʼn hof of,

waar dit gepas is, ʼn onafhanklike en onpartydige tribunaal; (b) die staat verplig om aan die regte in subartikels (1) en (2) gevolg te gee; en (c) ʼn doeltreffende administrasie bevorder.

Toegang tot howe 34. Elkeen het die reg dat ʼn geskil wat deur die toepassing van die reg besleg kan word,

in ʼn billike openbare verhoor voor ʼn hof beslis word of, waar dit gepas is, voor ʼn ander onafhanklike en onpartydige tribunaal of forum.

Gearresteerde, aangehoue en beskuldigde persone 35. (1) Elkeen wat weens ʼn beweerde oortreding gearresteer word, het die reg om–

(a) te swyg; (b) onverwyld verwittig te word–

(i) van die reg om te swyg; en (ii) van die gevolge indien daar nie geswyg word nie;

(c) nie verplig te word om ʼn bekentenis of erkenning te doen wat as getuienis teen daardie persoon gebruik sou kon word nie;

(d) so gou as wat redelikerwys moontlik is, voor ʼn hof gebring te word, maar nie later nie as–

15

Hoofstuk 2: Handves van Regte

(i) � 48 uur na die arrestasie; of (ii) � die einde van die eerste hofdag na die verstryking van die 48 uur, as die

48 uur buite gewone hofure, of op ʼn dag wat nie ʼn gewone hofdag is nie, verstryk;

(e) � by die eerste verskyning in ʼn hof na die arrestasie, aangekla te word of verwittig te word van die rede vir die voortsetting van die aanhouding, of vrygelaat te word; en

(f) � behoudens redelike voorwaardes, uit aanhouding vrygelaat te word indien die belang van geregtigheid dit toelaat.

(2) � Elkeen wat aangehou word, met inbegrip van elke gevonniste gevangene, het die reg– (a) � om onverwyld van die rede vir die aanhouding verwittig te word; (b) � op ʼn regspraktisyn van eie keuse en om met daardie regspraktisyn te

konsulteer, en om onverwyld van hierdie reg verwittig te word; (c) � om deur die staat op staatskoste van ʼn regspraktisyn voorsien te word indien

dit andersins tot wesenlike onreg sou lei, en om onverwyld van hierdie reg verwittig te word;

(d) � om die regmatigheid van die aanhouding persoonlik voor ʼn hof te betwis, en vrygelaat te word indien die aanhouding onregmatig is;

(e) � op omstandighede van aanhouding wat met menswaardigheid rekening hou, met inbegrip van minstens oefening en die voorsiening, op staatskoste, van toereikende akkommodasie, voeding, leesstof en mediese behandeling; en

(f) � om in verbinding te tree met, en besoek te word deur, daardie persoon se– (i) � gade of lewensmaat; (ii) � naasbestaandes; (iii) � godsdiensraadgewer van eie keuse; en (iv) � mediese praktisyn van eie keuse.

(3) � Elke beskuldigde persoon het die reg op ʼn billike verhoor, waarby inbegrepe is die reg– (a) � om van die aanklag verwittig te word in voldoende besonderhede om daarop

te antwoord; (b) � om genoeg tyd en geriewe te hê om ʼn verweer voor te berei; (c) � op ʼn openbare verhoor voor ʼn gewone hof; (d) � op ʼn verhoor wat sonder onredelike vertraging begin en afgehandel word; (e) � om by die verhoor teenwoordig te wees;

16

Hoofstuk 2: Handves van Regte

(f) op ʼn regspraktisyn van eie keuse en om deur daardie regspraktisyn verteenwoordig te word, en om onverwyld van hierdie reg verwittig te word;

(g) om deur die staat op staatskoste van ʼn regspraktisyn voorsien te word indien dit andersins tot wesenlike onreg sou lei, en om onverwyld van hierdie reg verwittig te word;

(h) om onskuldig geag te word, te swyg, en nie gedurende die verrigtinge te getuig nie;

(i) om getuienis aan te voer en te betwis; (j) om nie verplig te word om self-inkriminerende getuienis af te lê nie; (k) om verhoor te word in ʼn taal wat die beskuldigde persoon verstaan of, indien

dit nie doenlik is nie, dat die verrigtinge in daardie taal getolk word; (l) om nie skuldig bevind te word weens ʼn handeling of versuim wat ten tyde van

die handeling of versuim ingevolge óf die nasionale reg óf die volkereg nie ʼn oortreding was nie;

(m) om nie verhoor te word weens ʼn oortreding ten opsigte van ʼn handeling of versuim ten opsigte waarvan daardie persoon voorheen vrygespreek of skuldig bevind is nie;

(n) op die voordeel van die ligste van die voorgeskrewe strawwe indien die straf wat vir die oortreding voorgeskryf word, verander is tussen die tydstip waarop die oortreding gepleeg is en die tydstip van vonnis; en

(o) op appèl na, of hersiening deur, ʼn hoër hof. (4) Wanneer hierdie artikel vereis dat inligting aan ʼn persoon verstrek word, moet die

inligting verstrek word in ʼn taal wat die persoon verstaan. (5) Getuienis wat verkry is op ʼn wyse wat enige reg in die Handves van Regte skend,

moet uitgesluit word indien toelating van daardie getuienis die verhoor onbillik sou maak of andersins vir die regspleging nadelig sou wees.

Beperking van regte 36. (1) Die regte in die Handves van Regte kan slegs kragtens ʼn algemeen geldende

regsvoorskrif beperk word in die mate waarin die beperking redelik en regverdigbaar is in ʼn oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid, met inagneming van alle tersaaklike faktore, met inbegrip van– (a) die aard van die reg; (b) die belangrikheid van die doel van die beperking;

17

Hoofstuk 2: Handves van Regte

(c) die aard en omvang van die beperking; (d) die verband tussen die beperking en die doel daarvan; en (e) ʼn minder beperkende wyse om die doel te bereik.

(2) � Behalwe soos in subartikel (1) of in enige ander bepaling van die Grondwet bepaal, mag geen regsvoorskrif enige reg wat in die Handves van Regte verskans is, beperk nie.

Noodtoestande 37. (1) ʼn Noodtoestand mag slegs ingevolge ʼn Parlementswet verklaar word, en slegs

wanneer– (a) die voortbestaan van die nasie deur oorlog, ʼn inval, algemene oproer, wanorde,

ʼn natuurramp of ʼn ander openbare noodgeval bedreig word; en (b) die verklaring nodig is om die vrede en orde te herstel.

(2) ʼn Verklaring van ʼn noodtoestand, en enige wetgewing verorden of ander stappe gedoen na aanleiding van daardie verklaring, kan van krag wees slegs– (a) vooruitwerkend; en (b) vir hoogstens 21 dae vanaf die datum van die verklaring, tensy die Nasionale

Vergadering besluit om die verklaring te verleng. Die Vergadering kan ʼn verklaring van ʼn noodtoestand vir hoogstens drie maande op ʼn keer verleng. Die eerste verlenging van die noodtoestand moet geskied by wyse van ʼn besluit wat aangeneem word met ʼn ondersteunende stem van ʼn meerderheid van die lede van die Vergadering. Enige daaropvolgende verlenging moet geskied by wyse van ʼn besluit wat aangeneem word met ʼn ondersteunende stem van minstens 60 persent van die lede van die Vergadering. ʼn Besluit ingevolge hierdie paragraaf kan slegs na ʼn openbare debat in die Vergadering aangeneem word.

(3) Enige bevoegde hof kan beslis oor die geldigheid van– (a) ʼn verklaring van ʼn noodtoestand; (b) enige verlenging van ʼn verklaring van ʼn noodtoestand; of (c) enige wetgewing verorden, of ander stappe gedoen, na aanleiding van ʼn

verklaring van ʼn noodtoestand. (4) Enige wetgewing wat na aanleiding van ʼn verklaring van ʼn noodtoestand verorden

word, mag die Handves van Regte aantas slegs in die mate waarin– (a) die aantasting streng deur die noodtoestand vereis word; en (b) die wetgewing–

Hoofstuk 2: Handves van Regte

(i) � bestaanbaar is met die Republiek se verpligtinge kragtens die volkereg wat op noodtoestande betrekking het;

(ii) � in ooreenstemming is met subartikel (5); en (iii) � so gou as wat na die verordening daarvan redelikerwys moontlik is, in

die nasionale Staatskoerant gepubliseer word. (5) � Geen Parlementswet wat ʼn verklaring van ʼn noodtoestand magtig, en geen

wetgewing wat verorden is of ander stappe wat gedoen is na aanleiding van ʼn verklaring, verleen toestemming vir of magtig– (a) � die vrywaring van die staat, of enige persoon, ten opsigte van enige

onregmatige handeling nie; (b) � enige aantasting van hierdie artikel nie; of (c) � enige aantasting van ʼn artikel genoem in Kolom 1 van die Tabel van

Nieaantasbare Regte, in die mate teenoor daardie artikel in Kolom 3 van die Tabel aangedui nie.

Tabel van Nieaantasbare Regte

1 Artikel- nommer

2 Opskrif van artikel

3 Mate waarin die reg nie aantasbaar is nie

9 Gelykheid Met betrekking tot onbillike diskriminasie uits- luitlik op grond van ras, kleur, etniese of sosiale herkoms, geslag, godsdiens of taal

10 Menswaardigheid Geheel en al

11 Lewe Geheel en al

12 Vryheid en sekerheid van die persoon

Met betrekking tot subartikels (1)(d) en (e) en (2)(c)

13 Slawerny, knegskap en dwangarbeid

Met betrekking tot slawerny en knegskap

18

Hoofstuk 2: Handves van Regte

1 Artikel- nommer

2 Opskrif van artikel

3 Mate waarin die reg nie aantasbaar is nie

28 Kinders Met betrekking tot: - subartikel (1)(d) en (e); - die regte in subparagrawe (i) en (ii) van

subartikel (1)(g); en - subartikel (1)(i) ten opsigte van kinders van 15

jaar en jonger.

35 Gearresteerde, aangehoue en beskuldigde persone

Met betrekking tot: - subartikels (1)(a), (b) en (c) en (2)(d); - die regte in paragrawe (a) tot (o) van subartikel

(3), uitgesonderd paragraaf (d); - subartikel (4); en - subartikel (5) ten opsigte van die uitsluiting

van getuienis indien toelating van daardie getuienis die verhoor onbillik sou maak.

(6) � Wanneer iemand sonder verhoor aangehou word na aanleiding van ʼn aantasting van regte voortspruitend uit ʼn verklaring van ʼn noodtoestand, moet die volgende voorwaardes nagekom word: (a) � Daar moet so gou as wat redelikerwys moontlik is met ʼn volwasse gesinslid of

vriend van die aangehoudene in aanraking gekom word, en daardie gesinslid of vriend moet verwittig word dat die persoon aangehou word.

(b) � Kennisgewing moet binne vyf dae nadat die persoon in aanhouding geneem is in die nasionale Staatskoerant gepubliseer word met vermelding van die aangehoudene se naam en plek van aanhouding en die noodmaatreël waarkragtens daardie persoon aangehou word.

(c) � Die aangehoudene moet toegelaat word om ʼn mediese praktisyn te kies en te eniger redelike tyd deur daardie mediese praktisyn besoek te word.

(d) � Die aangehoudene moet toegelaat word om ʼn regsverteenwoordiger te kies en te eniger redelike tyd deur daardie regsverteenwoordiger besoek te word.

(e) � ʼn Hof moet die aanhouding so gou as wat redelikerwys moontlik is, maar nie later nie as tien dae na die datum waarop die persoon in aanhouding geneem

19

20

Hoofstuk 2: Handves van Regte

is, hersien, en die hof moet die aangehoudene vrylaat tensy dit noodsaaklik is om die aanhouding voort te sit ten einde die vrede en orde te herstel.

(f) ʼn Aangehoudene wat nie ingevolge ʼn hersiening kragtens paragraaf (e) of ingevolge ʼn hersiening kragtens hierdie paragraaf vrygelaat word nie, kan te eniger tyd na verstryking van tien dae na die vorige hersiening by ʼn hof aansoek doen om ʼn verdere hersiening van die aanhouding, en die hof moet die aangehoudene vrylaat tensy dit steeds noodsaaklik is om die aanhouding voort te sit ten einde die vrede en orde te herstel.

(g) Die aangehoudene moet toegelaat word om persoonlik te verskyn voor enige hof wat die aanhouding oorweeg, om by daardie verrigtinge deur ʼn regspraktisyn verteenwoordig te word, en om vertoë teen voortgesette aanhouding te rig.

(h) Die staat moet skriftelike redes om die voortgesette aanhouding van die aangehoudene te regverdig, aan die hof voorlê, en moet minstens twee dae voordat die hof die aanhouding hersien, ʼn afskrif van daardie redes aan die aangehoudene verskaf.

(7) Indien ʼn hof ʼn aangehoudene vrylaat, mag daardie persoon nie weer op dieselfde gronde aangehou word nie tensy die staat voor die heraanhouding goeie redes daarvoor voor ʼn hof aantoon.

(8) Subartikels (6) en (7) is nie van toepassing nie op persone wat nie Suid-Afrikaanse burgers is nie en wat na aanleiding van ʼn internasionale gewapende stryd aangehou word. In plaas daarvan moet die staat voldoen aan die standaarde wat die Republiek bind kragtens die internasionale humanitêre reg wat op die aanhouding van sodanige persone betrekking het.

Afdwinging van regte 38. Iemand in hierdie artikel genoem, het die reg om ʼn bevoegde hof te nader en aan te voer

dat daar op ʼn reg in die Handves van Regte inbreuk gemaak is of dat so ʼn inbreukmaking dreig, en die hof kan gepaste regshulp verleen, met inbegrip van ʼn verklaring van regte. Die persone wat ʼn hof kan nader, is–

(a) iemand wat in eie belang optree; (b) iemand wat optree namens iemand anders wat nie in eie naam kan optree nie; (c) iemand wat as ʼn lid van, of in die belang van, ʼn groep of klas persone optree;

21

Hoofstuk 2: Handves van Regte

(d) iemand wat in die openbare belang optree; en (e) ʼn vereniging wat in die belang van sy lede optree.

Uitleg van Handves van Regte 39. (1) By die uitleg van die Handves van Regte–

(a) moet ʼn hof, tribunaal of forum die waardes bevorder wat ʼn oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid ten grondslag lê;

(b) moet ʼn hof, tribunaal of forum die volkereg in ag neem; en (c) kan ʼn hof, tribunaal of forum buitelandse reg in ag neem.

(2) By die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemene reg of gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte bevorder.

(3) Die Handves van Regte ontken nie die bestaan van ander regte of vryhede wat deur die gemene reg, gewoontereg of wetgewing erken of verleen word nie, in die mate waarin daardie regte of vryhede met die Handves bestaanbaar is.

22

Hoofstuk 3: Regering van Samewerking

hOOFSTUK 3 ReGeRinG van SaMeWeRkinG

Regering van die Republiek 40. (1) Regering in die Republiek bestaan uit nasionale, provinsiale en plaaslike sfere van

regering wat onderskeidend, onderling afhanklik en onderling verbonde is. (2) Alle regeringsfere moet die beginsels in hierdie Hoofstuk handhaaf en nakom en

moet hul werksaamhede binne die perke wat deur die Hoofstuk bepaal word, verrig.

Beginsels van regering van samewerking en interregeringsbetrekkinge 41. (1) Alle regeringsfere en alle staatsorgane binne elke sfeer moet–

(a) die vrede, die nasionale eenheid en die onverdeelbaarheid van die Republiek bewaar;

(b) die welsyn van die mense van die Republiek verseker; (c) doeltreffende, deursigtige, verantwoordingspligtige en samehangende

regering vir die Republiek as geheel voorsien; (d) getrou wees aan die Grondwet, die Republiek en sy mense; (e) die grondwetlike status, instellings, bevoegdhede en funksies van regering in

die ander sfere eerbiedig; (f) hulself geen bevoegdheid of funksies toe-eien behalwe dié wat ingevolge die

Grondwet aan hulle opgedra is nie; (g) hul bevoegdhede uitoefen en hul funksies verrig op ʼn wyse wat nie inbreuk

maak op die geografiese, funksionele of institusionele integriteit van regering in ʼn ander sfeer nie; en

(h) in wedersydse vertroue en goeie trou met mekaar saamwerk deur– (i) vriendskaplike betrekkinge te bevorder; (ii) mekaar te help en te ondersteun; (iii) mekaar van inligting te voorsien, en met mekaar oorleg te pleeg, oor

sake van gemeenskaplike belang; (iv) hul optrede en wetgewing met mekaar te koördineer; (v) by ooreengekome prosedures te hou; en (vi) regsverrigtinge teen mekaar te vermy.

23

Hoofstuk 3: Regering van Samewerking

(2) � ʼn Parlementswet moet– (a) � strukture en instellings tot stand bring, of voorsiening maak vir strukture en

instellings, om interregeringsbetrekkinge te bevorder en te vergemaklik; en (b) � voorsiening maak vir gepaste meganismes en prosedures om die beslegting

van interregeringsgeskille te vergemaklik. (3) � ʼn Staatsorgaan wat in ʼn interregeringsgeskil betrokke is, moet alle redelike pogings

aanwend om die geskil te besleg deur middel van meganismes en prosedures wat vir dié doel voorsien is, en moet alle ander middele uitput voordat hy ʼn hof nader om die geskil te besleg.

(4) � Indien ʼn hof nie tevrede is dat daar aan die voorskrifte van subartikel (3) voldoen is nie, kan hy ʼn geskil na die betrokke staatsorgane terugverwys.

24

Hoofstuk 4: Parlement

hOOFSTUK 4 paRleMenT

Samestelling van Parlement 42. (1) Die Parlement bestaan uit–

(a) die Nasionale Vergadering; en (b) die Nasionale Raad van Provinsies.

(2) Die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies neem aan die wetgewende proses deel op die wyse wat in die Grondwet uiteengesit word.

(3) Die Nasionale Vergadering word verkies om die mense te verteenwoordig en om regering deur die mense kragtens die Grondwet te verseker. Hy doen dit deur die President te kies, deur as ʼn nasionale forum vir die openbare oorweging van sake te dien, deur wetgewing aan te neem en deur optrede van die uitvoerende gesag na te gaan en toesig daaroor uit te oefen.

(4) Die Nasionale Raad van Provinsies verteenwoordig die provinsies ten einde te verseker dat provinsiale belange in die nasionale regeringsfeer in ag geneem word. Hy doen dit hoofsaaklik deur aan die nasionale wetgewende proses deel te neem en deur as ʼn nasionale forum te dien vir die openbare oorweging van sake wat die provinsies raak.

(5) Die President kan die Parlement te eniger tyd vir ʼn buitengewone sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig.

(6) Die setel van die Parlement is Kaapstad, maar ʼn Parlementswet wat ooreenkomstig artikel 76(1) en (5) verorden is, kan bepaal dat die setel van die Parlement elders is.

Wetgewende gesag van die Republiek 43. In die Republiek berus die wetgewende gesag–

(a) van die nasionale regeringsfeer by die Parlement, soos in artikel 44 uiteengesit;

(b) van die provinsiale regeringsfeer by die provinsiale wetgewers, soos in artikel 104 uiteengesit; en

(c) van die plaaslike regeringsfeer by die Munisipale Rade, soos in artikel 156 uiteengesit.

25

Hoofstuk 4: Parlement

Nasionale wetgewende gesag 44. (1) Die nasionale wetgewende gesag soos dit by die Parlement berus–

(a) verleen aan die Nasionale Vergadering die bevoegdheid– (i) om die Grondwet te wysig; (ii) om wetgewing aan te neem met betrekking tot enige aangeleentheid,

met inbegrip van ʼn aangeleentheid binne ʼn funksionele gebied in Bylae 4 vermeld, maar uitgesonderd, behoudens subartikel (2), ʼn aangeleentheid binne ʼn funksionele gebied in Bylae 5 vermeld; en

(iii) om enige van sy wetgewende bevoegdhede, uitgesonderd die bevoegdheid om die Grondwet te wysig, aan enige wetgewende liggaam in ʼn ander regeringsfeer op te dra; en

(b) verleen aan die Nasionale Raad van Provinsies die bevoegdheid– (i) om ooreenkomstig artikel 74 aan die wysiging van die Grondwet deel te

neem; (ii) om ooreenkomstig artikel 76 wetgewing aan te neem met betrekking tot

enige aangeleentheid binne ʼn funksionele gebied in Bylae 4 vermeld en enige ander aangeleentheid ten opsigte waarvan wetgewing ingevolge die Grondwet ooreenkomstig artikel 76 aangeneem moet word; en

(iii) om ooreenkomstig artikel 75 enige ander wetgewing te oorweeg wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem is.

(2) Die Parlement kan, deur ooreenkomstig artikel 76(1) wetgewing aan te neem, met betrekking tot ʼn aangeleentheid wat val binne ʼn funksionele gebied in Bylae 5 vermeld, ingryp wanneer dit nodig is om– (a) nasionale veiligheid te handhaaf; (b) ekonomiese eenheid te handhaaf; (c) noodsaaklike nasionale standaarde te handhaaf; (d) minimum standaarde wat vir die lewering van dienste nodig is, te bepaal; of (e) onredelike optrede deur ʼn provinsie wat nadelig is vir die belange van ʼn ander

provinsie of van die land as geheel, te voorkom. (3) Wetgewing met betrekking tot ʼn aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir, of

verband hou met, die doeltreffende uitoefening van ʼn bevoegdheid betreffende ʼn aangeleentheid in Bylae 4 vermeld, is vir alle doeleindes wetgewing met betrekking tot ʼn aangeleentheid in Bylae 4 vermeld.

26

Hoofstuk 4: Parlement

(4) In die uitoefening van sy wetgewende gesag word die Parlement slegs deur die Grondwet gebind, en moet hy ooreenkomstig, en binne die perke van, die Grondwet optree.

Gesamentlike reëls en orders en gesamentlike komitees 45. (1) Die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies moet ʼn

gesamentlike reëlskomitee instel om reëls en orders betreffende die gesamentlike werksaamhede van die Vergadering en die Raad te maak, met inbegrip van reëls en orders om– (a) prosedures te bepaal om die wetgewende proses te vergemaklik, met inbegrip

van die stel van ʼn tydsbeperking vir die voltooiing van enige stap in die proses; (b) gesamentlike komitees bestaande uit verteenwoordigers van sowel die

Vergadering as die Raad in te stel om oorweging te skenk aan en verslag te doen oor Wetsontwerpe in artikels 74 en 75 beoog wat na so ʼn komitee verwys word;

(c) ʼn gesamentlike komitee in te stel om die Grondwet minstens jaarliks te hersien; en

(d) die werksaamhede te reël van- (i) die gesamentlike reëlskomitee; (ii) die Bemiddelingskomitee; (iii) die grondwetlike hersieningskomitee; en (iv) enige gesamentlike komitees ingevolge paragraaf (b) ingestel.

(2) Lede van die Kabinet, lede van die Nasionale Vergadering en afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies het dieselfde voorregte en immuniteite voor ʼn gesamentlike komitee van die Vergadering en die Raad as dié wat hulle voor die Vergadering of die Raad het.

die nasionale vergadering

Samestelling en verkiesing 46. (1) Die Nasionale Vergadering bestaan uit minstens 350 en hoogstens 400 vroue en

mans wat as lede verkies is ingevolge ʼn kiesstelsel wat – (a) deur nasionale wetgewing voorgeskryf word; (b) op die nasionale gemeenskaplike kieserslys gebaseer is;

27

Hoofstuk 4: Parlement

(c) vir ʼn minimum stemouderdom van 18 jaar voorsiening maak; en (d) in die algemeen, proporsionele verteenwoordiging tot gevolg het.

(2) � ‘ʼn Parlementswet moet ʼn formule voorsien om die getal lede van die Nasionale Vergadering te bepaal.

[Sub-a. (1) gewysig by a. 1 van die Tiende Wysigingswet op die Grondwet van 2003 en by a. 1 van die Vyftiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]

Lidmaatskap 47. (1) Elke burger wat bevoeg is om vir die Nasionale Vergadering te stem, is bevoeg om ʼn

lid van die Vergadering te wees, uitgesonderd– (a) iemand wat aangestel is deur, of in die diens is van, die staat en vergoeding vir

daardie aanstelling of diens ontvang, behalwe– (i) die President, Adjunkpresident, Ministers en Adjunkministers; en (ii) ander ampsdraers wie se funksies met die funksies van ʼn lid van die

Vergadering bestaanbaar is, en deur nasionale wetgewing verklaar is met daardie funksies bestaanbaar te wees;

(b) vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies, of lede van ʼn provinsiale wetgewer of ʼn Munisipale Raad;

(c) ongerehabiliteerde insolvente; (d) iemand wat deur ʼn hof van die Republiek as geestelik gekrenk verklaar is; of (e) iemand wat, na die inwerkingtreding van hierdie artikel, binne die Republiek

aan ʼn misdryf skuldig bevind word, of buite die Republiek aldus skuldig bevind word indien die optrede wat die misdryf uitmaak binne die Republiek ʼn misdryf sou uitgemaak het, en tot meer as 12 maande gevangenisstraf sonder die keuse van ʼn boete gevonnis is, maar niemand word beskou as gevonnis te wees voordat ʼn appèl teen die skuldigbevinding of vonnis beslis is, of voordat die tyd om appèl aan te teken, verstryk het nie. ʼn Onbevoegdheid ingevolge hierdie paragraaf verstryk vyf jaar nadat die vonnis voltooi is.

(2) Iemand wat ingevolge subartikel (1)(a) of (b) onbevoeg is om ʼn lid van die Nasionale Vergadering te wees, kan ʼn kandidaat vir die Vergadering wees behoudens enige beperkings of voorwaardes wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

(3) Iemand verloor lidmaatskap van die Nasionale Vergadering indien so iemand– (a) ophou om bevoeg te wees;

28

Hoofstuk 4: Parlement

(b) sonder toestemming afwesig is van die Vergadering in omstandighede waarvoor die reëls en orders van die Vergadering verlies van lidmaatskap voorskryf; of

(c) ophou om ʼn lid van die party te wees wat so iemand as ʼn lid van die Vergadering benoem het.

[Sub-a. (3) vervang by a. 2 van die Tiende Wysigingswet op die Grondwet van 2003 en by a. 2 van die Vyftiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]

(4) Vakatures in die Nasionale Vergadering moet ooreenkomstig nasionale wetgewing gevul word.

Eed of plegtige verklaring 48. Voordat lede van die Nasionale Vergadering begin om hul funksies in die Vergadering te

verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 ʼn eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.

Duur van Nasionale Vergadering 49. (1) Die Nasionale Vergadering word vir ʼn termyn van vyf jaar verkies.

(2) Indien die Nasionale Vergadering ingevolge artikel 50 ontbind word, of wanneer sy termyn verstryk, moet die President by proklamasie ʼn verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, en dié verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die datum waarop die Vergadering ontbind is of sy termyn verstryk het. ʼn Proklamasie wat ʼn verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, kan uitgereik word voor of na die verstryking van die termyn van die Nasionale Vergadering.

[Sub-a. (2) vervang by a. 1 van die “Constitution Fifth Amendment Act of 1999”.]

(3) Indien die uitslag van ʼn verkiesing van die Nasionale Vergadering nie binne die tydperk ingevolge artikel 190 vasgestel, bekend gemaak word nie of indien ʼn verkiesing deur ʼn hof tersyde gestel word, moet die President by proklamasie ʼn ander verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, en dié verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die verstryking van daardie tydperk of vanaf die datum waarop die verkiesing tersyde gestel is.

(4) Die Nasionale Vergadering bly bevoeg om te funksioneer vanaf sy ontbinding of die verstryking van sy termyn tot op die dag voor die eerste dag waarop die stemming vir die volgende Vergadering plaasvind.

29

Hoofstuk 4: Parlement

Ontbinding van Nasionale Vergadering voor verstryking van sy termyn 50. (1) Die President moet die Nasionale Vergadering ontbind indien–

(a) die Vergadering ʼn besluit om te ontbind met ʼn ondersteunende stem van ʼn meerderheid van sy lede aangeneem het; en

(b) drie jaar verstryk het sedert die Vergadering verkies is. (2) Die Waarnemende President moet die Nasionale Vergadering ontbind indien–

(a) daar ʼn vakature in die amp van President is; en (b) die Vergadering in gebreke bly om binne 30 dae nadat die vakature ontstaan

het ʼn nuwe President te kies.

Sittings en resesse 51. � (1) Die eerste sitting van die Nasionale Vergadering na ʼn verkiesing vind plaas op ʼn tyd

en datum wat die Hoofregter bepaal, maar nie later nie as 14 dae nadat die uitslag van die verkiesing bekend gemaak is. Die Vergadering kan die tyd en duur van sy ander sittings en sy resesse bepaal.

[Sub-a. (1) vervang by a. 1 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(2) � Die President kan die Nasionale Vergadering te eniger tyd vir ʼn buitengewone sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig.

(3) � Sittings van die Nasionale Vergadering op ander plekke as die setel van die Parlement word veroorloof slegs op grond van die openbare belang, veiligheid of gerief, en indien daar in die reëls en orders van die Vergadering daarvoor voorsiening gemaak word.

Speaker en Adjunkspeaker 52. � (1) By die eerste sitting na sy verkiesing, of wanneer dit nodig is om ʼn vakature te vul,

moet die Nasionale Vergadering uit sy geledere ʼn Speaker en ʼn Adjunkspeaker kies. (2) � Die Hoofregter moet by die verkiesing van ʼn Speaker voorsit, of ʼn ander regter

aanwys om dit te doen. Die Speaker sit by die verkiesing van ʼn Adjunkspeaker voor. [Sub-a. (2) vervang by a. 2 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(3) � Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die Speaker en die Adjunkspeaker van toepassing.

(4) � Die Nasionale Vergadering kan die Speaker of Adjunkspeaker by besluit van die amp onthef. ʼn Meerderheid van die lede van die Vergadering moet teenwoordig wees wanneer dié besluit aangeneem word.

30

Hoofstuk 4: Parlement

(5) Die Nasionale Vergadering kan ingevolge sy reëls en orders uit sy geledere ander voorsittende beamptes kies om die Speaker en die Adjunkspeaker behulpsaam te wees.

Besluite 53. (1) Behalwe waar die Grondwet anders bepaal–

(a) moet ʼn meerderheid van die lede van die Nasionale Vergadering teenwoordig wees voordat ʼn stemming oor ʼn Wetsontwerp of ʼn wysiging van ʼn Wetsontwerp gehou kan word;

(b) moet minstens een derde van die lede teenwoordig wees voordat ʼn stemming oor enige ander vraag wat voor die Vergadering dien, gehou kan word; en

(c) word alle vrae wat voor die Vergadering dien, beslis deur ʼn meerderheid van die stemme wat uitgebring word.

(2) Die lid van die Nasionale Vergadering wat by ʼn vergadering van die Vergadering voorsit, het nie ʼn beraadslagende stem nie, maar– (a) moet ʼn beslissende stem uitbring wanneer daar ʼn staking van stemme oor ʼn

vraag is; en (b) kan ʼn beraadslagende stem uitbring wanneer ʼn vraag beslis moet word

met ʼn ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die Vergadering.

Regte van sekere Kabinetslede en Adjunkministers in die Nasionale Vergadering 54. Die President en enige lid van die Kabinet of enige Adjunkminister wat nie ʼn lid van die

Nasionale Vergadering is nie, kan, behoudens die Vergadering se reëls en orders, in die Vergadering sitting neem en daarin praat, maar mag nie stem nie. [A. 54 vervang by a. 3 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

Bevoegdhede van Nasionale Vergadering 55. (1) In die uitoefening van sy wetgewende bevoegdheid kan die Nasionale Vergadering–

(a) enige wetgewing wat voor die Vergadering dien, oorweeg, aanneem, wysig of verwerp; en

(b) wetgewing, behalwe Geldwetsontwerpe, inisieer of opstel.

31

Hoofstuk 4: Parlement

(2) Die Nasionale Vergadering moet voorsiening maak vir meganismes om– (a) � te verseker dat alle uitvoerende staatsorgane in die nasionale regeringsfeer

aan hom verantwoording doen; en (b) � toesig te hou oor–

(i) � die uitoefening van nasionale uitvoerende gesag, met inbegrip van die uitvoering van wetgewing; en

(ii) � enige staatsorgaan.

Getuienis of inligting voor Nasionale Vergadering 56. Die Nasionale Vergadering of enige van sy komitees kan–

(a) � enige persoon dagvaar om voor hom te verskyn om onder eed of plegtige verklaring getuienis af te lê, of om dokumente voor te lê;

(b) � van enige persoon of instelling vereis om aan hom verslag te doen; (c) � ingevolge nasionale wetgewing of die reëls en orders enige persoon of

instelling verplig om aan ʼn dagvaarding of vereiste ingevolge paragraaf (a) of (b) te voldoen; en

(d) � van enige belanghebbende persone of instellings petisies, vertoë of voorleggings ontvang.

Interne reëlings, verrigtinge en prosedures van Nasionale Vergadering 57. (1) Die Nasionale Vergadering kan–

(a) � sy interne reëlings, verrigtinge en prosedures bepaal en beheer; en (b) � reëls en orders betreffende sy werksaamhede maak, met behoorlike

inagneming van verteenwoordigende en deelnemende demokrasie, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid en publieke betrokkenheid.

(2) Die reëls en orders van die Nasionale Vergadering moet voorsiening maak vir– (a) � die instelling, samestelling, bevoegdhede, funksies, prosedures en duur van sy

komitees; (b) � die deelname van minderheidspartye wat in die Vergadering verteenwoordig

is, aan die verrigtinge van die Vergadering en sy komitees op ʼn wyse wat met die demokrasie bestaanbaar is;

(c) � finansiële en administratiewe hulp aan elke party wat in die Vergadering verteenwoordig is, in verhouding tot sy verteenwoordiging, ten einde die party en sy leier in staat te stel om hul funksies in die Vergadering doeltreffend te verrig; en

32

Hoofstuk 4: Parlement

(d) die erkenning van die leier van die grootste opposisieparty in die Vergadering as die Leier van die Opposisie.

Voorreg 58. (1) Kabinetslede, Adjunkministers en lede van die Nasionale Vergadering–

(a) het behoudens die Vergadering se reëls en orders vryheid van spraak in die Vergadering en in sy komitees; en

(b) is nie blootgestel aan siviele of strafregtelike verrigtinge, inhegtenisneming, gevangesetting of skadevergoeding weens– (i) enigiets wat hulle in of voor of aan die Vergadering of enige van sy

komitees gesê, blootgelê of voorgelê het nie; of (ii) enigiets wat aan die lig gebring is as gevolg van enigiets wat hulle in of

voor of aan die Vergadering of enige van sy komitees gesê, blootgelê of voorgelê het nie.

(2) Ander voorregte en immuniteite van die Nasionale Vergadering, Kabinetslede en lede van die Vergadering kan deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

(3) Salarisse, toelaes en voordele wat aan lede van die Nasionale Vergadering betaalbaar is, is ʼn regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds.

[Sub-a. (1) gewysig by a. 4 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

Publieke toegang tot en betrokkenheid in Nasionale Vergadering 59. (1) Die Nasionale Vergadering moet–

(a) publieke betrokkenheid in die wetgewende en ander prosesse van die Vergadering en sy komitees vergemaklik; en

(b) sy werksaamhede op ʼn oop wyse verrig, en sy sittings en dié van sy komitees in die openbaar hou, maar redelike maatreëls kan getref word om– (i) publieke toegang, met inbegrip van toegang aan die media, tot die

Vergadering en sy komitees te reguleer; en (ii) voorsiening te maak vir die deursoeking van en, waar dit gepas is, die

weiering van toegang aan of die verwydering van enige persoon. (2) Die Nasionale Vergadering mag nie die publiek, met inbegrip van die media, van ʼn

sitting van ʼn komitee uitsluit nie tensy dit in ʼn oop en demokratiese gemeenskap redelik en regverdigbaar is om dit te doen.

33

Hoofstuk 4: Parlement

nasionale Raad van provinsies

Samestelling van Nasionale Raad 60. � (1) Die Nasionale Raad van Provinsies word saamgestel uit ʼn enkele afvaardiging uit

elke provinsie bestaande uit tien afgevaardigdes. (2) � Die tien afgevaardigdes is–

(a) � vier spesiale afgevaardigdes, bestaande uit– (i) � die Premier van die provinsie of, indien die Premier nie beskikbaar is

nie, ʼn lid van die provinsiale wetgewer wat óf in die algemeen óf vir ʼn bepaalde werksaamheid wat voor die Nasionale Raad van Provinsies dien, deur die Premier aangewys word; en

(ii) � drie ander spesiale afgevaardigdes; en (b) ses vaste afgevaardigdes wat ingevolge artikel 61(2) aangestel is.

(3) � Die Premier van ʼn provinsie of, indien die Premier nie beskikbaar is nie, ʼn lid van die provinsie se afvaardiging wat deur die Premier aangewys word, staan aan die hoof van die afvaardiging.

Toewysing van afgevaardigdes 61. � (1) Partye wat in ʼn provinsiale wetgewer verteenwoordig is, is geregtig op

afgevaardigdes in die provinsie se afvaardiging ooreenkomstig die formule in Deel B van Bylae 3 uiteengesit.

(2) � (a) ‘ʼn Provinsiale wetgewer moet, binne 30 dae nadat die uitslag van ʼn verkiesing van daardie wetgewer bekend gemaak is– (i) � ooreenkomstig nasionale wetgewing bepaal hoeveel van elke party se

afgevaardigdes vaste afgevaardigdes en hoeveel spesiale afgevaardigdes moet wees; en

(ii) � die vaste afgevaardigdes ooreenkomstig die partye se benoemings aanstel.

(b) � ... [Par. (b) geskrap by a. 1 van die Veertiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.] � [Sub-a. (2) vervang by a. 1 van die Negende Wysigingswet op die Grondwet van 2002 en by a. 1 van die Veertiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.] �

34

Hoofstuk 4: Parlement

(3) Die nasionale wetgewing in subartikel (2)(a) beoog, moet die deelname verseker van minderheidspartye in sowel die vaste as die spesiale afgevaardigdes se komponente van die afvaardiging op ʼn wyse wat met die demokrasie bestaanbaar is.

(4) Die wetgewer, met die instemming van die Premier en die leiers van die partye wat op spesiale afgevaardigdes in die provinsie se afvaardiging geregtig is, moet, soos dit van tyd tot tyd nodig mag wees, spesiale afgevaardigdes uit die geledere van die wetgewer aanwys.

Vaste afgevaardigdes 62. (1) Iemand wat as ʼn vaste afgevaardigde benoem word, moet bevoeg wees om ʼn lid

van die provinsiale wetgewer te wees. (2) Indien iemand wat ʼn lid van ʼn provinsiale wetgewer is, as ʼn vaste afgevaardigde

aangestel word, hou so iemand op om ʼn lid van die wetgewer te wees. (3) Vaste afgevaardigdes word aangestel vir ʼn termyn wat verstryk–

(a) onmiddellik voor die eerste sitting van ʼn provinsiale wetgewer na sy volgende verkiesing.

(b) ... [Par. (b) geskrap by a. 2 van die Veertiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.] [Sub-a. (3) vervang by a. 2 van die Negende Wysigingswet op die Grondwet van 2002 en by a. 2 van die Veertiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]

(4) Iemand hou op om ʼn vaste afgevaardigde te wees indien so iemand– (a) om enige ander rede as so iemand se aanstelling as ʼn vaste afgevaardigde nie

meer bevoeg is om ʼn lid van die provinsiale wetgewer te wees nie; (b) ʼn lid van die Kabinet word; (c) die vertroue van die provinsiale wetgewer verloor het en teruggeroep word

deur die party wat so iemand benoem het; (d) ophou om ʼn lid te wees van die party wat so iemand benoem het en deur

daardie party teruggeroep word; of (e) sonder toestemming afwesig is van die Nasionale Raad van Provinsies in

omstandighede waarvoor die reëls en orders van die Raad verlies van die amp van vaste afgevaardigde voorskryf.

(5) Vakatures onder die vaste afgevaardigdes moet ooreenkomstig nasionale wetgewing gevul word.

35

Hoofstuk 4: Parlement

(6) � Voordat vaste afgevaardigdes begin om hul funksies in die Nasionale Raad van Provinsies te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 ʼn eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.

Sittings van Nasionale Raad 63. � (1) Die Nasionale Raad van Provinsies kan die tyd en duur van sy sittings en sy resesse

bepaal. (2) � Die President kan die Nasionale Raad van Provinsies te eniger tyd vir ʼn

buitengewone sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig. (3) � Sittings van die Nasionale Raad van Provinsies op ander plekke as die setel van

die Parlement word veroorloof slegs op grond van die openbare belang, veiligheid of gerief, en indien daar in die reëls en orders van die Raad daarvoor voorsiening gemaak word.

Voorsitter en Adjunkvoorsitters 64. � (1) Die Nasionale Raad van Provinsies moet uit die afgevaardigdes ʼn Voorsitter en twee

Adjunkvoorsitters kies. (2) � Die Voorsitter en een van die Adjunkvoorsitters word uit die vaste afgevaardigdes

verkies vir ʼn termyn van vyf jaar, tensy hul termyne as afgevaardigdes vroeër verstryk.

(3) � Die ander Adjunkvoorsitter word vir ʼn termyn van een jaar verkies, en moet opgevolg word deur ʼn afgevaardigde uit ʼn ander provinsie, sodat elke provinsie om die beurt verteenwoordig word.

(4) � Die Hoofregter moet by die verkiesing van die Voorsitter voorsit, of ʼn ander regter aanwys om dit te doen. Die Voorsitter sit by die verkiesing van die Adjunkvoorsitters voor.

[Sub-a. (4) vervang by a. 5 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(5) � Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die Voorsitter en die Adjunkvoorsitters van toepassing.

(6) � Die Nasionale Raad van Provinsies kan die Voorsitter of ʼn Adjunkvoorsitter van die amp onthef.

(7) � Die Nasionale Raad van Provinsies kan ingevolge sy reëls en orders uit die afgevaardigdes ander voorsittende beamptes kies om die Voorsitter en Adjunkvoorsitters behulpsaam te wees.

36

Hoofstuk 4: Parlement

Besluite 65. (1) Behalwe waar die Grondwet anders bepaal–

(a) het elke provinsie een stem, wat namens die provinsie deur die hoof van sy afvaardiging uitgebring word; en

(b) word alle vrae voor die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur wanneer minstens vyf provinsies ten gunste van die vraag stem.

(2) ‘ʼn Parlementswet wat verorden is ooreenkomstig die prosedure wat deur hetsy subartikel (1) hetsy subartikel (2) van artikel 76 voorgeskryf is, moet voorsiening maak vir ʼn eenvormige prosedure waarvolgens provinsiale wetgewers magtiging aan hul afvaardigings verleen om namens hulle stemme uit te bring.

Deelname deur lede van nasionale uitvoerende gesag 66. (1) Kabinetslede en Adjunkministers kan in die Nasionale Raad van Provinsies sitting

neem en daarin praat, maar mag nie stem nie. (2) Die Nasionale Raad van Provinsies kan van ʼn Kabinetslid, ʼn Adjunkminister of

ʼn amptenaar in die nasionale of ʼn provinsiale uitvoerende gesag vereis om ʼn vergadering van die Raad of ʼn komitee van die Raad by te woon.

Deelname deur verteenwoordigers van plaaslike regering 67. Hoogstens tien deeltydse verteenwoordigers wat ingevolge artikel 163 deur die

georganiseerde plaaslike regering aangewys word om die verskillende kategorieë munisipaliteite te verteenwoordig, kan, wanneer nodig, aan die verrigtinge van die Nasionale Raad van Provinsies deelneem, maar mag nie stem nie.

Bevoegdhede van Nasionale Raad 68. In die uitoefening van sy wetgewende bevoegdheid kan die Nasionale Raad van

Provinsies– (a) enige wetgewing wat voor die Raad dien, ooreenkomstig hierdie Hoofstuk

oorweeg, aanneem, wysig of verwerp of wysigings daarvan voorstel; en (b) wetgewing wat val binne ʼn funksionele gebied in Bylae 4 vermeld of ander

wetgewing wat in artikel 76(3) genoem word, inisieer of opstel, maar die Raad mag nie Geldwetsontwerpe inisieer of opstel nie.

37

Hoofstuk 4: Parlement

Getuienis of inligting voor Nasionale Raad 69. Die Nasionale Raad van Provinsies of enige van sy komitees kan–

(a) � enige persoon dagvaar om voor hom te verskyn om onder eed of plegtige verklaring getuienis af te lê, of om dokumente voor te lê;

(b) � van enige instelling of persoon vereis om aan hom verslag te doen; (c) � ingevolge nasionale wetgewing of die reëls en orders, enige persoon of

instelling verplig om aan ʼn dagvaarding of vereiste ingevolge paragraaf (a) of (b) te voldoen; en

(d) � van enige belanghebbende persone of instellings petisies, vertoë of voorleggings ontvang.

Interne reëlings, verrigtinge en prosedures van Nasionale Raad 70. (1) � Die Nasionale Raad van Provinsies kan–

(a) � sy interne reëlings, verrigtinge en prosedures bepaal en beheer; en (b) � reëls en orders betreffende sy werksaamhede maak, met behoorlike

inagneming van verteenwoordigende en deelnemende demokrasie, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid en publieke betrokkenheid.

(2) � Die reëls en orders van die Nasionale Raad van Provinsies moet voorsiening maak vir– (a) � die instelling, samestelling, bevoegdhede, funksies, prosedures en duur van sy

komitees; (b) � die deelname van al die provinsies in sy verrigtinge op ʼn wyse wat met die

demokrasie bestaanbaar is; en (c) � die deelname van minderheidspartye wat in die Raad verteenwoordig is, aan

die verrigtinge van die Raad en sy komitees op ʼn wyse wat met die demokrasie bestaanbaar is, wanneer daar ooreenkomstig artikel 75 oor ʼn aangeleentheid beslis moet word.

Voorreg 71. � (1) Afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies en die persone in artikels 66

en 67 genoem– (a) � het behoudens die Raad se reëls en orders vryheid van spraak in die Raad en in

sy komitees; en (b) � is nie blootgestel aan siviele of strafregtelike verrigtinge, inhegtenisneming,

gevangesetting of skadevergoeding weens–

38

Hoofstuk 4: Parlement

(i) enigiets wat hulle in of voor of aan die Raad of enige van sy komitees gesê, blootgelê of voorgelê het nie; of

(ii) enigiets wat aan die lig gebring is as gevolg van enigiets wat hulle in of voor of aan die Raad of enige van sy komitees gesê, blootgelê of voorgelê het nie.

(2) Ander voorregte en immuniteite van die Nasionale Raad van Provinsies, afgevaardigdes na die Raad en persone in artikels 66 en 67 bedoel, kan deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

(3) Salarisse, toelaes en voordele wat aan vaste lede van die Nasionale Raad van Provinsies betaalbaar is, is ʼn regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds.

Publieke toegang tot en betrokkenheid in Nasionale Raad 72. (1) Die Nasionale Raad van Provinsies moet–

(a) publieke betrokkenheid in die wetgewende en ander prosesse van die Raad en sy komitees vergemaklik; en

(b) sy werksaamhede op ʼn oop wyse verrig, en sy sittings en dié van sy komitees in die openbaar hou, maar redelike maatreëls kan getref word om– (i) publieke toegang, met inbegrip van toegang aan die media, tot die Raad

en sy komitees te reguleer; en (ii) voorsiening te maak vir die deursoeking van en, waar dit gepas is, die

weiering van toegang aan of die verwydering van enige persoon. (2) Die Nasionale Raad van Provinsies mag nie die publiek, met inbegrip van die

media, van ʼn sitting van ʼn komitee uitsluit nie tensy dit in ʼn oop en demokratiese gemeenskap redelik en regverdigbaar is om dit te doen.

nasionale Wetgewende proses

Alle Wetsontwerpe 73. (1) Enige Wetsontwerp kan by die Nasionale Vergadering ingedien word.

(2) Slegs ʼn Kabinetslid of ʼn Adjunkminister, of ʼn lid of komitee van die Nasionale Vergadering, kan ʼn Wetsontwerp by die Vergadering indien; maar slegs die Kabinetslid wat vir nasionale finansiële sake verantwoordelik is, kan die volgende Wetsontwerpe by die Vergadering indien: (a) ‘ ʼn Geldwetsontwerp; of

39

Hoofstuk 4: Parlement

(b) ʼn Wetsontwerp wat voorsiening maak vir wetgewing in artikel 214 beoog. [Sub-a. (2) vervang by a. 1(a) van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(3) � ʼn Wetsontwerp in artikel 76(3) bedoel, uitgesonderd ʼn Wetsontwerp in subartikel (2)(a) of (b) van hierdie artikel bedoel, kan by die Nasionale Raad van Provinsies ingedien word.

[Sub-a. (3) vervang by a. 1(b) van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(4) � Slegs ʼn lid of komitee van die Nasionale Raad van Provinsies kan ʼn Wetsontwerp by die Raad indien.

(5) � ʼn Wetsontwerp wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem is, moet na die Nasionale Raad van Provinsies verwys word indien dit deur die Raad oorweeg moet word. ʼn Wetsontwerp wat deur die Raad aangeneem is, moet na die Vergadering verwys word.

Wetsontwerpe wat die Grondwet wysig 74. (1) Artikel 1 en hierdie subartikel kan gewysig word deur ʼn Wetsontwerp wat

aangeneem word deur– (a) die Nasionale Vergadering, met ʼn ondersteunende stem van minstens 75

persent van sy lede; en (b) die Nasionale Raad van Provinsies, met ʼn ondersteunende stem van minstens

ses provinsies. (2) Hoofstuk 2 kan gewysig word deur ʼn Wetsontwerp wat aangeneem word deur –

(a) die Nasionale Vergadering, met ʼn ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede; en

(b) die Nasionale Raad van Provinsies, met ʼn ondersteunende stem van minstens ses provinsies.

(3) Enige ander bepaling van die Grondwet kan gewysig word deur ʼn Wetsontwerp wat aangeneem word– (a) deur die Nasionale Vergadering, met ʼn ondersteunende stem van minstens

twee derdes van sy lede; en (b) ook deur die Nasionale Raad van Provinsies, met ʼn ondersteunende stem van

minstens ses provinsies, indien die wysiging– (i) betrekking het op ʼn aangeleentheid wat die Raad raak; (ii) provinsiale grense, bevoegdhede, funksies of instellings verander; of (iii) ʼn bepaling wat spesifiek met ʼn provinsiale aangeleentheid handel,

wysig.

40

Hoofstuk 4: Parlement

(4) ‘ʼn Wetsontwerp wat die Grondwet wysig, mag nie ander bepalings insluit as grondwetlike wysigings en aangeleenthede wat met die wysigings in verband staan nie.

(5) Minstens 30 dae voordat ʼn Wetsontwerp wat die Grondwet wysig, ingevolge artikel 73(2) ingedien word, moet die persoon of komitee wat voornemens is om die Wetsontwerp in te dien– (a) besonderhede van die beoogde wysiging in die nasionale Staatskoerant, en

ooreenkomstig die reëls en orders van die Nasionale Vergadering, vir openbare kommentaar publiseer;

(b) dié besonderhede ooreenkomstig die reëls en orders van die Vergadering aan die provinsiale wetgewers vir hul sienswyses voorlê; en

(c) dié besonderhede ooreenkomstig die reëls en orders van die Nasionale Raad van Provinsies aan die Raad voorlê vir ʼn openbare debat, indien die beoogde wysiging nie ʼn wysiging is wat deur die Raad aangeneem moet word nie.

(6) Wanneer ʼn Wetsontwerp wat die Grondwet wysig, ingedien word, moet die persoon of komitee wat die Wetsontwerp indien enige skriftelike kommentaar wat van die publiek en die provinsiale wetgewers ontvang is– (a) aan die Speaker voorlê vir tertafellegging in die Nasionale Vergadering; en (b) ten opsigte van wysigings in subartikel (1), (2) of (3)(b) genoem, aan die

Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies voorlê vir tertafellegging in die Raad.

(7) ‘ʼn Wetsontwerp wat die Grondwet wysig, mag nie in die Nasionale Vergadering tot stemming gebring word nie binne 30 dae vanaf– (a) die indiening daarvan, indien die Vergadering sit wanneer die Wetsontwerp

ingedien word; of (b) die tertafellegging daarvan in die Vergadering, indien die Vergadering in reses

is wanneer die Wetsontwerp ingedien word. (8) Indien ʼn Wetsontwerp in subartikel (3)(b) genoem, of enige gedeelte van die

Wetsontwerp, slegs ʼn bepaalde provinsie of provinsies raak, mag die Nasionale Raad van Provinsies die Wetsontwerp, of die tersaaklike gedeelte daarvan, nie aanneem nie tensy dit deur die wetgewer of wetgewers van die betrokke provinsie of provinsies goedgekeur is.

(9) ʼn Wetsontwerp wat die Grondwet wysig en wat deur die Nasionale Vergadering en, waar van toepassing, deur die Nasionale Raad van Provinsies aangeneem is, moet na die President vir bekragtiging verwys word.

41

Hoofstuk 4: Parlement

Gewone Wetsontwerpe wat nie provinsies raak nie 75. � (1) Wanneer die Nasionale Vergadering ʼn Wetsontwerp, behalwe ʼn Wetsontwerp

waarop die prosedure uiteengesit in artikel 74 of 76 van toepassing is, aanneem, moet die Wetsontwerp na die Nasionale Raad van Provinsies verwys word en ooreenkomstig die volgende prosedure behandel word: (a) � Die Raad moet–

(i) � die Wetsontwerp aanneem; (ii) � die Wetsontwerp aanneem behoudens wysigings deur hom voorgestel;

of (iii) � die Wetsontwerp verwerp.

(b) � Indien die Raad die Wetsontwerp aanneem sonder om wysigings voor te stel, moet die Wetsontwerp aan die President vir bekragtiging voorgelê word.

(c) � Indien die Raad die Wetsontwerp verwerp of dit behoudens wysigings aanneem, moet die Vergadering die Wetsontwerp heroorweeg, met inagneming van enige wysiging wat deur die Raad voorgestel is, en kan die Vergadering– (i) die Wetsontwerp weer aanneem, met of sonder wysigings; of (ii) besluit om nie met die Wetsontwerp voort te gaan nie.

(d) � ‘ʼn Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (c) deur die Vergadering aangeneem is, moet aan die President vir bekragtiging voorgelê word.

(2) � Wanneer die Nasionale Raad van Provinsies ingevolge hierdie artikel oor ʼn vraag stem, is artikel 65 nie van toepassing nie; in plaas daarvan– (a) � het elke afgevaardigde in ʼn provinsiale afvaardiging een stem; (b) � moet minstens een derde van die afgevaardigdes teenwoordig wees voordat

daar oor die vraag gestem kan word; en (c) � word die vraag beslis deur ʼn meerderheid van die stemme wat uitgebring

word, maar by staking van stemme oor die vraag moet die voorsittende afgevaardigde ʼn beslissende stem uitbring.

Gewone Wetsontwerpe wat provinsies raak 76. (1) � Wanneer die Nasionale Vergadering ʼn Wetsontwerp genoem in subartikel (3), (4) of

(5) aanneem, moet die Wetsontwerp na die Nasionale Raad van Provinsies verwys word en ooreenkomstig die volgende prosedure behandel word: (a) � Die Raad moet–

(i) � Die Wetsontwerp aanneem;

42

Hoofstuk 4: Parlement

(ii) ʼn gewysigde Wetsontwerp aanneem; of (iii) die Wetsontwerp verwerp.

(b) Indien die Raad die Wetsontwerp sonder wysiging aanneem, moet die Wetsontwerp aan die President vir bekragtiging voorgelê word.

(c) Indien die Raad ʼn gewysigde Wetsontwerp aanneem, moet die gewysigde Wetsontwerp na die Vergadering verwys word, en indien die Vergadering die gewysigde Wetsontwerp aanneem, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.

(d) Indien die Raad die Wetsontwerp verwerp, of indien die Vergadering weier om ʼn gewysigde Wetsontwerp aan te neem wat ingevolge paragraaf (c) na hom verwys is, moet die Wetsontwerp en, waar van toepassing, ook die gewysigde Wetsontwerp verwys word na die Bemiddelingskomitee, wat kan ooreenkom ten gunste van– (i) die Wetsontwerp soos deur die Vergadering aangeneem; (ii) die gewysigde Wetsontwerp soos deur die Raad aangeneem; of (iii) ʼn ander weergawe van die Wetsontwerp.

(e) Indien die Bemiddelingskomitee nie kan ooreenkom binne 30 dae nadat die Wetsontwerp na hom verwys is nie, verval die Wetsontwerp tensy die Vergadering die Wetsontwerp weer aanneem, maar met ʼn ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede.

(f) Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die Wetsontwerp soos deur die Vergadering aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Raad verwys word, en indien die Raad die Wetsontwerp aanneem, moet die Wetsontwerp aan die President vir bekragtiging voorgelê word.

(g) Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die gewysigde Wetsontwerp soos deur die Raad aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Vergadering verwys word, en indien die Vergadering die Wetsontwerp aanneem, moet die Wetsontwerp aan die President vir bekragtiging voorgelê word.

(h) Indien die Bemiddelingskomitee ten gunste van ʼn ander weergawe van die Wetsontwerp ooreenkom, moet dié weergawe van die Wetsontwerp na sowel die Vergadering as die Raad verwys word, en indien die weergawe deur die Vergadering en die Raad aangeneem word, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.

43

Hoofstuk 4: Parlement

(i) � Indien ʼn Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (f) of (h) na die Raad verwys is, nie deur die Raad aangeneem word nie, verval die Wetsontwerp, tensy die Vergadering die Wetsontwerp aanneem met ʼn ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede.

(j) � Indien ʼn Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (g) of (h) na die Vergadering verwys is, nie deur die Vergadering aangeneem word nie, verval die Wetsontwerp, maar die Wetsontwerp soos oorspronklik deur die Vergadering aangeneem, kan weer deur die Vergadering aangeneem word, maar met ʼn ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede.

(k) � ʼn Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (e), (i) of (j) deur die Vergadering aangeneem is, moet aan die President vir bekragtiging voorgelê word.

(2) � Wanneer die Nasionale Raad van Provinsies ʼn Wetsontwerp bedoel in subartikel (3) aanneem, moet die Wetsontwerp na die Nasionale Vergadering verwys word en ooreenkomstig die volgende prosedure behandel word: (a) � Die Vergadering moet–

(i) � die Wetsontwerp aanneem; (ii) � ʼn gewysigde Wetsontwerp aanneem; of (iii) � die Wetsontwerp verwerp.

(b) � ‘ʼn Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (a)(i) deur die Vergadering aangeneem is, moet aan die President vir bekragtiging voorgelê word.

(c) � Indien die Vergadering ʼn gewysigde Wetsontwerp aanneem, moet die gewysigde Wetsontwerp na die Raad verwys word, en indien die Raad die gewysigde Wetsontwerp aanneem, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.

(d) � Indien die Vergadering die Wetsontwerp verwerp, of indien die Raad weier om ʼn gewysigde Wetsontwerp aan te neem wat ingevolge paragraaf (c) na hom verwys is, moet die Wetsontwerp en, waar van toepassing, ook die gewysigde Wetsontwerp verwys word na die Bemiddelingskomitee, wat kan ooreenkom ten gunste van– (i) � die Wetsontwerp soos deur die Raad aangeneem; (ii) � die gewysigde Wetsontwerp soos deur die Vergadering aangeneem; of (iii) � ʼn ander weergawe van die Wetsontwerp.

(e) � Indien die Bemiddelingskomitee nie kan ooreenkom binne 30 dae nadat die Wetsontwerp na hom verwys is nie, verval die Wetsontwerp.

44

Hoofstuk 4: Parlement

(f) Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die Wetsontwerp soos deur die Raad aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Vergadering verwys word, en indien die Vergadering die Wetsontwerp aanneem, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.

(g) Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die gewysigde Wetsontwerp soos deur die Vergadering aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Raad verwys word, en indien dit deur die Raad aangeneem word, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.

(h) Indien die Bemiddelingskomitee ten gunste van ʼn ander weergawe van die Wetsontwerp ooreenkom, moet dié weergawe van die Wetsontwerp na sowel die Raad as die Vergadering verwys word, en indien dit deur die Raad en die Vergadering aangeneem word, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.

(i) Indien ʼn Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (f) of (h) na die Vergadering verwys is, nie deur die Vergadering aangeneem word nie, verval die Wetsontwerp.

(3) ʼn Wetsontwerp moet behandel word ooreenkomstig die prosedure wat deur hetsy subartikel (1) hetsy subartikel (2) voorgeskryf word indien dit binne ʼn funksionele gebied vermeld in Bylae 4 val of voorsiening maak vir wetgewing wat in enige van die volgende artikels beoog word: (a) Artikel 65(2); (b) artikel 163; (c) artikel 182; (d) artikel 195(3) en (4); (e) artikel 196; en (f) artikel 197.

(4) ʼn Wetsontwerp moet behandel word ooreenkomstig die prosedure wat deur subartikel (1) voorgeskryf word indien dit voorsiening maak vir wetgewing wat– (a) in artikel 44(2) of 220(3) beoog word; of (b) in Hoofstuk 13 beoog word en wat enige bepaling insluit wat die finansiële

belange van die provinsiale regeringsfeer raak. [Par. (b) vervang by a. 1 van die Elfde Wysigingswet op die Grondwet van 2003.]

(5) ʼn Wetsontwerp in artikel 42(6) beoog, moet behandel word ooreenkomstig die prosedure wat deur subartikel (1) voorgeskryf word, behalwe dat–

45

Hoofstuk 4: Parlement

(a) � wanneer die Nasionale Vergadering oor die Wetsontwerp stem, die bepalings van artikel 53(1) nie van toepassing is nie; in plaas daarvan kan die Wetsontwerp aangeneem word slegs indien ʼn meerderheid van die lede van die Vergadering ten gunste daarvan stem; en

(b) � indien die Wetsontwerp na die Bemiddelingskomitee verwys word, die volgende reëls van toepassing is: (i) � Indien die Nasionale Vergadering ʼn Wetsontwerp beoog in subartikel

(1)(g) of (h) oorweeg, kan daardie Wetsontwerp aangeneem word slegs indien ʼn meerderheid van die lede van die Vergadering ten gunste daarvan stem.

(ii) � Indien die Nasionale Vergadering ʼn Wetsontwerp beoog in subartikel (1)(e), (i) of (j) oorweeg of heroorweeg, kan daardie Wetsontwerp aangeneem word slegs indien minstens twee derdes van die lede van die Vergadering ten gunste daarvan stem.

(6) � Hierdie artikel is nie op Geldwetsontwerpe van toepassing nie.

Geldwetsontwerpe 77. (1) ʼn Wetsontwerp is ʼn Geldwetsontwerp indien dit–

(a) � geld bewillig; (b) � nasionale belastings, heffings, regte of bobelastings oplê; (c) � enige nasionale belastings, heffings, regte of bobelastings afskaf of verminder

of vrystellings daarvan verleen; of (d) ʼn regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds magtig, behalwe ʼn

Wetsontwerp beoog in artikel 214 wat ʼn regstreekse las magtig. � (2) ʼn Geldwetsontwerp mag met geen ander aangeleentheid handel nie, behalwe– �

(a) � ʼn ondergeskikte aangeleentheid wat verband hou met die bewilliging van geld;

(b) � die oplegging, afskaffing of vermindering van nasionale belastings, heffings, regte of bobelastings;

(c) � die verlening van vrystelling van nasionale belastings, heffings, regte of bobelastings; of

(d) � die magtiging van ʼn regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds. (3) � Alle Geldwetsontwerpe moet oorweeg word ooreenkomstig die prosedure wat

deur artikel 75 voorgeskryf word. ʼn Parlementswet moet voorsiening maak vir ʼn prosedure vir die wysiging van Geldwetsontwerpe voor die Parlement.

[A. 77 vervang by a. 2 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

46

Hoofstuk 4: Parlement

Bemiddelingskomitee 78. (1) Die Bemiddelingskomitee bestaan uit–

(a) nege lede van die Nasionale Vergadering deur die Vergadering verkies ooreenkomstig ʼn prosedure wat deur die reëls en orders van die Vergadering voorgeskryf word en wat tot gevolg het dat partye in wesenlik dieselfde verhouding verteenwoordig is as dié waarin die partye in die Vergadering verteenwoordig is; en

(b) een afgevaardigde uit elke provinsiale afvaardiging in die Nasionale Raad van Provinsies, deur die afvaardiging aangewys.

(2) Die Bemiddelingskomitee het ten gunste van ʼn weergawe van ʼn Wetsontwerp ooreengekom, of ʼn vraag beslis wanneer dié weergawe, of een kant van die vraag, gesteun word deur– (a) minstens vyf van die verteenwoordigers van die Nasionale Vergadering; en (b) minstens vyf van die verteenwoordigers van die Nasionale Raad van Provinsies.

Bekragtiging van Wetsontwerpe 79. (1) Die President moet ʼn Wetsontwerp wat ingevolge hierdie Hoofstuk aangeneem

is óf bekragtig en onderteken óf, indien die President voorbehoude omtrent die grondwetlikheid van die Wetsontwerp het, dit na die Nasionale Vergadering vir heroorweging terugverwys.

(2) Die gesamentlike reëls en orders moet voorsiening maak vir die prosedure vir die heroorweging van ʼn Wetsontwerp deur die Nasionale Vergadering en die deelname van die Nasionale Raad van Provinsies aan die proses.

(3) Die Nasionale Raad van Provinsies moet deelneem aan die heroorweging van ʼn Wetsontwerp wat die President na die Nasionale Vergadering terugverwys het indien– (a) die President se voorbehoude omtrent die grondwetlikheid van die

Wetsontwerp verband hou met ʼn prosedurele aangeleentheid waarby die Raad betrokke is; of

(b) artikel 74(1), (2) of (3)(b) of 76 by die aanname van die Wetsontwerp van toepassing was.

(4) Indien ʼn Wetsontwerp, na heroorweging, ten volle aan die President se voorbehoude voldoen, moet die President die Wetsontwerp bekragtig en onderteken; indien nie, moet die President–

47

Hoofstuk 4: Parlement

(a) � óf die Wetsontwerp bekragtig en onderteken; (b) � óf dit na die Konstitusionele Hof vir ʼn beslissing oor die grondwetlikheid

daarvan verwys. (5) � Indien die Konstitusionele Hof beslis dat die Wetsontwerp grondwetlik is, moet die

President dit bekragtig en onderteken.

Aansoek by Konstitusionele Hof deur lede van Nasionale Vergadering 80. � (1) Lede van die Nasionale Vergadering kan by die Konstitusionele Hof aansoek

doen om ʼn bevel wat verklaar dat ʼn Parlementswet in die geheel of ten dele ongrondwetlik is.

(2) � ʼn Aansoek– (a) � moet deur minstens een derde van die lede van die Nasionale Vergadering

gesteun word; en (b) � moet gedoen word binne 30 dae vanaf die datum waarop die President die

Wet bekragtig en onderteken het. (3) � Die Konstitusionele Hof kan gelas dat ʼn Wet, of ʼn gedeelte daarvan, wat die

onderwerp van ʼn aansoek ingevolge subartikel (1) uitmaak, geen regskrag het nie totdat die Hof oor die aansoek beslis het, indien– (a) � dit in die belang van geregtigheid is; en (b) � die aansoek ʼn redelike vooruitsig het om te slaag.

(4) � Indien ʼn aansoek nie slaag nie, en nie ʼn redelike vooruitsig gehad het om te slaag nie, kan die Konstitusionele Hof die aansoekers gelas om die koste te betaal.

Publikasie van Wette 81. � ʼn Wetsontwerp wat deur die President bekragtig en onderteken is, word ʼn Wet van die

Parlement, moet onverwyld gepubliseer word, en tree in werking by die publikasie daarvan of op ʼn datum ingevolge die Wet bepaal.

Veilige bewaring van Parlementswette 82. � Die ondertekende eksemplaar van ʼn Parlementswet is afdoende bewys van die bepalings

van daardie Wet en moet na die publikasie daarvan vir veilige bewaring aan die Konstitusionele Hof toevertrou word.

48

Hoofstuk 5: Die President en Nasionale Uitvoerende Gesag

hOOFSTUK 5 die pReSidenT en naSiOnale uiTvOeRende GeSaG

Die President 83. Die President–

(a) is die Staatshoof en hoof van die nasionale uitvoerende gesag; (b) moet die Grondwet as die hoogste reg van die Republiek handhaaf, verdedig

en eerbiedig; en (c) bevorder die eenheid van die nasie en alles wat die Republiek sal laat

vooruitgaan.

Bevoegdhede en funksies van President 84. (1) Die President het die bevoegdhede wat deur die Grondwet en wetgewing verleen

word, met inbegrip van dié bevoegdhede wat nodig is om die funksies van Staatshoof en hoof van die nasionale uitvoerende gesag te verrig.

(2) Die President is verantwoordelik vir– (a) die bekragtiging en ondertekening van Wetsontwerpe; (b) die terugverwysing van ʼn Wetsontwerp na die Nasionale Vergadering vir

heroorweging van die grondwetlikheid van die Wetsontwerp; (c) die verwysing van ʼn Wetsontwerp na die Konstitusionele Hof vir ʼn beslissing

oor die grondwetlikheid van die Wetsontwerp; (d) die byeenroeping van die Nasionale Vergadering, die Nasionale Raad

van Provinsies of die Parlement vir ʼn buitengewone sitting om spesiale werksaamhede te verrig;

(e) die doen van aanstellings wat die Grondwet of wetgewing van die President anders as in die hoedanigheid van hoof van die nasionale uitvoerende gesag vereis;

(f) die aanstelling van kommissies van ondersoek; (g) die uitroep van ʼn nasionale referendum ingevolge ʼn Parlementswet; (h) die ontvangs en erkenning van buitelandse diplomatieke en konsulêre

verteenwoordigers; (i) die aanstelling van ambassadeurs, gevolmagtigdes en diplomatieke en

konsulêre verteenwoordigers;

49

Hoofstuk 5: Die President en Nasionale Uitvoerende Gesag

(j) � die begenadiging van, of die verlening van grasie aan, oortreders, en die kwytskelding van boetes, strawwe of verbeurings; en

(k) � die toekenning van eerbewyse. [Algemene Nota: Eerbewyse ingestel by afkondiging in Staatskoerant 24155 van 6 Desember 2002 en Staatskoerant 25213 van 25 Julie 2003.]

Uitvoerende gesag van die Republiek 85. (1) � Die uitvoerende gesag van die Republiek berus by die President.

(2) � Die President oefen die uitvoerende gesag gesamentlik met die ander lede van die Kabinet uit, deur– (a) � nasionale wetgewing uit te voer, behalwe waar die Grondwet of ʼn

Parlementswet anders bepaal; (b) � nasionale beleid te ontwikkel en uit te voer; (c) � die funksies van staatsdepartemente en -administrasies te koördineer; (d) � wetgewing op te stel en te inisieer; en (e) � enige ander uitvoerende funksie te verrig waarvoor in die Grondwet of in

nasionale wetgewing voorsiening gemaak word.

Verkiesing van President 86. � (1) By sy eerste sitting na sy verkiesing, en wanneer dit ook al nodig is om ʼn vakature te

vul, moet die Nasionale Vergadering ʼn vrou of ʼn man uit sy geledere as die President verkies.

(2) � Die Hoofregter moet by die verkiesing van die President voorsit, of ʼn ander regter aanwys om dit te doen. Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die President van toepassing.

[Sub-a. (2) vervang by a. 6 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(3) � ʼn Verkiesing om ʼn vakature in die amp van President te vul, moet gehou word op ʼn tyd en datum deur die Hoofregter bepaal, maar nie later nie as 30 dae nadat die vakature ontstaan.

[Sub-a. (3) vervang by a. 6 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

50

Hoofstuk 5: Die President en Nasionale Uitvoerende Gesag

Aanvaarding van amp deur President 87. Wanneer iemand as President verkies word, hou so iemand op om ʼn lid van die Nasionale

Vergadering te wees, en moet so iemand die amp van President binne vyf dae aanvaar deur ooreenkomstig Bylae 2 ʼn eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet af te lê.

Ampstermyn van President 88. (1) Die President se ampstermyn begin by ampsaanvaarding en eindig wanneer ʼn

vakature ontstaan of wanneer die persoon wat volgende as President verkies word die amp aanvaar.

(2) Niemand mag die amp van President vir meer as twee ampstermyne beklee nie, maar wanneer iemand verkies word om ʼn vakature in die amp van President te vul, word die tydperk tussen daardie verkiesing en die volgende verkiesing van ʼn President nie as ʼn ampstermyn beskou nie.

Ontheffing van President 89. (1) Die Nasionale Vergadering kan, by ʼn besluit aangeneem met ʼn ondersteunende

stem van minstens twee derdes van sy lede, die President van die amp van President onthef slegs op grond van– (a) ʼn ernstige skending van die Grondwet of die reg; (b) ernstige wangedrag; of (c) onvermoë om die funksies van die amp te verrig.

(2) Iemand wat ingevolge subartikel (1)(a) of (b) van die amp van President onthef is, mag geen voordele van daardie amp ontvang nie, en mag in geen openbare amp dien nie.

Waarnemende President 90. (1) Wanneer die President uit die Republiek afwesig is of andersins nie in staat is om

die pligte van die President te vervul nie, of gedurende ʼn vakature in die amp van President, neem ʼn ampsdraer in die onderstaande rangorde as President waar: (a) Die Adjunkpresident. (b) ʼn Minister deur die President aangewys. (c) ʼn Minister deur die ander lede van die Kabinet aangewys. (d) Die Speaker, totdat die Nasionale Vergadering een van sy ander lede aanwys.

51

Hoofstuk 5: Die President en Nasionale Uitvoerende Gesag

(2) � ‘n Waarnemende President het die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies van die President.

(3) � Voordat die Waarnemende President die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies van die President aanvaar, moet die Waarnemende President ooreenkomstig Bylae 2 ʼn eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.

(4) � Iemand wat as Waarnemende President ʼn eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek afgelê het, hoef nie die prosedure van die eed of plegtige verklaring te herhaal nie vir enige daaropvolgende termyn as waarnemende President gedurende die tydperk wat eindig wanneer die persoon wat volgende as President verkies word, die amp aanvaar.

[Sub-a. (4) bygevoeg by a. 1 van die “Constitution First Amendment Act of 1997”.]

Kabinet 91. � (1) Die Kabinet bestaan uit die President as hoof van die Kabinet, ʼn Adjunkpresident en

Ministers. (2) � Die President stel die Adjunkpresident en Ministers aan, dra hulle bevoegdhede en

funksies aan hulle op, en kan hulle ontslaan. (3) � Die President–

(a) moet die Adjunkpresident uit die geledere van die Nasionale Vergadering kies; (b) kan enige getal Ministers uit die geledere van die Vergadering kies; en (c) kan hoogstens twee Ministers van buite die Vergadering kies.

(4) � Die President moet ʼn lid van die Kabinet as die leier van regeringswerksaamhede in die Nasionale Vergadering aanstel.

(5) � Die Adjunkpresident moet die President in die verrigting van regeringsfunksies bystaan.

Aanspreeklikheid en verantwoordelikhede 92. � (1) Die Adjunkpresident en Ministers is verantwoordelik vir die bevoegdhede en

funksies van die uitvoerende gesag wat deur die President aan hulle opgedra word. (2) � Lede van die Kabinet is gesamentlik en afsonderlik teenoor die Parlement

aanspreeklik vir die uitoefening van hul bevoegdhede en die verrigting van hul funksies.

52

Hoofstuk 5: Die President en Nasionale Uitvoerende Gesag

(3) Lede van die Kabinet moet– (a) ooreenkomstig die Grondwet optree; en (b) die Parlement voorsien van volledige en gereelde verslae oor aangeleenthede

onder hulle beheer.

Adjunkministers 93. (1) Die President kan–

(a) enige getal Adjunkministers uit die geledere van die Nasionale Vergadering aanstel; en

(b) hoogstens twee Adjunkministers van buite die Vergadering aanstel, om die lede van die Kabinet behulpsaam te wees, en kan hulle ontslaan.

(2) Adjunkministers ingevolge subartikel (1)(b) aangestel, is teenoor die Parlement aanspreeklik vir die uitoefening van hul bevoegdhede en die verrigting van hul funksies.

[A. 93 vervang by a. 7 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

Voortbestaan van Kabinet na verkiesings 94. Wanneer ʼn verkiesing van die Nasionale Vergadering gehou word, bly die Kabinet, die

Adjunkpresident, Ministers en enige Adjunkministers bevoeg om te funksioneer totdat die persoon wat deur die volgende Vergadering as President verkies word die amp aanvaar.

Eed of plegtige verklaring 95. Voordat die Adjunkpresident, Ministers en enige Adjunkministers begin om hul funksies te

verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 ʼn eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.

Gedrag van Kabinetslede en Adjunkministers 96. (1) Lede van die Kabinet en Adjunkministers moet optree ooreenkomstig ʼn etiese kode

deur nasionale wetgewing voorgeskryf. (2) Lede van die Kabinet en Adjunkministers mag nie–

(a) enige ander betaalde werk onderneem nie; (b) optree op enige wyse wat met hul amp onbestaanbaar is, of hulself blootstel

aan enige omstandigheid wat die risiko inhou van ʼn botsing tussen hul amptelike verantwoordelikhede en hul private belange nie; of

53

Hoofstuk 5: Die President en Nasionale Uitvoerende Gesag

(c) hul posisie of enige inligting aan hulle toevertrou, gebruik om hulself te verryk of enige ander persoon onbehoorlik te bevoordeel nie.

Oordrag van werksaamhede 97. � Die President kan by proklamasie aan ʼn lid van die Kabinet–

(a) � die administrasie oordra van enige wetgewing wat aan ʼn ander lid opgedra is; of

(b) � enige bevoegdheid of funksie oordra wat by wetgewing aan ʼn ander lid opgedra is.

Tydelike opdra van funksies 98. � Die President kan aan ʼn Kabinetslid enige bevoegdheid of funksie van ʼn ander lid wat uit

die amp afwesig is of nie in staat is om daardie bevoegdheid uit te oefen of daardie funksie te verrig nie, opdra.

Opdra van funksies 99. � ‘n Lid van die Kabinet kan enige bevoegdheid of funksie wat ingevolge ʼn Parlementswet

uitgeoefen of verrig moet word, aan ʼn lid van ʼn provinsiale Uitvoerende Raad of ʼn Munisipale Raad opdra. ‘n Opdrag–

(a) � geskied ingevolge ʼn ooreenkoms tussen die betrokke Kabinetslid en die lid van die Uitvoerende Raad of die Munisipale Raad;

(b) � moet bestaanbaar wees met die Parlementswet ingevolge waarvan die betrokke bevoegdheid of funksie uitgeoefen of verrig word; en

(c) � tree by proklamering deur die President in werking.

Nasionale ingryping in provinsiale administrasie [Opskrif gewysig by a. 2(a) van die Elfde Wysigingswet op die Grondwet van 2003.]

100. (1) Wanneer ʼn provinsie ʼn uitvoerende verpligting ingevolge die Grondwet of wetgewing nie kan nakom nie of dit nie nakom nie, kan die nasionale uitvoerende gesag ingryp deur enige gepaste stappe te doen om te verseker dat daardie verpligting nagekom word, met inbegrip van– (a) � die uitreiking van ʼn lasgewing aan die provinsiale uitvoerende gesag waarin

die mate van die versuim om sy verpligtinge na te kom, beskryf word en stappe wat nodig is om sy verpligtinge na te kom, vermeld word; en

54

Hoofstuk 5: Die President en Nasionale Uitvoerende Gesag

(b) die aanvaarding van verantwoordelikheid vir die betrokke verpligting in daardie provinsie in die mate wat nodig is om– (i) noodsaaklike nasionale standaarde te handhaaf of aan gevestigde

minimum standaarde vir die lewering van ʼn diens te voldoen; (ii) ekonomiese eenheid te handhaaf; (iii) nasionale veiligheid te handhaaf; of (iv) te voorkom dat daardie provinsie onredelike stappe doen wat nadelig is

vir die belange van ʼn ander provinsie of van die land as geheel. [Sub-a. (1) gewysig by a. 2(b) van die Elfde Wysigingswet op die Grondwet 2003.]

(2) Indien die nasionale uitvoerende gesag ingevolge subartikel (1)(b) in ʼn provinsie ingryp, moet – (a) hy ʼn skriftelike kennisgewing van die ingryping aan die Nasionale Raad van

Provinsies voorlê binne 14 dae nadat die ingryping ʼn aanvang geneem het; (b) die ingryping beëindig word indien die Raad die ingryping afkeur binne 180

dae nadat die ingryping ʼn aanvang geneem het of by die einde van daardie tydperk die ingryping nie goedgekeur het nie; en

(c) die Raad, terwyl die ingryping voortduur, die ingryping gereeld in hersiening neem en enige gepaste aanbevelings aan die nasionale uitvoerende gesag doen.

[Sub-a. (2) vervang by a. 2(c) van die Elfde Wysigingswet op die Grondwet van 2003.]

(3) Nasionale wetgewing kan die proses ingestel deur hierdie artikel reguleer. [A. 100 gewysig by a. 2 van die Elfde Wysigingswet op die Grondwet van 2003.]

Uitvoerende besluite 101. (1) ‘n Besluit van die President moet op skrif wees indien dit–

(a) ingevolge wetgewing geneem word; of (b) regsgevolge het.

(2) ‘n Skriftelike besluit van die President moet deur ʼn ander Kabinetslid mede- onderteken word indien daardie besluit ʼn funksie raak wat aan daardie ander Kabinetslid opgedra is.

(3) Proklamasies, regulasies en ander instrumente van ondergeskikte wetgewing moet vir die publiek toeganklik wees.

55

Hoofstuk 5: Die President en Nasionale Uitvoerende Gesag

(4) � Nasionale wetgewing kan die wyse waarop en die mate waarin instrumente in subartikel (3) genoem– (a) in die Parlement ter tafel gelê moet word, spesifiseer; en (b) deur die Parlement goedgekeur moet word, spesifiseer.

Voorstelle van wantroue 102. (1) Indien die Nasionale Vergadering by ʼn besluit ten gunste waarvan ʼn meerderheid

van sy lede stem ʼn voorstel van wantroue in die Kabinet, uitgesonderd die President, aanneem, moet die President die Kabinet hersaamstel.

(2) � Indien die Nasionale Vergadering by ʼn besluit ten gunste waarvan ʼn meerderheid van sy lede stem ʼn voorstel van wantroue in die President aanneem, moet die President en die ander lede van die Kabinet en enige Adjunkministers bedank.

56

Hoofstuk 6: Provinsies

hOOFSTUK 6 pROvinSieS

Provinsies 103. (1) Die Republiek het die volgende provinsies:

(a) Oos-Kaap; (b) Vrystaat; (c) Gauteng; (d) KwaZulu-Natal; (e) Limpopo; (f) Mpumalanga; (g) Noord-Kaap; (h) Noordwes; (i) Wes-Kaap.

[Sub-a. (1) gewysig by a. 3 van die Elfde Wysigingswet op die Grondwet van 2003 en vervang by a. 1 van die Twaalfde Wysigingswet op die Grondwet van 2005.]

(2) Die geografiese gebiede van die onderskeie provinsies bestaan uit die som van die aangeduide geografiese gebiede weergegee in die verskeie kaarte bedoel in die Kennisgewing in Bylae 1A gelys.

[Sub-a. (2) vervang by a. 1 van die Twaalfde Wysigingswet op die Grondwet van 2005.]

(3) (a) Wanneer die geografiese gebied van ʼn provinsie deur ʼn wysiging aan die Grondwet herbepaal word, kan ʼn Parlementswet voorsiening maak vir maatreëls om, binne ʼn redelike tyd, die regs-, praktiese en enige ander gevolge van die herbepaling te reël.

(b) ʼn Parlementswet beoog in paragraaf (a) kan verorden en geïmplementeer word voor sodanige wysiging aan die Grondwet in werking tree, maar enige provinsiale funksies, bates, regte, verpligtinge, pligte of laste kan slegs ingevolge daardie Wet oorgedra word nadat daardie wysiging aan die Grondwet in werking tree.

[A. 103 vervang by a. 1 van die Twaalfde Wysigingswet op die Grondwet van 2005.] [Datum van inwerkingtreding van a. 103(3): 23 Desember 2005.]

57

Hoofstuk 6: Provinsies

provinsiale Wetgewers

Wetgewende gesag van provinsies 104. (1) Die wetgewende gesag van ʼn provinsie berus by sy provinsiale wetgewer, en verleen

aan die provinsiale wetgewer die bevoegdheid– (a) � om ingevolge artikels 142 en 143 ʼn grondwet vir sy provinsie aan te neem of

enige grondwet wat deur hom aangeneem is, te wysig; (b) � om vir sy provinsie wetgewing aan te neem met betrekking tot–

(i) � enige aangeleentheid binne ʼn funksionele gebied in Bylae 4 vermeld; (ii) � enige aangeleentheid binne ʼn funksionele gebied in Bylae 5 vermeld; (iii) � enige aangeleentheid buite daardie funksionele gebiede en wat deur

nasionale wetgewing uitdruklik aan die provinsie opgedra is; en (iv) � enige aangeleentheid waarvoor ʼn bepaling van die Grondwet die

verordening van provinsiale wetgewing beoog; en (c) � om enige van sy wetgewende bevoegdhede aan ʼn Munisipale Raad in daardie

provinsie op te dra. (2) � Die wetgewer van ʼn provinsie kan by ʼn besluit aangeneem met ʼn ondersteunende

stem van minstens twee derdes van sy lede, die Parlement versoek om die naam van daardie provinsie te verander.

(3) � ‘n Provinsiale wetgewer word slegs deur die Grondwet en, indien hy ʼn grondwet vir sy provinsie aangeneem het, ook deur daardie grondwet gebind, en moet in ooreenstemming met en binne die perke van die Grondwet en daardie provinsiale grondwet optree.

(4) � Provinsiale wetgewing met betrekking tot ʼn aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir, of verband hou met, die doeltreffende uitoefening van ʼn bevoegdheid betreffende enige aangeleentheid in Bylae 4 vermeld, is vir alle doeleindes wetgewing met betrekking tot ʼn aangeleentheid in Bylae 4 vermeld.

(5) � ʼn Provinsiale wetgewer kan by die Nasionale Vergadering wetgewing aanbeveel betreffende enige aangeleentheid buite die gesag van daardie wetgewer, of ten opsigte waarvan ʼn Parlementswet voorrang bo ʼn provinsiale Wet geniet.

Samestelling en verkiesing van provinsiale wetgewers 105. (1) ‘n Provinsiale wetgewer bestaan uit vroue en mans wat as lede verkies is ingevolge

ʼn kiesstelsel wat–

58

Hoofstuk 6: Provinsies

(a) deur nasionale wetgewing voorgeskryf word; (b) op daardie provinsie se segment van die nasionale gemeenskaplike kieserslys

gebaseer is; (c) vir ʼn minimum stemouderdom van 18 jaar voorsiening maak; en (d) in die algemeen, proporsionele verteenwoordiging tot gevolg het.

[Sub-a. (1) gewysig by a. 3 van die Tiende Wysigingswet op die Grondwet van 2003 en by a. 3 van die Veertiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]

(2) ‘n Provinsiale wetgewer bestaan uit tussen 30 en 80 lede. Die getal lede wat van provinsie tot provinsie kan verskil, moet bepaal word ooreenkomstig ʼn formule wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

Lidmaatskap 106. (1) Elke burger wat bevoeg is om vir die Nasionale Vergadering te stem, is bevoeg om ʼn

lid van ʼn provinsiale wetgewer te wees, uitgesonderd– (a) iemand wat aangestel is deur, of in die diens is van, die staat en vergoeding vir

dié aanstelling of diens ontvang, behalwe– (i) die Premier en ander lede van die Uitvoerende Raad van ʼn provinsie; en (ii) ander ampsdraers wie se funksies met die funksies van ʼn lid van ʼn

provinsiale wetgewer bestaanbaar is en deur nasionale wetgewing verklaar is met dié funksies bestaanbaar te wees;

(b) lede van die Nasionale Vergadering, vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies of lede van ʼn Munisipale Raad;

(c) ongerehabiliteerde insolvente; (d) iemand wat deur ʼn hof van die Republiek as geestelik gekrenk verklaar is; of (e) iemand wat, na die inwerkingtreding van hierdie artikel, binne die Republiek

aan ʼn misdryf skuldig bevind word, of buite die Republiek aldus skuldig bevind word indien die optrede wat die misdryf uitmaak binne die Republiek ʼn misdryf sou uitgemaak het, en tot meer as 12 maande gevangenisstraf sonder die keuse van ʼn boete gevonnis is, maar niemand word beskou as gevonnis te wees voordat ʼn appèl teen die skuldigbevinding of vonnis beslis is, of voordat die tyd om appèl aan te teken, verstryk het nie. ʼn Onbevoegdheid ingevolge hierdie paragraaf verstryk vyf jaar nadat die vonnis voltooi is.

(2) Iemand wat ingevolge subartikel (1)(a) of (b) onbevoeg is om ʼn lid van ʼn provinsiale wetgewer te wees, kan ʼn kandidaat vir die wetgewer wees behoudens enige beperkings of voorwaardes wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

59

Hoofstuk 6: Provinsies

(3) Iemand verloor lidmaatskap van ʼn provinsiale wetgewer indien so iemand– (a) � ophou om bevoeg te wees; (b) � sonder toestemming afwesig is van die wetgewer in omstandighede waarvoor

die reëls en orders van die wetgewer verlies van lidmaatskap voorskryf; of (c) � ophou om ʼn lid van die party te wees wat so iemand as ʼn lid van die wetgewer

benoem het. [Sub-a. (3) vervang by a. 4 van die Tiende Wysigingswet op die Grondwet van 2003 en by a. 4 van die Veertiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]

(4) � Vakatures in ʼn provinsiale wetgewer moet ooreenkomstig nasionale wetgewing gevul word.

Eed of plegtige verklaring 107. � Voordat lede van ʼn provinsiale wetgewer begin om hul funksies in die wetgewer te verrig,

moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 ʼn eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.

Duur van provinsiale wetgewers 108. (1) ‘n Provinsiale wetgewer word vir ʼn termyn van vyf jaar verkies.

(2) � Indien ʼn provinsiale wetgewer ingevolge artikel 109 ontbind word, of wanneer sy termyn verstryk, moet die Premier van die provinsie by proklamasie ʼn verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, en dié verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die datum waarop die wetgewer ontbind is of sy termyn verstryk het. ʼn Proklamasie wat ʼn verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, kan uitgereik word voor of na die verstryking van die termyn van ʼn provinsiale wetgewer.

[Sub-a. (2) vervang by a. 1 van die “Constitution Fourth Amendment Act of 1999”.]

(3) � Indien die uitslag van ʼn verkiesing van ʼn provinsiale wetgewer nie binne die tydperk in artikel 190 genoem, bekend gemaak word nie, of indien ʼn verkiesing deur ʼn hof tersyde gestel word, moet die President by proklamasie ʼn ander verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, en dié verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die verstryking van daardie tydperk of vanaf die datum waarop die verkiesing tersyde gestel is.

(4) � ‘n Provinsiale wetgewer bly bevoeg om te funksioneer vanaf sy ontbinding of die verstryking van sy termyn tot op die dag voor die eerste dag waarop die stemming vir die volgende wetgewer plaasvind.

60

Hoofstuk 6: Provinsies

Ontbinding van provinsiale wetgewers voor verstryking van termyn 109. (1) Die Premier van ʼn provinsie moet die provinsiale wetgewer ontbind indien–

(a) die wetgewer ʼn besluit om te ontbind met ʼn ondersteunende stem van ʼn meerderheid van sy lede aangeneem het; en

(b) drie jaar verstryk het sedert die wetgewer verkies is. (2) ‘n Waarnemende Premier moet die provinsiale wetgewer ontbind indien–

(a) daar ʼn vakature in die amp van Premier is; en (b) die wetgewer in gebreke bly om binne 30 dae nadat die vakature ontstaan het

ʼn nuwe Premier te kies.

Sittings en resesse 110. (1) Die eerste sitting van ʼn provinsiale wetgewer na ʼn verkiesing vind plaas op ʼn tyd

en datum wat bepaal word deur ʼn regter wat deur die Hoofregter aangewys word, maar nie later nie as 14 dae nadat die uitslag van die verkiesing bekend gemaak is. ʼn Provinsiale wetgewer kan die tyd en duur van sy ander sittings en sy resesse bepaal.

[Sub-a. (1) vervang by a. 8 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(2) Die Premier van ʼn provinsie kan die provinsiale wetgewer te eniger tyd vir ʼn buitengewone sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig.

(3) ʼn Provinsiale wetgewer kan bepaal waar hy normaalweg sy sittings sal hou.

Speakers en Adjunkspeakers 111. (1) By die eerste sitting na sy verkiesing, of wanneer dit nodig is om ʼn vakature te vul,

moet ʼn provinsiale wetgewer uit sy geledere ʼn Speaker en ʼn Adjunkspeaker kies. (2) ʼn Regter deur die Hoofregter aangewys, moet by die verkiesing van ʼn Speaker

voorsit. Die Speaker sit by die verkiesing van ʼn Adjunkspeaker voor. [Sub-a. (2) vervang by a. 9 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(3) Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van Speakers en Adjunkspeakers van toepassing.

(4) ʼn Provinsiale wetgewer kan sy Speaker of Adjunkspeaker by besluit van die amp onthef. ʼn Meerderheid van die lede van die wetgewer moet teenwoordig wees wanneer dié besluit aangeneem word.

61

Hoofstuk 6: Provinsies

(5) � ʼn Provinsiale wetgewer kan ingevolge sy reëls en orders uit sy geledere ander voorsittende beamptes kies om die Speaker en Adjunkspeaker behulpsaam te wees.

Besluite 112. (1) Behalwe waar die Grondwet anders bepaal–

(a) � moet ʼn meerderheid van die lede van ʼn provinsiale wetgewer teenwoordig wees voordat ʼn stemming oor ʼn Wetsontwerp of ʼn wysiging van ʼn Wetsontwerp gehou kan word;

(b) � moet minstens een derde van die lede teenwoordig wees voordat ʼn stemming oor enige ander vraag wat voor die wetgewer dien, gehou kan word; en

(c) � word alle vrae wat voor ʼn provinsiale wetgewer dien, beslis deur ʼn meerderheid van die stemme wat uitgebring word.

(2) � Die lid wat by ʼn vergadering van ʼn provinsiale wetgewer voorsit, het nie ʼn beraadslagende stem nie, maar– (a) � moet ʼn beslissende stem uitbring wanneer daar ʼn staking van stemme oor ʼn

vraag is; en (b) � kan ʼn beraadslagende stem uitbring wanneer ʼn vraag beslis moet word

met ʼn ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die wetgewer.

Vaste afgevaardigdes se regte in provinsiale wetgewers 113. � ‘n Provinsie se vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies kan in hulle

provinsiale wetgewer en sy komitees sitting neem en daarin praat, maar mag nie stem nie. Die wetgewer kan van ʼn vaste afgevaardigde vereis om in die wetgewer of sy komitees sitting te neem.

Bevoegdhede van provinsiale wetgewers 114. (1) In die uitoefening van sy wetgewende bevoegdheid kan ʼn provinsiale wetgewer–

(a) � enige Wetsontwerp wat voor die wetgewer dien, oorweeg, aanneem, wysig of verwerp; en

(b) � wetgewing, behalwe Geldwetsontwerpe, inisieer of opstel. (2) � ‘n Provinsiale wetgewer moet voorsiening maak vir meganismes om–

(a) � te verseker dat alle provinsiale uitvoerende staatsorgane in die provinsie aan hom verantwoording doen; en

62

Hoofstuk 6: Provinsies

(b) toesig te hou oor– (i) die uitoefening van provinsiale uitvoerende gesag in die provinsie, met

inbegrip van die uitvoering van wetgewing; en (ii) enige provinsiale staatsorgaan.

Getuienis of inligting voor provinsiale wetgewers 115. ‘n Provinsiale wetgewer of enige van sy komitees kan–

(a) enige persoon dagvaar om voor hom te verskyn om onder eed of plegtige verklaring getuienis af te lê, of om dokumente voor te lê;

(b) van enige persoon of provinsiale instelling vereis om aan hom verslag te doen; (c) ingevolge provinsiale wetgewing of die reëls en orders enige persoon of

instelling verplig om aan ʼn dagvaarding of vereiste ingevolge paragraaf (a) of (b) te voldoen; en

(d) van enige belanghebbende persone of instellings petisies, vertoë of voorleggings ontvang.

Interne reëlings, verrigtinge en prosedures van provinsiale wetgewers 116. (1) ‘n Provinsiale wetgewer kan–

(a) sy interne reëlings, verrigtinge en prosedures bepaal en beheer; en (b) reëls en orders betreffende sy werksaamhede maak, met behoorlike

inagneming van verteenwoordigende en deelnemende demokrasie, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid en publieke betrokkenheid.

(2) Die reëls en orders van ʼn provinsiale wetgewer moet voorsiening maak vir– (a) die instelling, samestelling, bevoegdhede, funksies, prosedures en duur van sy

komitees; (b) die deelname van minderheidspartye wat in die wetgewer verteenwoordig is,

aan die verrigtinge van die wetgewer en sy komitees op ʼn wyse wat met die demokrasie bestaanbaar is;

(c) finansiële en administratiewe hulp aan elke party wat in die wetgewer verteenwoordig is, in verhouding tot sy verteenwoordiging, ten einde die party en sy leier in staat te stel om hul funksies in die wetgewer doeltreffend te verrig; en

(d) die erkenning van die leier van die grootste opposisieparty in die wetgewer as die Leier van die Opposisie.

63

Hoofstuk 6: Provinsies

Voorreg 117. (1) Lede van ʼn provinsiale wetgewer en die provinsie se vaste afgevaardigdes na die

Nasionale Raad van Provinsies– (a) � het behoudens die wetgewer se reëls en orders vryheid van spraak in die

wetgewer en in sy komitees; en (b) � is nie blootgestel aan siviele of strafregtelike verrigtinge, inhegtenisneming,

gevangesetting of skadevergoeding weens– (i) � enigiets wat hulle in of voor of aan die wetgewer of enige van sy

komitees gesê, blootgelê of voorgelê het nie; of (ii) � enigiets wat aan die lig gebring is as gevolg van enigiets wat hulle in of

voor of aan die wetgewer of enige van sy komitees gesê, blootgelê of voorgelê het nie.

(2) � Ander voorregte en immuniteite van ʼn provinsiale wetgewer en sy lede kan deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

(3) � Salarisse, toelaes en voordele wat aan lede van ʼn provinsiale wetgewer betaalbaar is, is ʼn regstreekse las teen die Provinsiale Inkomstefonds.

Publieke toegang tot en betrokkenheid in provinsiale wetgewers 118. (1) � ‘n Provinsiale wetgewer moet–

(a) � publieke betrokkenheid in die wetgewende en ander prosesse van die wetgewer en sy komitees vergemaklik; en

(b) � sy werksaamhede op ʼn oop wyse verrig, en sy sittings en dié van sy komitees in die openbaar hou, maar redelike maatreëls kan getref word om– (i) � publieke toegang, met inbegrip van toegang aan die media, tot die

wetgewer en sy komitees te reguleer; en (ii) � voorsiening te maak vir die deursoeking van en, waar dit gepas is, die

weiering van toegang aan of die verwydering van enige persoon. (2) � ‘n Provinsiale wetgewer mag nie die publiek, met inbegrip van die media, van ʼn

sitting van ʼn komitee uitsluit nie tensy dit in ʼn oop en demokratiese gemeenskap redelik en regverdigbaar is om dit te doen.

64

Hoofstuk 6: Provinsies

Indiening van Wetsontwerpe 119. Slegs lede van die Uitvoerende Raad van ʼn provinsie of ʼn komitee of lid van ʼn provinsiale

wetgewer kan ʼn Wetsontwerp by die wetgewer indien; maar slegs die lid van die Uitvoerende Raad wat vir finansiële sake in die provinsie verantwoordelik is, kan ʼn Geldwetsontwerp by die wetgewer indien.

Geldwetsontwerpe 120. (1) ‘n Wetsontwerp is ʼn Geldwetsontwerp indien dit–

(a) geld bewillig; (b) provinsiale belastings, heffings, regte of bobelastings oplê; (c) enige provinsiale belastings, heffings, regte of bobelastings afskaf of

verminder, of vrystelling daarvan verleen; of (d) ʼn regstreekse las teen ʼn Provinsiale Inkomstefonds magtig.

(2) ‘n Geldwetsontwerp mag met geen ander aangeleentheid handel nie, behalwe– (a) ‘n ondergeskikte aangeleentheid wat verband hou met die bewilliging van

geld; (b) die oplegging, afskaffing of vermindering van provinsiale belastings, heffings,

regte of bobelastings; (c) die verlening van vrystelling van provinsiale belastings, heffings, regte of

bobelastings; of (d) die magtiging van ʼn regstreekse las teen ʼn Provinsiale Inkomstefonds.

(3) ‘n Provinsiale Wet moet voorsiening maak vir ʼn prosedure waarvolgens die provinsie se wetgewer ʼn Geldwetsontwerp kan wysig.

[A. 120 vervang by a. 3 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

Bekragtiging van Wetsontwerpe 121. (1) Die Premier van ʼn provinsie moet ʼn Wetsontwerp wat ingevolge hierdie Hoofstuk

deur die provinsiale wetgewer aangeneem is óf bekragtig en onderteken óf, indien die Premier voorbehoude omtrent die grondwetlikheid van die Wetsontwerp het, dit na die wetgewer vir heroorweging terugverwys.

(2) Indien ʼn Wetsontwerp, na heroorweging, ten volle aan die Premier se voorbehoude voldoen, moet die Premier die Wetsontwerp bekragtig en onderteken; indien nie, moet die Premier– (a) óf die Wetsontwerp bekragtig en onderteken;

65

Hoofstuk 6: Provinsies

(b) � óf dit na die Konstitusionele Hof vir ʼn beslissing oor die grondwetlikheid daarvan verwys.

(3) � Indien die Konstitusionele Hof beslis dat die Wetsontwerp grondwetlik is, moet die Premier dit bekragtig en onderteken.

Aansoek by Konstitusionele Hof deur lede 122. (1) Lede van ʼn provinsiale wetgewer kan by die Konstitusionele Hof aansoek doen om ʼn

bevel wat verklaar dat ʼn provinsiale Wet in die geheel of ten dele ongrondwetlik is. (2) ʼn Aansoek–

(a) moet deur minstens 20 persent van die lede van die wetgewer gesteun word; en

(b) moet gedoen word binne 30 dae vanaf die datum waarop die Premier die Wet bekragtig en onderteken het.

(3) Die Konstitusionele Hof kan gelas dat ʼn Wet, of ʼn gedeelte daarvan, wat die onderwerp van ʼn aansoek ingevolge subartikel (1) uitmaak, geen regskrag het nie totdat die Hof oor die aansoek beslis het, indien– (a) dit in die belang van geregtigheid is; en (b) die aansoek ʼn redelike vooruitsig het om te slaag.

(4) Indien ʼn aansoek nie slaag nie, en nie ʼn redelike vooruitsig gehad het om te slaag nie, kan die Konstitusionele Hof die aansoekers gelas om die koste te betaal.

Publikasie van provinsiale Wette 123. � ‘n Wetsontwerp wat deur die Premier van ʼn provinsie bekragtig en onderteken is, word ʼn

provinsiale Wet, moet onverwyld gepubliseer word en tree in werking by die publikasie daarvan of op ʼn datum ingevolge die Wet bepaal.

Veilige bewaring van provinsiale Wette 124. � Die ondertekende eksemplaar van ʼn provinsiale Wet is afdoende bewys van die bepalings

van daardie Wet en moet na die publikasie daarvan vir veilige bewaring aan die Konstitusionele Hof toevertrou word.

66

Hoofstuk 6: Provinsies

pROvinSiale uiTvOeRende GeSaG

Uitvoerende gesag van provinsies 125. (1) Die uitvoerende gesag van ʼn provinsie berus by die Premier van daardie provinsie.

(2) Die Premier oefen die uitvoerende gesag gesamentlik met die ander lede van die Uitvoerende Raad uit deur– (a) in die provinsie provinsiale wetgewing uit te voer; (b) alle nasionale wetgewing binne die funksionele gebiede in Bylae 4 of 5

vermeld, uit te voer, behalwe waar die Grondwet of ʼn Parlementswet anders bepaal;

(c) in die provinsie nasionale wetgewing te administreer wat buite die funksionele gebiede vermeld in Bylaes 4 en 5 val en waarvan die administrasie ingevolge ʼn Parlementswet aan die provinsiale uitvoerende gesag opgedra is;

(d) provinsiale beleid te ontwikkel en uit te voer; (e) die funksies van die provinsiale administrasie en sy departemente te

koördineer; (f) provinsiale wetgewing op te stel en te inisieer; en (g) enige ander funksie te verrig wat ingevolge die Grondwet of ʼn Parlementswet

aan die provinsiale uitvoerende gesag opgedra is. (3) ‘n Provinsie het ingevolge subartikel (2)(b) uitvoerende gesag slegs in die

mate waarin die provinsie die administratiewe vermoë het om doeltreffende verantwoordelikheid te aanvaar. Die nasionale regering moet deur middel van wetgewende en ander maatreëls provinsies help om die administratiewe vermoë te ontwikkel wat nodig is vir die doeltreffende uitoefening van hul bevoegdhede en verrigting aan hul funksies in subartikel (2) genoem.

(4) ʼn Geskil betreffende die administratiewe vermoë van ʼn provinsie met betrekking tot enige funksie moet verwys word na die Nasionale Raad van Provinsies vir beslegting binne 30 dae vanaf die datum van die verwysing na die Raad.

(5) Behoudens artikel 100 is die uitvoering van provinsiale wetgewing in ʼn provinsie ʼn eksklusiewe provinsiale uitvoerende bevoegdheid.

(6) Die provinsiale uitvoerende gesag moet optree ooreenkomstig– (a) die Grondwet; en (b) die provinsiale grondwet, indien ʼn grondwet vir die provinsie aangeneem is.

67

Hoofstuk 6: Provinsies

Opdra van werksaamhede 126. � ʼn Lid van die Uitvoerende Raad van ʼn provinsie kan enige bevoegdheid of funksie wat

ingevolge ʼn Parlementswet of ʼn provinsiale Wet uitgeoefen of verrig moet word, aan ʼn Munisipale Raad opdra. ʼn Opdrag–

(a) � geskied ingevolge ʼn ooreenkoms tussen die betrokke lid van die Uitvoerende Raad en die Munisipale Raad;

(b) � moet bestaanbaar wees met die Wet ingevolge waarvan die betrokke bevoegdheid of funksie uitgeoefen of verrig word; en

(c) � tree by proklamering deur die Premier in werking.

Bevoegdhede en funksies van Premiers 127. (1) Die Premier van ʼn provinsie het die bevoegdhede en funksies wat deur die Grondwet

en enige wetgewing aan dié amp opgedra word. (2) � Die Premier van ʼn provinsie is verantwoordelik vir–

(a) � die bekragtiging en ondertekening van Wetsontwerpe; (b) � die terugverwysing van ʼn Wetsontwerp na die provinsiale wetgewer vir

heroorweging van die grondwetlikheid van die Wetsontwerp; (c) � die verwysing van ʼn Wetsontwerp na die Konstitusionele Hof vir ʼn beslissing

oor die grondwetlikheid van die Wetsontwerp; (d) � die byeenroeping van die wetgewer vir ʼn buitengewone sitting om spesiale

werksaamhede te verrig; (e) � die aanstelling van kommissies van ondersoek; en (f) � die uitroep van ʼn referendum in die provinsie ooreenkomstig nasionale

wetgewing.

Verkiesing van Premiers 128. (1) By sy eerste sitting na sy verkiesing, en wanneer dit ook al nodig is om ʼn vakature te

vul, moet ʼn provinsiale wetgewer ʼn vrou of ʼn man uit sy geledere as die Premier van die provinsie verkies.

(2) � ʼn Regter wat deur die Hoofregter aangewys is, moet by die verkiesing van die Premier voorsit. Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die Premier van toepassing.

[Sub-a. (2) vervang by a. 10 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

68

Hoofstuk 6: Provinsies

(3) ʼn Verkiesing om ʼn vakature in die amp van Premier te vul, moet gehou word op ʼn tyd en datum deur die Hoofregter bepaal, maar nie later nie as 30 dae nadat die vakature ontstaan.

[Sub-a. (3) vervang by a. 10 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

Aanvaarding van amp deur Premiers 129. ʼn Aangewese Premier aanvaar die amp binne vyf dae na die Premiersverkiesing, deur

ooreenkomstig Bylae 2 ʼn eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet af te lê.

Ampstermyn en ontheffing van Premiers 130. (1) ʼn Premier se ampstermyn begin wanneer die Premier die amp aanvaar en eindig

wanneer ʼn vakature ontstaan of wanneer die persoon wat volgende as Premier verkies word die amp aanvaar.

(2) Niemand mag die amp van Premier vir meer as twee ampstermyne beklee nie, maar wanneer iemand verkies word om ʼn vakature in die amp van Premier te vul, word die tydperk tussen daardie verkiesing en die volgende verkiesing van ʼn Premier nie as ʼn ampstermyn beskou nie.

(3) Die wetgewer van ʼn provinsie kan, by ʼn besluit aangeneem met ʼn ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede, die Premier van die amp van Premier onthef slegs op grond van– (a) ʼn ernstige skending van die Grondwet of die reg; (b) ernstige wangedrag; of (c) onvermoë om die funksies van die amp te verrig.

(4) Iemand wat ingevolge subartikel (3)(a) of (b) van die amp van Premier onthef is, mag geen voordele van daardie amp ontvang nie, en mag in geen openbare amp dien nie.

Waarnemende Premiers 131. (1) Wanneer die Premier afwesig is of andersins nie in staat is om die pligte van die

amp van Premier te vervul nie, of gedurende ʼn vakature in die amp van Premier, neem ʼn ampsdraer in die onderstaande rangorde as Premier waar: (a) ʼn Lid van die Uitvoerende Raad deur die Premier aangewys.

69

Hoofstuk 6: Provinsies

(b) � ‘n Lid van die Uitvoerende Raad deur die ander lede van die Uitvoerende Raad aangewys.

(c) � Die Speaker, totdat die wetgewer een van sy ander lede aanwys. (2) � ‘n Waarnemende Premier het die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies

van die Premier. (3) � Voordat die Waarnemende Premier die verantwoordelikhede, bevoegdhede en

funksies van die Premier aanvaar, moet die Waarnemende Premier ooreenkomstig Bylae 2 ʼn eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.

Uitvoerende Rade 132. (1) Die Uitvoerende Raad van ʼn provinsie bestaan uit die Premier, as hoof van die Raad,

en minstens vyf en hoogstens tien lede deur die Premier uit die geledere van die provinsiale wetgewer aangestel.

(2) � Die Premier van ʼn provinsie stel die lede van die Uitvoerende Raad aan, dra hulle bevoegdhede en funksies aan hulle op, en kan hulle ontslaan.

Aanspreeklikheid en verantwoordelikhede 133. (1) Die lede van die Uitvoerende Raad van ʼn provinsie is verantwoordelik vir die funksies

van die uitvoerende gesag wat deur die Premier aan hulle opgedra word. (2) � Lede van die Uitvoerende Raad van ʼn provinsie is gesamentlik en afsonderlik

teenoor die wetgewer aanspreeklik vir die uitoefening van hul bevoegdhede en die verrigting van hul funksies.

(3) � Lede van die Uitvoerende Raad van ʼn provinsie moet– (a) � ooreenkomstig die Grondwet en, indien ʼn provinsiale grondwet vir die

provinsie aangeneem is, ook daardie grondwet optree; en (b) � die wetgewer voorsien van volledige en gereelde verslae oor aangeleenthede

onder hulle beheer.

Voortbestaan van Uitvoerende Rade na verkiesings 134. � Wanneer ʼn verkiesing van ʼn provinsiale wetgewer gehou word, bly die Uitvoerende Raad

en sy lede bevoeg om te funksioneer totdat die persoon wat deur die volgende wetgewer as Premier verkies word die amp aanvaar.

70

Hoofstuk 6: Provinsies

Eed of plegtige verklaring 135. Voordat lede van die Uitvoerende Raad van ʼn provinsie begin om hul funksies te verrig,

moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 ʼn eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.

Gedrag van lede van Uitvoerende Rade 136. (1) Lede van die Uitvoerende Raad van ʼn provinsie moet optree ooreenkomstig ʼn etiese

kode deur nasionale wetgewing voorgeskryf. (2) Lede van die Uitvoerende Raad van ʼn provinsie mag nie–

(a) enige ander betaalde werk onderneem nie; (b) optree op enige wyse wat met hul amp onbestaanbaar is, of hulself blootstel

aan enige omstandigheid wat die risiko inhou van ʼn botsing tussen hul amptelike verantwoordelikhede en hul private belange nie; of

(c) hul posisie of enige inligting aan hulle toevertrou, gebruik om hulself te verryk of enige ander persoon onbehoorlik te bevoordeel nie.

Oordrag van werksaamhede 137. Die Premier kan by proklamasie aan ʼn lid van die Uitvoerende Raad–

(a) die administrasie oordra van enige wetgewing wat aan ʼn ander lid opgedra is; of

(b) enige bevoegdheid of funksie oordra wat by wetgewing aan ʼn ander lid opgedra is.

Tydelike opdra van werksaamhede 138. Die Premier van ʼn provinsie kan aan ʼn lid van die Uitvoerende Raad enige bevoegdheid

of funksie van ʼn ander lid wat uit die amp afwesig is of nie in staat is om daardie bevoegdheid uit te oefen of daardie funksie te verrig nie, opdra.

Provinsiale ingryping in plaaslike regering 139. (1) Wanneer ʼn munisipaliteit ʼn uitvoerende verpligting ingevolge die Grondwet of

wetgewing nie kan nakom nie of dit nie nakom nie, kan die betrokke provinsiale uitvoerende gesag ingryp deur enige gepaste stappe te doen om te verseker dat daardie verpligting nagekom word, met inbegrip van–

71

Hoofstuk 6: Provinsies

(a) � die uitreiking van ʼn lasgewing aan die Munisipale Raad waarin die mate van die versuim om sy verpligtinge na te kom, beskryf word en stappe wat nodig is om sy verpligtinge na te kom, vermeld word;

(b) � die aanvaarding van verantwoordelikheid vir die betrokke verpligting in daardie munisipaliteit in die mate wat nodig is om– (i) � noodsaaklike nasionale standaarde te handhaaf of aan gevestigde

minimum standaarde vir die lewering van ʼn diens te voldoen; (ii) � te voorkom dat daardie Munisipale Raad onredelike stappe doen wat

nadelig is vir die belange van ʼn ander munisipaliteit of van die provinsie as geheel; of

(iii) � ekonomiese eenheid te handhaaf; of (c) � die ontbinding van die Munisipale Raad en die aanstelling van ʼn

administrateur totdat ʼn pas verkose Munisipale Raad verkose verklaar is, indien buitengewone omstandighede so ʼn stap regverdig.

(2) � Indien ʼn provinsiale uitvoerende gesag ingevolge subartikel (1)(b) in ʼn munisipaliteit ingryp, moet– (a) hy ʼn skriftelike kennisgewing van die ingryping aan–

(i) � die Kabinetslid wat vir plaaslike regeringsaangeleenthede verantwoordelik is; en

(ii) � die betrokke provinsiale wetgewer en die Nasionale Raad van Provinsies, voorlê binne 14 dae nadat die ingryping ʼn aanvang geneem het;

(b) � die ingryping beëindig word indien– (i) � die Kabinetslid wat vir plaaslike regeringsaangeleenthede

verantwoordelik is die ingryping afkeur binne 28 dae nadat die ingryping ʼn aanvang geneem het of by die einde van daardie tydperk die ingryping nie goedgekeur het nie; of

(ii) � die Raad die ingryping afkeur binne 180 dae nadat die ingryping ʼn aanvang geneem het of by die einde van daardie tydperk die ingryping nie goedgekeur het nie; en

(c) � die Raad, terwyl die ingryping voortduur, die ingryping gereeld in hersiening neem en enige gepaste aanbevelings aan die provinsiale uitvoerende gesag doen.

(3) � Indien ʼn Munisipale Raad ingevolge subartikel (1)(c) ontbind is– (a) � moet die provinsiale uitvoerende gesag onmiddellik ʼn skriftelike kennisgewing

van die ontbinding voorlê aan–

72

Hoofstuk 6: Provinsies

(i) die Kabinetslid wat vir plaaslike regeringsaangeleenthede verantwoordelik is; en

(ii) die betrokke provinsiale wetgewer en die Nasionale Raad van Provinsies; en

(b) neem die ontbinding ʼn aanvang 14 dae vanaf die datum van ontvangs van die kennisgewing deur die Raad tensy tersyde gestel deur daardie Kabinetslid of die Raad voor die verstryking van daardie 14 dae.

(4) Indien ʼn munisipaliteit ʼn verpligting ingevolge die Grondwet of wetgewing om ʼn begroting of inkomste genererende maatreëls goed te keur wat nodig is om aan die begroting gevolg te gee nie kan nakom nie of dit nie nakom nie, moet die betrokke provinsiale uitvoerende gesag ingryp deur enige gepaste stappe te doen om te verseker dat die begroting of daardie inkomste genererende maatreëls goedgekeur word, met inbegrip van die ontbinding van die Munisipale Raad en– (a) die aanstelling van ʼn administrateur totdat ʼn pas verkose Munisipale Raad

verkose verklaar is; en (b) die goedkeuring van ʼn voorlopige begroting of inkomste genererende

maatreëls om vir die voortgesette funksionering van die munisipaliteit voorsiening te maak.

(5) Indien ʼn munisipaliteit, as gevolg van ʼn krisis in sy finansiële sake, in ernstige of volgehoue wesenlike versuim is van sy verpligtinge om basiese dienste te verskaf of om sy finansiële ondernemings na te kom, of erken dat hy nie in staat is om sy verpligtinge of finansiële ondernemings na te kom nie, moet die betrokke provinsiale uitvoerende gesag– (a) ‘ʼn herstelplan voorskryf wat daarop gerig is om die munisipaliteit se vermoë

om sy verpligtinge om basiese dienste te verskaf of sy finansiële ondernemings na te kom, te verseker, wat– (i) voorberei moet word ooreenkomstig nasionale wetgewing; en (ii) die munisipaliteit in die uitoefening van sy wetgewende en uitvoerende

gesag bind maar slegs in die mate wat nodig is om die krisis in sy finansiële sake op te los; en

(b) die Munisipale Raad ontbind, indien die munisipaliteit wetgewende maatreëls, met inbegrip van ʼn begroting of enige inkomste genererende maatreëls, wat nodig is om aan die herstelplan gevolg te gee nie kan goedkeur nie of dit nie goedkeur nie, en–

73

Hoofstuk 6: Provinsies

(i) � ‘n administrateur aanstel totdat ʼn pas verkose Munisipale Raad verkose verklaar is; en

(ii) � ʼn voorlopige begroting of inkomste genererende maatreëls of enige ander maatreëls wat aan die herstelplan gevolg gee, goedkeur om vir die voortgesette funksionering van die munisipaliteit voorsiening te maak; of

(c) � indien die Munisipale Raad nie ingevolge paragraaf (b)ontbind is nie, verantwoordelikheid aanvaar vir die uitvoer van die herstelplan in die mate wat die munisipaliteit die herstelplan nie andersins kan uitvoer nie of dit nie uitvoer nie.

(6) � Indien ʼn provinsiale uitvoerende gesag ingevolge subartikel (4) of (5) in ʼn munisipaliteit ingryp, moet hy ʼn skriftelike kennisgewing van die ingryping voorlê aan– (a) � die Kabinetslid wat vir plaaslike regeringsaangeleenthede verantwoordelik is;

en (b) � die betrokke provinsiale wetgewer en die Nasionale Raad van Provinsies, binne

sewe dae nadat die ingryping ʼn aanvang geneem het. (7) � Indien ʼn provinsiale uitvoerende gesag die bevoegdhede of werksaamhede bedoel

in subartikel (4) of (5) nie kan uitoefen of verrig nie of dit nie uitoefen of verrig nie of dit nie voldoende uitoefen of verrig nie, moet die nasionale uitvoerende gesag in die plek van die betrokke provinsiale uitvoerende gesag ingevolge subartikel (4) of (5) ingryp.

(8) � Nasionale wetgewing kan die toepassing van hierdie artikel, met inbegrip van die prosesse ingestel deur hierdie artikel, reguleer.

[A. 139 vervang by a. 4 van die Elfde Wysigingswet op die Grondwet van 2003.]

Uitvoerende besluite 140. (1) ‘n Besluit van die Premier van ʼn provinsie moet op skrif wees indien dit–

(a) ingevolge wetgewing geneem word; of (b) regsgevolge het.

(2) ‘n Skriftelike besluit van die Premier moet deur ʼn ander lid van die Uitvoerende Raad medeonderteken word indien daardie besluit ʼn funksie raak wat aan daardie ander lid opgedra is.

74

Hoofstuk 6: Provinsies

(3) Proklamasies, regulasies en ander instrumente van ondergeskikte wetgewing van ʼn provinsie moet vir die publiek toeganklik wees.

(4) Provinsiale wetgewing kan die wyse waarop en die mate waarin instrumente in subartikel (3) genoem– (a) in die provinsiale wetgewer ter tafel gelê moet word, spesifiseer; en (b) deur die provinsiale wetgewer goedgekeur moet word, spesifiseer.

Voorstelle van wantroue 141. (1) Indien ʼn provinsiale wetgewer by ʼn besluit ten gunste waarvan ʼn meerderheid van

sy lede stem ʼn voorstel van wantroue in die Uitvoerende Raad van die provinsie, uitgesonderd die Premier, aanneem, moet die Premier die Raad hersaamstel.

(2) Indien ʼn provinsiale wetgewer by ʼn besluit ten gunste waarvan ʼn meerderheid van sy lede stem ʼn voorstel van wantroue in die Premier aanneem, moet die Premier en die ander lede van die Uitvoerende Raad bedank.

provinsiale Grondwette

Aanname van provinsiale grondwette 142. ‘n Provinsiale wetgewer kan ʼn grondwet vir die provinsie aanneem of, waar toepaslik, sy

grondwet wysig, indien minstens twee derdes van sy lede ten gunste van die Wetsontwerp stem.

Inhoud van provinsiale grondwette 143. (1) ‘n Provinsiale grondwet of grondwetwysiging mag nie met hierdie Grondwet

onbestaanbaar wees nie, maar kan voorsiening maak vir– (a) provinsiale wetgewende of uitvoerende strukture en prosedures wat verskil

van dié waarvoor in hierdie Hoofstuk voorsiening gemaak word; of (b) die instelling, rol, gesag en status van ʼn tradisionele monarg waar dit gepas is.

(2) Bepalings wat ingevolge paragraaf (a) of (b)van subartikel (1) in ʼn provinsiale grondwet of grondwetwysiging ingesluit word– (a) moet aan die waardes in artikel 1 en aan Hoofstuk 3 voldoen; en (b) mag nie aan die provinsie enige bevoegdheid of funksie opdra wat–

(i) buite die bestek van provinsiale bevoegdheid ingevolge Bylaes 4 en 5 val nie; of

75

Hoofstuk 6: Provinsies

(ii) � buite die bevoegdhede en funksies val wat deur ander artikels van die Grondwet aan die provinsie opgedra word nie.

Sertifisering van provinsiale grondwette 144. (1) Indien ʼn provinsiale wetgewer ʼn grondwet aangeneem of gewysig het, moet die

Speaker van die wetgewer die teks van die grondwet of grondwetwysiging aan die Konstitusionele Hof vir sertifisering voorlê.

(2) � Geen teks van ʼn provinsiale grondwet of grondwetwysiging word wet voordat die Konstitusionele Hof gesertifiseer het dat die teks– (a) � ooreenkomstig artikel 142 aangeneem is; en (b) � in sy geheel aan artikel 143 voldoen nie.

Ondertekening, publikasie en veilige bewaring van provinsiale grondwette 145. (1) Die Premier van ʼn provinsie moet ʼn provinsiale grondwet of grondwetwysiging wat

deur die Konstitusionele Hof gesertifiseer is, bekragtig en onderteken. (2) � Die teks wat die Premier bekragtig en onderteken het, moet in die nasionale

Staatskoerant gepubliseer word en tree in werking by die publikasie daarvan of op ʼn latere datum ingevolge daardie grondwet of wysiging bepaal.

(3) � Die ondertekende teks van ʼn provinsiale grondwet of grondwetwysiging is afdoende bewys van die bepalings daarvan en moet na die publikasie daarvan aan die Konstitusionele Hof vir veilige bewaring toevertrou word.

Wetsteenstrydighede

Teenstrydighede tussen nasionale en provinsiale wetgewing 146. (1) Hierdie artikel is van toepassing op ʼn teenstrydigheid tussen nasionale wetgewing

en provinsiale wetgewing wat binne ʼn funksionele gebied vermeld in Bylae 4 val. (2) � Nasionale wetgewing wat eenvormig met betrekking tot die land as geheel geld,

geniet voorrang bo provinsiale wetgewing indien daar aan enige van die volgende voorwaardes voldoen word: (a) � Die nasionale wetgewing handel met ʼn aangeleentheid wat nie doeltreffend

gereël kan word deur wetgewing wat deur die onderskeie provinsies afsonderlik verorden word nie.

76

Hoofstuk 6: Provinsies

(b) Die nasionale wetgewing handel met ʼn aangeleentheid waarvoor eenvormigheid regoor die land vereis word ten einde doeltreffend daarmee te handel, en die nasionale wetgewing voorsien daardie eenvormigheid deur– (i) norme en standaarde te bepaal; (ii) raamwerke te bepaal; of (iii) nasionale beleid te bepaal.

(c) Die nasionale wetgewing is nodig vir– (i) die handhawing van nasionale veiligheid; (ii) die handhawing van ekonomiese eenheid; (iii) die beskerming van die gemeenskaplike mark ten opsigte van die

beweeglikheid van goedere, dienste, kapitaal en arbeid; (iv) die bevordering van ekonomiese bedrywighede oor provinsiale grense

heen; (v) die bevordering van gelyke geleenthede of gelyke toegang tot

regeringsdienste; of (vi) die beskerming van die omgewing.

(3) Nasionale wetgewing geniet voorrang bo provinsiale wetgewing indien die nasionale wetgewing gemik is op die voorkoming van onredelike optrede deur ʼn provinsie wat– (a) nadelig is vir die ekonomiese, gesondheids- of veiligheidsbelange van ʼn ander

provinsie of die land as geheel; of (b) die uitvoering van nasionale ekonomiese beleid belemmer.

(4) Wanneer daar ʼn geskil is oor die vraag of nasionale wetgewing nodig is vir ʼn doel in subartikel (2)(c) uiteengesit en daardie geskil voor ʼn hof kom om besleg te word, moet die hof die goedkeuring of die verwerping van die wetgewing deur die Nasionale Raad van Provinsies behoorlik in aanmerking neem.

(5) Provinsiale wetgewing geniet voorrang bo nasionale wetgewing indien subartikel (2) of (3) nie van toepassing is nie.

(6) ʼn Wet wat ingevolge ʼn Parlementswet of ʼn provinsiale Wet gemaak is, kan voorrang geniet slegs indien daardie wet deur die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur is.

(7) Indien die Nasionale Raad van Provinsies nie binne 30 dae vanaf sy eerste sitting nadat ʼn wet na die Raad verwys is, tot ʼn besluit kom nie, word daardie wet vir alle doeleindes beskou as deur die Raad goedgekeur te wees.

77

Hoofstuk 6: Provinsies

(8) � Indien die Nasionale Raad van Provinsies ʼn wet bedoel in subartikel (6) nie goedkeur nie, moet die Raad binne 30 dae vanaf sy besluit die redes waarom hy die wet nie goedgekeur het nie, stuur aan die gesag wat die wet na die Raad verwys het.

Ander wetsteenstrydighede 147. (1) Indien daar ʼn teenstrydigheid is tussen nasionale wetgewing en ʼn bepaling van ʼn

provinsiale grondwet met betrekking tot– (a) � ‘n aangeleentheid ten opsigte waarvan hierdie Grondwet spesifiek die

verordening van nasionale wetgewing vereis of beoog, geniet die nasionale wetgewing voorrang bo die betrokke bepaling van die provinsiale grondwet;

(b) � enige nasionale wetgewende ingryping ingevolge artikel 44(2), geniet die nasionale wetgewing voorrang bo die bepaling van die provinsiale grondwet; of

(c) � ʼn aangeleentheid wat val binne ʼn funksionele gebied in Bylae 4 vermeld, is artikel 146 van toepassing asof die betrokke bepaling van die provinsiale grondwet provinsiale wetgewing is wat in daardie artikel genoem word.

(2) � Nasionale wetgewing in artikel 44(2) genoem, geniet voorrang bo provinsiale wetgewing ten opsigte van aangeleenthede binne die funksionele gebiede wat in Bylae 5 vermeld word.

Wetsteenstrydighede wat nie opgelos kan word nie 148. � Indien ʼn geskil oor ʼn wetsteenstrydigheid nie deur ʼn hof besleg kan word nie, geniet die

nasionale wetgewing voorrang bo die provinsiale wetgewing of provinsiale grondwet.

Status van wetgewing wat nie voorrang geniet nie 149. � ‘n Beslissing deur ʼn hof dat wetgewing voorrang bo ander wetgewing geniet, maak nie

daardie ander wetgewing ongeldig nie, maar daardie ander wetgewing is nie van krag solank die teenstrydigheid voortduur nie.

Uitleg van wetsteenstrydighede 150. � By die oorweging van ʼn skynbare teenstrydigheid tussen nasionale en provinsiale

wetgewing, of tussen nasionale wetgewing en ʼn provinsiale grondwet, moet elke hof voorkeur gee aan enige redelike uitleg van die wetgewing of grondwet wat ʼn teenstrydigheid uitskakel, bo enige alternatiewe uitleg wat ʼn teenstrydigheid tot gevolg het.

78

Hoofstuk 7: Plaaslike Regering

hOOFSTUK 7 plaaSlike ReGeRinG

Status van munisipaliteite 151. (1) Die plaaslike regeringsfeer bestaan uit munisipaliteite, wat vir die hele grondgebied

van die Republiek ingestel moet word. (2) Die uitvoerende en wetgewende gesag van ʼn munisipaliteit berus by sy Munisipale

Raad. (3) ʼn Munisipaliteit het die reg om op eie inisiatief die plaaslike

regeringsaangeleenthede van sy gemeenskap te bestuur, behoudens nasionale en provinsiale wetgewing, soos in die Grondwet bepaal.

(4) Die nasionale of ʼn provinsiale regering mag nie ʼn munisipaliteit se vermoë of reg om sy bevoegdhede uit te oefen of sy funksies te verrig, kompromitteer of belemmer nie.

Oogmerke van plaaslike regering 152. (1) Die oogmerke van plaaslike regering is–

(a) om demokratiese en verantwoordingspligtige regering vir plaaslike gemeenskappe te voorsien;

(b) om te verseker dat dienste op volhoubare wyse aan gemeenskappe verskaf word;

(c) om maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling te bevorder; (d) om ʼn veilige en gesonde omgewing te bevorder; en (e) om die betrokkenheid van gemeenskappe en gemeenskapsorganisasies in

plaaslike regeringsaangeleenthede aan te moedig. (2) ‘n Munisipaliteit moet daarna streef om binne sy finansiële en administratiewe

vermoë die oogmerke in subartikel (1) uiteengesit, te verwesenlik.

Ontwikkelingspligte van munisipaliteite 153. ‘n Munisipaliteit moet–

(a) sy administrasie en sy begrotings- en beplanningsprosesse so struktureer en bestuur dat voorrang verleen word aan die basiese behoeftes van die

79

Hoofstuk 7: Plaaslike Regering

gemeenskap, en dat die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van die gemeenskap bevorder word; en

(b) aan nasionale en provinsiale ontwikkelingsprogramme deelneem.

Munisipaliteite in regering van samewerking 154. (1) Die nasionale regering en provinsiale regerings moet deur wetgewende en ander

maatreëls munisipaliteite se vermoë om hul eie sake te bestuur, hul bevoegdhede uit te oefen en hul funksies te verrig, steun en versterk.

(2) � Nasionale of provinsiale konsepwetgewing wat die status, instellings, bevoegdhede of funksies van plaaslike regering raak, moet voordat dit by die Parlement of ʼn provinsiale wetgewer ingedien word, vir openbare kommentaar gepubliseer word op ʼn wyse wat georganiseerde plaaslike regering, munisipaliteite en ander belanghebbende persone ʼn geleentheid bied om vertoë met betrekking tot die konsepwetgewing te rig.

Instelling van munisipaliteite 155. (1) � Daar is die volgende kategorieë munisipaliteite:

(a) � Kategorie A: ʼn Munisipaliteit wat eksklusiewe munisipale uitvoerende en wetgewende gesag in sy gebied het.

(b) � Kategorie B: ʼn Munisipaliteit wat munisipale uitvoerende en wetgewende gesag in sy gebied deel met ʼn kategorie C-munisipaliteit binne wie se gebied hy val.

(c) � Kategorie C: ʼn Munisipaliteit wat munisipale uitvoerende en wetgewende gesag het in ʼn gebied wat meer as een munisipaliteit insluit.

(2) � Nasionale wetgewing moet die verskillende soorte munisipaliteite bepaal wat binne elke kategorie ingestel kan word.

(3) � Nasionale wetgewing moet– (a) � die maatstawwe voorskryf vir die bepaling van wanneer ʼn gebied ʼn enkele

kategorie A-munisipaliteit moet hê of wanneer dit munisipaliteite van sowel kategorie B as kategorie C moet hê;

(b) � maatstawwe en prosedures voorskryf vir die bepaling van munisipale grense deur ʼn onafhanklike gesag; en

(c) � behoudens artikel 229, voorsiening maak vir ʼn gepaste verdeling van bevoegdhede en funksies tussen munisipaliteite wanneer ʼn gebied

80

Hoofstuk 7: Plaaslike Regering

munisipaliteite van sowel kategorie B as kategorie C het. ʼn Verdeling van bevoegdhede en funksies tussen ʼn kategorie B-munisipaliteit en ʼn kategorie C-munisipaliteit kan verskil van die verdeling van bevoegdhede en funksies tussen ʼn ander kategorie B-munisipaliteit en daardie kategorie C-munisipaliteit.

(4) Die wetgewing in subartikel (3) genoem, moet die behoefte om munisipale dienste op billike en volhoubare wyse te verskaf, in aanmerking neem.

(5) Provinsiale wetgewing moet die verskillende soorte munisipaliteite wat in die provinsie ingestel moet word, bepaal.

(6) Elke provinsiale regering moet munisipaliteite in sy provinsie instel op ʼn wyse wat bestaanbaar is met die wetgewing wat ingevolge subartikels (2) en (3) verorden is, en moet deur wetgewende of ander maatreëls– (a) voorsiening maak vir die monitering en ondersteuning van plaaslike regering

in die provinsie; en (b) die ontwikkeling van plaaslike regeringsvermoë bevorder ten einde

munisipaliteite in staat te stel om hul funksies te verrig en hul eie sake te bestuur.

(6A) ..... [Sub-a. (6A) ingevoeg by a. 1 van die “Constitution Third Amendment Act of 1998” en geskrap by a. 2 van die Twaalfde Wysigingswet op die Grondwet van 2005.]

(7) Die nasionale regering, behoudens artikel 44, en die provinsiale regerings het die wetgewende en uitvoerende gesag om toe te sien dat munisipaliteite hul funksies ten opsigte van aangeleenthede in Bylaes 4 en 5 vermeld doeltreffend verrig, deur die uitoefening van munisipaliteite se uitvoerende gesag genoem in artikel 156(1) te reguleer.

Bevoegdhede en funksies van munisipaliteite 156. (1) ‘n Munisipaliteit het uitvoerende gesag ten opsigte van, en het die reg op die

administrasie van– (a) die plaaslike regeringsaangeleenthede wat in Deel B van Bylae 4 en Deel B van

Bylae 5 vermeld word; en (b) enige ander aangeleentheid wat deur nasionale of provinsiale wetgewing aan

hom opgedra word.

81

Hoofstuk 7: Plaaslike Regering

(2) � ʼn Munisipaliteit kan verordeninge uitvaardig en administreer vir die doeltreffende administrasie van die aangeleenthede wat hy die reg het om te administreer.

(3) � Behoudens artikel 151(4) is ʼn munisipale verordening wat met nasionale of provinsiale wetgewing strydig is, ongeldig. Indien daar ʼn teenstrydigheid is tussen ʼn munisipale verordening en nasionale of provinsiale wetgewing wat nie van krag is nie vanweë ʼn teenstrydigheid in artikel 149 genoem, word die munisipale verordening as geldig beskou solank daardie wetgewing nie van krag is nie.

(4) � Die nasionale regering en provinsiale regerings moet by wyse van ʼn ooreenkoms en behoudens enige voorwaardes aan ʼn munisipaliteit die administrasie opdra van ʼn aangeleentheid wat in Deel A van Bylae 4 of Deel A van Bylae 5 vermeld word en wat noodsaaklikerwys op plaaslike regering betrekking het, indien– (a) � daardie aangeleentheid die doeltreffendste plaaslik geadministreer sou kon

word; en (b) � die munisipaliteit die vermoë het om dit te administreer.

(5) � ‘n Munisipaliteit het die reg om enige bevoegdheid uit te oefen met betrekking tot ʼn aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir, of verband hou met, die doeltreffende verrigting van sy funksies.

Samestelling en verkiesing van Munisipale Rade 157. (1) ‘n Munisipale Raad bestaan uit–

(a) lede wat ooreenkomstig subartikels (2) en (3) verkies is; of (b) indien nasionale wetgewing daarvoor voorsiening maak–

(i) � lede wat deur ander Munisipale Rade aangestel is om daardie ander Rade te verteenwoordig; of

(ii) � sowel lede wat ooreenkomstig paragraaf (a) verkies is as lede wat ooreenkomstig subparagraaf (i) van hierdie paragraaf aangestel is.

[Sub-a. (1) vervang by a. 1(a) van die Agtste Wysigingswet op die Grondwet van 2002 en gewysig by a. 3 van die Vyftiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]

(2) � Die verkiesing van lede tot ʼn Munisipale Raad soos in subartikel (1)(a) beoog, moet ooreenkomstig nasionale wetgewing geskied, wat ʼn stelsel moet voorskryf – (a) � van proporsionele verteenwoordiging wat op die betrokke munisipaliteit se

segment van die nasionale gemeenskaplike kieserslys gebaseer is en wat voorsiening maak vir die verkiesing van lede uit lyste van partykandidate wat in ʼn party se rangorde van voorkeur opgestel is; of

82

Hoofstuk 7: Plaaslike Regering

(b) van proporsionele verteenwoordiging soos in paragraaf (a) beskryf wat gekombineer is met ʼn stelsel van wyksverteenwoordiging wat op die betrokke munisipaliteit se segment van die nasionale gemeenskaplike kieserslys gebaseer is.

(3) ‘n Kiesstelsel ingevolge subartikel (2) moet in die algemeen proporsionele verteenwoordiging meebring.

[Sub-a. (3) vervang by a. 1(b) van die Agtste Wysigingswet op die Grondwet van 2002.]

(4) (a) Indien die kiesstelsel wyksverteenwoordiging insluit, moet die afbakening van wyke gedoen word deur ʼn onafhanklike gesag wat aangestel word ingevolge, en wat funksioneer ooreenkomstig, die prosedures en maatstawwe wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

(b) ..... [Par. (b) geskrap by a. 3 van die Twaalfde Wysigingswet op die Grondwet van 2005.] [Sub-a. (4) vervang by a. 2 van die “Constitution Third Amendment Act of 1998”.]

(5) ‘n Persoon kan in ʼn munisipaliteit stem slegs indien daardie persoon op daardie munisipaliteit se segment van die nasionale gemeenskaplike kieserslys geregistreer is.

(6) Die nasionale wetgewing in subartikel (1)(b) genoem, moet ʼn stelsel voorskryf wat dit moontlik maak dat partye en belange wat weerspieël word in die Munisipale Raad wat die aanstelling doen, billik verteenwoordig word in die Munisipale Raad waarin die aanstelling gedoen word.

Lidmaatskap van Munisipale Rade 158. (1) Elke burger wat bevoeg is om vir ʼn Munisipale Raad te stem, is bevoeg om ʼn lid van

daardie Raad te wees, uitgesonderd– (a) iemand wat aangestel is deur, of in die diens is van, die betrokke munisipaliteit

en vergoeding vir daardie aanstelling of diens ontvang, en wat nie ingevolge nasionale wetgewing van hierdie onbevoegdheid vrygestel is nie;

(b) iemand wat aangestel is deur, of in die diens is van, die staat in ʼn ander sfeer en vergoeding vir daardie aanstelling of diens ontvang, en wat ingevolge nasionale wetgewing onbevoeg is vir lidmaatskap van ʼn Munisipale Raad;

(c) iemand wat onbevoeg is om vir die Nasionale Vergadering te stem of ingevolge artikel 47(1)(c), (d) of (e) onbevoeg is om ʼn lid van die Vergadering te wees;

83

Hoofstuk 7: Plaaslike Regering

(d) � ʼn lid van die Nasionale Vergadering, ʼn afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies of ʼn lid van ʼn provinsiale wetgewer; maar hierdie onbevoegdheid geld nie vir ʼn lid van ʼn Munisipale Raad wat plaaslike regering in die Nasionale Raad verteenwoordig nie; of

(e) � ʼn lid van ʼn ander Munisipale Raad; maar hierdie onbevoegdheid geld nie vir ʼn lid van ʼn Munisipale Raad wat daardie Raad in ʼn ander Munisipale Raad van ʼn ander kategorie verteenwoordig nie.

(2) � Iemand wat ingevolge subartikel (1)(a), (b), (d) of (e) onbevoeg is om ʼn lid van ʼn Munisipale Raad te wees, kan ʼn kandidaat vir die Raad wees behoudens enige beperkings of voorwaardes deur nasionale wetgewing voorgeskryf.

(3) Vakatures in ʼn Munisipale Raad moet ooreenkomstig nasionale wetgewing gevul word. �

[Sub-a. (3) bygevoeg by a. 4 van die Vyftiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.] �

Termyne van Munisipale Rade 159. (1) Die termyn van ʼn Munisipale Raad is hoogstens vyf jaar, soos deur nasionale

wetgewing bepaal. (2) � Indien ʼn Munisipale Raad ingevolge nasionale wetgewing ontbind word, of

wanneer sy termyn verstryk, moet ʼn verkiesing gehou word binne 90 dae vanaf die datum waarop die Raad ontbind is of sy termyn verstryk het.

(3) � ʼn Munisipale Raad, uitgesonderd ʼn Raad wat ontbind is na ʼn ingryping ingevolge artikel 139, bly bevoeg om te funksioneer vanaf sy ontbinding of die verstryking van sy termyn totdat die nuut verkose Raad verkose verklaar is.

[A. 159 vervang by a. 1 van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.]

Interne prosedures 160. (1) � ‘n Munisipale Raad–

(a) � neem besluite oor die uitoefening van al die bevoegdhede en die verrigting van al die funksies van die munisipaliteit;

(b) � moet sy voorsitter verkies; (c) � kan ʼn uitvoerende komitee en ander komitees verkies, behoudens nasionale

wetgewing; en

84

Hoofstuk 7: Plaaslike Regering

(d) kan personeel in diens neem wat vir die doeltreffende verrigting van sy funksies nodig is.

(2) Die volgende funksies mag nie deur ʼn Munisipale Raad gedelegeer word nie: (a) Die aanname van verordeninge; (b) die goedkeuring van begrotings; (c) die oplegging van eiendomsbelasting en ander belastings, heffings en regte;

en (d) die verkryging van lenings.

(3) (a) ‘n Meerderheid van die lede van ʼn Munisipale Raad moet teenwoordig wees voordat daar oor enige aangeleentheid gestem kan word.

(b) Alle vrae oor aangeleenthede in subartikel (2) vermeld, word beslis by wyse van ʼn besluit deur ʼn Munisipale Raad met ʼn ondersteunende stem van ʼn meerderheid van sy lede geneem.

(c) Alle ander vrae voor ʼn Munisipale Raad word beslis deur ʼn meerderheid van die stemme wat uitgebring word.

(4) Geen verordening mag deur ʼn Munisipale Raad aangeneem word nie tensy– (a) daar aan al die lede van die Raad redelike kennis gegee is; en (b) die voorgestelde verordening vir openbare kommentaar gepubliseer is.

(5) Nasionale wetgewing kan voorsiening maak vir maatstawwe om– (a) die grootte van ʼn Munisipale Raad te bepaal; (b) te bepaal of Munisipale Rade ʼn uitvoerende komitee of enige ander komitee

kan verkies; of (c) die grootte van die uitvoerende komitee of enige ander komitee van ʼn

Munisipale Raad te bepaal. (6) ‘n Munisipale Raad kan verordeninge uitvaardig wat reëls en orders voorskryf vir–

(a) sy interne reëlings; (b) sy werksaamhede en verrigtinge; en (c) die instelling, samestelling, prosedures, bevoegdhede en funksies van sy

komitees. (7) ‘n Munisipale Raad moet sy funksies op ʼn oop wyse verrig, en kan sy sittings of

dié van sy komitees sluit slegs wanneer dit, met inagneming van die aard van die werksaamhede wat verrig word, redelik is om dit te doen.

(8) Lede van ʼn Munisipale Raad is daarop geregtig om aan die Raad se verrigtinge en dié van sy komitees deel te neem op ʼn wyse wat–

85

Hoofstuk 7: Plaaslike Regering

(a) � dit moontlik maak dat partye en belange wat in die Raad weerspieël word, billik verteenwoordig word;

(b) � met die demokrasie bestaanbaar is; en (c) � deur nasionale wetgewing gereël kan word.

Voorreg 161. � Provinsiale wetgewing kan binne die raamwerk van nasionale wetgewing voorsiening

maak vir voorregte en immuniteite van Munisipale Rade en hul lede.

Publikasie van munisipale verordeninge 162. (1) ‘n Munisipale verordening kan toegepas word slegs nadat dit in die offisiële koerant

van die betrokke provinsie gepubliseer is. (2) � ʼn Provinsiale offisiële koerant moet ʼn munisipale verordening op versoek van die

munisipaliteit publiseer. (3) � Munisipale verordeninge moet vir die publiek toeganklik wees.

Georganiseerde plaaslike regering 163. ‘n Parlementswet verorden ooreenkomstig die prosedure deur artikel 76 voorgeskryf,

moet– (a) � voorsiening maak vir die erkenning van nasionale en provinsiale organisasies

wat munisipaliteite verteenwoordig; en (b) � die prosedures bepaal waarvolgens plaaslike regering–

(i) � met die nasionale of ʼn provinsiale regering oorleg kan pleeg; (ii) � verteenwoordigers kan aanwys om aan die Nasionale Raad van

Provinsies deel te neem; en (iii) � kan deelneem aan die proses voorgeskryf deur die nasionale wetgewing

in artikel 221(1)(c) beoog. � [Par. (b) vervang by a. 4 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.] �

Ander aangeleenthede 164. � Enige aangeleentheid rakende plaaslike regering waarmee nie in die Grondwet gehandel

word nie, kan deur nasionale wetgewing, of deur provinsiale wetgewing binne die raamwerk van nasionale wetgewing, voorgeskryf word.

86

Hoofstuk 8: Howe en Regspleging

hOOFSTUK 8 hOWe en ReGSpleGinG

Regsprekende gesag 165. (1) Die regsprekende gesag van die Republiek berus by die howe.

(2) Die howe is onafhanklik en onderworpe slegs aan die Grondwet en die reg, wat hulle onpartydig en sonder vrees, begunstiging of vooroordeel moet toepas.

(3) Geen persoon of staatsorgaan mag op die funksionering van die howe inbreuk maak nie.

(4) Staatsorgane moet die howe deur middel van wetgewende en ander maatreëls bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid, toeganklikheid en doeltreffendheid van die howe te verseker.

(5) ʼn Bevel of beslissing deur ʼn hof uitgereik, bind alle persone op wie en staatsorgane waarop dit van toepassing is.

(6) Die Hoofregter is die hoof van die regbank en oefen verantwoordelikheid uit oor die vestiging van en monitering van norme en standaarde vir die verrigting van die regterlike funksies van alle howe.

[Sub-a. (6) bygevoeg deur a. 1 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

Regstelsel 166. Die howe is–

(a) die Konstitusionele Hof; (b) die Hoogste Hof van Appèl; (c) die Hooggeregshof van Suid-Afrika, en enige hoë hof van appèl wat ingevolge

ʼn Parlementswet ingestel word om appèlle vanaf enige hof met ʼn status soortgelyk aan die Hooggeregshof van Suid-Afrika aan te hoor;

(d) die landdroshowe; en (e) enige ander hof ingevolge ʼn Parlementswet ingestel of erken, met inbegrip

van ʼn hof met ʼn status soortgelyk aan dié van hetsy die Hooggeregshof van Suid-Afrika hetsy die landdroshowe.

[A. 166 vervang deur a. 2 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

87

Hoofstuk 8: Howe en Regspleging

Konstitusionele Hof 167. (1) Die Konstitusionele Hof bestaan uit die Hoofregter van Suid-Afrika, die

Adjunkhoofregter en nege ander regters. � [Sub-a. (1) vervang by a. 11 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.] �

(2) � ʼn Aangeleentheid voor die Konstitusionele Hof moet deur minstens agt regters verhoor word.

(3) � Die Konstitusionele Hof– (a) � is die hoogste hof van die Republiek; (b) � kan beslis oor–

(i) � grondwetlike aangeleenthede; en (ii) � enige ander aangeleentheid, indien die Konstitusionele hof verlof om

appèl toestaan op die gronde dat die aangeleentheid ʼn debatteerbare regspunt van algemene openbare belang na vore bring wat deur daardie Hof oorweeg behoort te word; en

(c) � gee die finale beslissing oor die vraag of ʼn aangeleentheid binne sy regsgebied val.

[Sub-a (3) vervang deur a. 3 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

(4) � Slegs die Konstitusionele Hof kan– (a) � beslis oor geskille tussen staatsorgane in die nasionale of provinsiale sfeer

betreffende die grondwetlike status, bevoegdhede of funksies van enige van daardie staatsorgane;

(b) � beslis oor die grondwetlikheid van enige parlementêre of provinsiale Wetsontwerp, maar kan dit slegs doen in die omstandighede wat in artikel 79 of 121 beoog word;

(c) � beslis oor aansoeke wat in artikel 80 of 122 beoog word; (d) � beslis oor die grondwetlikheid van enige wysiging van die Grondwet; (e) � beslis dat die Parlement of die President in gebreke gebly het om ʼn

grondwetlike verpligting na te kom; of (f) � ʼn provinsiale grondwet ingevolge artikel 144 sertifiseer.

(5) � Die Konstitusionele Hof vel die finale beslissing oor die vraag of ʼn Parlementswet, ʼn provinsiale Wet of optrede van die President grondwetlik is, en geen bevel van ongeldigheid wat deur die Hoogste Hof van Appèl, die Hooggeregshof van Suid- Afrika of ʼn hof met soortgelyke status gegee is, is van krag voordat daardie bevel deur die Konstitusionele Hof bevestig is nie.

[Sub-a (5) vervang deur a. 3 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

88

Hoofstuk 8: Howe en Regspleging

(6) Nasionale wetgewing of die reëls van die Konstitusionele Hof moet ʼn persoon toelaat om, wanneer dit in die belang van geregtigheid is en met verlof van die Konstitusionele Hof– (a) ʼn aangeleentheid regstreeks by die Konstitusionele Hof aanhangig te maak; of (b) regstreeks vanaf enige ander hof na die Konstitusionele Hof te appelleer.

(7) ‘n Grondwetlike aangeleentheid sluit enige kwessie in waarby die uitleg, beskerming of afdwinging van die Grondwet betrokke is.

Hoogste Hof van Appèl 168. (1) Die Hoogste Hof van Appèl bestaan uit ʼn President, ʼn Adjunkpresident en die getal

appèlregters wat ingevolge ʼn Parlementswet bepaal word. [Sub-a. (1) vervang by a. 12 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(2) ʼn Aangeleentheid voor die Hoogste Hof van Appèl moet beslis word deur die getal regters wat ingevolge ʼn Parlementswet bepaal word.

[Sub-a. (2) vervang by a. 12 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(3) (a) Die Hoogste Hof van Appèl kan appèlle beslis in enige aangeleentheid voortspruitend vanuit die Hooggeregshof van Suid-Afrika of ʼn hof met ʼn soortgelyke status as die Hooggeregshof van Suid-Afrika, buiten ten opsigte van arbeids- of mededingingsaangleenthede in die mate deur ʼn Parlementswet bepaal.

(b) Die Hoogste Hof van Appèl kan slegs beslis oor- (i) appèlle; (ii) kwessies wat met appèlle in verband staan; en (iii) enige ander aangeleentheid wat na hom verwys mag word in

omstandighede wat deur ʼn Parlementswet omskryf is. [Sub-a (3) vervang deur a. 4 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

Hooggeregshof van Suid-Afrika 169. (1) Die Hooggeregshof van Suid-Afrika kan-

(a) enige grondwetlike aangeleentheid beslis, uitgesonderd ʼn aangeleentheid wat- (i) die Konstitusionele Hof ingevolge artikel 167(6)(a) ingestem het om

regstreeks aan te hoor; of

89

Hoofstuk 8: Howe en Regspleging

(ii) � deur ʼn Parlementswet opgedra is aan ʼn ander hof met ʼn status soortgelyk aan dié van die Hooggeregshof van Suid-Afrika; en

(b) � enige ander aangeleentheid beslis wat nie deur ʼn Parlementswet aan ʼn ander hof opgedra is nie.

(2) � Die Hooggeregshof van Suid-Afrika bestaan uit die afdelings bepaal deur ʼn Parlementswet, welke Wet voorsiening moet maak vir- (a) � die instelling van afdelings, met een of meer setels in ʼn afdeling; en (b) � die toewysing van regsbevoegdheid aan ʼn afdeling of ʼn setel binne ʼn afdeling.

(3) � Elke afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika- (a) � het ʼn Regter-president; (b) � kan een of meer adjunkregters-president hê; en (c) � het die getal ander regters ingevolge nasionale wetgewing bepaal.

[A. 169 vervang deur a. 5 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

Ander howe 170. � Alle howe buiten dié in artikels 167, 168 en 169 bedoel kan enige aangeleentheid beslis

wat deur ʼn Parlementswet bepaal word, maar ʼn hof met ʼn laer status as die Hooggeregshof van Suid-Afrika mag nie ondersoek instel na of beslis oor die grondwetlikheid van enige wetgewing of enige optrede van die President nie. [A. 170 vervang deur a. 6 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

Hofprosedures 171. � Alle howe funksioneer ingevolge nasionale wetgewing, en daar moet ingevolge nasionale

wetgewing vir hulle reëls en prosedures voorsiening gemaak word.

Bevoegdhede van howe in grondwetlike aangeleenthede 172. (1) Wanneer ʼn hof ʼn grondwetlike aangeleentheid binne sy bevoegdheid beslis–

(a) � moet die hof verklaar dat enige regsvoorskrif of optrede wat met die Grondwet onbestaanbaar is, ongeldig is in die mate waarin dit onbestaanbaar is; en

(b) � kan die hof enige bevel gee wat regverdig en billik is, met inbegrip van– (i) � ‘n bevel wat die terugwerkendheid van die ongeldigverklaring beperk;

en (ii) � ʼn bevel wat die ongeldigverklaring vir enige tydperk en op enige

voorwaardes opskort ten einde die bevoegde gesag toe te laat om die gebrek reg te stel.

90

Hoofstuk 8: Howe en Regspleging

(2) (a) Die Hoogste Hof van Appèl, die Hooggeregshof van Suid-Afrika of ʼn hof met soortgelyke status kan ʼn bevel gee oor die grondwetlike geldigheid van ʼn Parlementswet, ʼn provinsiale Wet of enige optrede van die President, maar ʼn bevel van grondwetlike ongeldigheid is nie van krag tensy dit deur die Konstitusionele Hof bevestig word nie.

[Par (a) vervang deur a. 7 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

(b) ʼn Hof wat ʼn bevel van grondwetlike ongeldigheid gee, kan ʼn tydelike interdik of ander tydelike verligting aan ʼn party verleen, of kan die verrigtinge verdaag, hangende ʼn beslissing van die Konstitusionele Hof oor die geldigheid van genoemde Wet of optrede.

(c) Nasionale wetgewing moet voorsiening maak vir die verwysing van ʼn bevel van grondwetlike ongeldigheid na die Konstitusionele Hof.

(d) Enige persoon of staatsorgaan met ʼn voldoende belang kan regstreeks appelleer na, of regstreeks aansoek doen by, die Konstitusionele Hof om ʼn bevel van grondwetlike ongeldigheid deur ʼn hof ingevolge hierdie subartikel, te bevestig of te verander.

Inherente bevoegdheid 173. Die Konstitusionele Hof, die Hoogste Hof van Appèl en die Hooggeregshof van Suid-Afrika

het elk die inherente bevoegdheid om, met inagneming van die belang van geregtigheid, hul eie proses te beskerm en te reël en die gemene reg te ontwikkel. [A. 173 vervang deur a. 8 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

Aanstelling van regterlike beamptes 174. (1) Enige toepaslik gekwalifiseerde vrou of man wat ʼn geskikte en gepaste persoon is,

kan as ʼn regterlike beampte aangestel word. Iemand wat in die Konstitusionele Hof aangestel staan te word moet daarbenewens ʼn Suid-Afrikaanse burger wees.

(2) Die behoefte dat die regbank in die breë die rasse- en geslagsamestelling van Suid- Afrika weerspieël, moet in aanmerking geneem word wanneer regterlike beamptes aangestel word.

(3) Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag stel, na oorleg met die Regterlike Dienskommissie en die leiers van partye wat in die Nasionale Vergadering verteenwoordig is, die Hoofregter en Adjunkhoofregter aan en, na oorleg met die Regterlike Dienskommissie, die President en Adjunkpresident van die Hoogste Hof van Appèl aan.

91

Hoofstuk 8: Howe en Regspleging

[Sub-a. (3) vervang by a. 13 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(4) � Die ander regters van die Konstitusionele Hof word deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, na oorleg met die Hoofregter en die leiers van partye wat in die Nasionale Vergadering verteenwoordig is, ooreenkomstig die volgende prosedure aangestel: (a) � Die Regterlike Dienskommissie moet ʼn lys van benoemdes opstel met drie

name meer as die getal aanstellings wat gedoen moet word, en die lys aan die President voorlê.

(b) � Die President kan aanstellings uit die lys doen, en moet die Regterlike Dienskommissie in kennis stel, met vermelding van redes, indien enige van die benoemdes onaanvaarbaar is en enige aanstelling nog gedoen moet word.

(c) � Die Regterlike Dienskommissie moet die lys met verdere benoemdes aanvul en die President moet die oorblywende aanstellings uit die aangevulde lys doen.

[Sub-a. (4) vervang by a. 13 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(5) � Te alle tye moet minstens vier lede van die Konstitusionele Hof persone wees wat regters was op die tydstip waarop hulle in die Konstitusionele Hof aangestel is.

(6) � Die President moet die regters van alle ander howe op advies van die Regterlike Dienskommissie aanstel.

(7) � Ander regterlike beamptes word aangestel ingevolge ʼn Parlementswet, wat moet verseker dat die aanstelling, bevordering, oorplasing of ontslag van, of tugstappe teen, hierdie regterlike beamptes sonder begunstiging of vooroordeel geskied.

(8) � Voordat regterlike beamptes begin om hulle funksies te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 ʼn eed of plegtige verklaring aflê dat hulle die Grondwet sal handhaaf en beskerm.

Aanstelling van waarnemende regters 175. (1) Die President kan ʼn vrou of ʼn man aanstel om as ʼn waarnemende Adjunkhoofregter

of regter in die Konstitusionele Hof te dien indien daar ʼn vakature is of indien die persoon wat sodanige amp beklee, afwesig is. Die aanstelling moet geskied op aanbeveling van die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, handelende met die instemming van die Hoofregter, en ʼn aanstelling as waarnemende Adjunkhoofregter moet uit die geledere van die regters wat ingevolge artikel 174(4) tot die Konstitusionele Hoof aangestel is, gedoen word.

[Sub-a. (1) vervang by a. 14 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001 en vervang deur a. 9 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

92

Hoofstuk 8: Howe en Regspleging

(2) Die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, moet waarnemende regters in ander howe aanstel na oorleg met die senior regter van die hof waarin die waarnemende regter sal dien.

Ampstermyne en vergoeding 176. (1) ‘n Regter van die Konstitusionele Hof beklee die amp vir ʼn nieherhaalbare termyn

van 12 jaar of totdat hy of sy die ouderdom van 70 jaar bereik, watter ook al eerste plaasvind, behalwe waar ʼn Parlementswet die ampstermyn van ʼn regter van die Konstitusionele Hof verleng.

[Sub-a. (1) vervang by a. 15 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(2) Ander regters beklee die amp totdat hulle ingevolge ʼn Parlementswet van aktiewe diens onthef word.

(3) Die salarisse, toelaes en voordele van regters mag nie verminder word nie.

Ontheffing 177. (1) ‘n Regter kan van die amp onthef word slegs indien–

(a) die Regterlike Dienskommissie bevind dat die regter aan ʼn onvermoë ly, uitermate onbevoeg is of aan growwe wangedrag skuldig is; en

(b) die Nasionale Vergadering die ontheffing van daardie regter aanvra by ʼn besluit aangeneem met ʼn ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die Vergadering.

(2) Die President moet ʼn regter van die amp onthef indien ʼn besluit aangeneem word waarin die ontslag van daardie regter aangevra word.

(3) Die President kan op advies van die Regterlike Dienskommissie ʼn regter skors wat die onderwerp is van verrigtinge ingevolge subartikel (1).

Regterlike Dienskommissie 178. (1) Daar is ʼn Regterlike Dienskommissie wat bestaan uit –

(a) die Hoofregter, wat op vergaderings van die Kommissie voorsit;

(b) die President van die Hoogste Hof van Appèl; [Par. (b) vervang by a. 16(a) van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(c) een Regter-president deur die Regters-president aangewys; (d) die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, of ʼn plaasvervanger

deur daardie Kabinetslid aangewys;

93

Hoofstuk 8: Howe en Regspleging

(e) � twee praktiserende advokate uit die geledere van die advokateprofessie benoem om die professie as geheel te verteenwoordig, en deur die President aangestel;

(f) � twee praktiserende prokureurs uit die geledere van die prokureursprofessie benoem om die professie as geheel te verteenwoordig, en deur die President aangestel;

(g) � een dosent in die regte deur regsdosente aan Suid-Afrikaanse universiteite aangewys;

(h) � ses persone deur die Nasionale Vergadering uit sy geledere aangewys, van wie minstens drie lede moet wees van opposisiepartye wat in die Vergadering verteenwoordig is;

(i) � vier vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies as ʼn groep deur die Raad aangewys by ʼn besluit aangeneem met ʼn ondersteunende stem van minstens ses provinsies;

(j) � vier persone aangewys deur die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, na oorleg met die leiers van al die partye in die Nasionale Vergadering; en

(k) � wanneer aangeleenthede oorweeg word wat op ʼn spesifieke Afdeling van de Hooggeregshof van Suid-Afrika betrekking het, die Regter-president van daardie Afdeling en die Premier van die betrokke provinsie, of ʼn plaasvervanger deur elk van hulle aangewys.

[Par. (k) vervang by a. 2 van die “Constitution Second Amendment Act of 1998” en by a. 16(b) van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001 en deur a. 10 van die Sewentiende Wysigingswet op die Grondwet van 2012.]

(2) � Indien die getal persone wat ingevolge subartikel (1)(e) of (f) uit die geledere van die advokate- of prokureursprofessie benoem is, gelyk is aan die getal vakatures wat gevul moet word, moet die President hulle aanstel. Indien die getal persone wat benoem is meer is as die getal vakatures wat gevul moet word, moet die President, na oorleg met die betrokke professie, genoeg van die benoemdes aanstel om die vakatures te vul, met inagneming van die behoefte om te verseker dat diegene wat aangestel word die professie as geheel verteenwoordig.

(3) � Lede van die Kommissie deur die Nasionale Raad van Provinsies aangewys, dien totdat hulle as ʼn groep vervang word of totdat ʼn vakature in hulle geledere ontstaan. Ander lede wat in die Kommissie aangewys of benoem is, dien totdat hulle vervang word deur diegene wat hulle aangewys of benoem het.

94

Hoofstuk 8: Howe en Regspleging

(4) Die Regterlike Dienskommissie het die bevoegdhede en funksies in die Grondwet en nasionale wetgewing aan hom opgedra.

(5) Die Regterlike Dienskommissie kan die nasionale regering oor enige aangeleentheid met betrekking tot die regbank of die regspleging adviseer, maar wanneer hy enige aangeleentheid behalwe die aanstelling van ʼn regter oorweeg, moet hy sonder die lede wat ingevolge subartikel (1)(h)en (i) aangewys is, vergader.

(6) Die Regterlike Dienskommissie kan sy eie prosedure bepaal, maar besluite van die Kommissie moet deur ʼn meerderheid van sy lede gesteun word.

(7) Indien die Hoofregter of die President van die Hoogste Hof van Appèl tydelik nie in staat is om op die Kommissie te dien nie, neem die Adjunkhoofregter of die Adjunkpresident van die Hoogste Hof van Appèl, na gelang van die geval, as sy of haar plaasvervanger op die Kommissie waar.

[Sub-a. (7) bygevoeg by a. 2(b) van die “Constitution Second Amendment Act of 1998” en vervang by a. 16(c) van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(8) Die President en die persone wat die lede van die Kommissie ingevolge subartikel (1)(c), (e), (f) en (g) aanstel, benoem of aanwys, kan op dieselfde wyse ʼn plaasvervanger vir elk van daardie lede aanstel, benoem of aanwys om in die Kommissie te dien wanneer ook al die betrokke lid tydelik nie in staat is om dit te doen nie as gevolg van sy of haar onvermoë of afwesigheid uit die Republiek of om enige ander toereikende rede.

[Sub-a. (8) bygevoeg by a. 2(b) van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.]

Vervolgingsgesag 179. (1) Daar is ʼn enkele nasionale vervolgingsgesag in die Republiek, wat ingevolge ʼn

Parlementswet saamgestel is en wat bestaan uit– (a) ‘n Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, wat die hoof van die

vervolgingsgesag is en deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, aangestel word; en

(b) Direkteure van Openbare Vervolgings en aanklaers soos deur ʼn Parlementswet bepaal.

(2) Die vervolgingsgesag het die bevoegdheid om strafregtelike verrigtinge namens die staat in te stel en om enige funksies te verrig wat in verband met die instel van strafregtelike verrigtinge nodig is.

(3) Nasionale wetgewing moet verseker dat die Direkteure van Openbare Vervolgings –

95

Hoofstuk 8: Howe en Regspleging

(a) � paslik gekwalifiseerd is; en (b) � verantwoordelik is vir vervolgings in spesifieke jurisdiksies, behoudens

subartikel (5). (4) � Nasionale wetgewing moet verseker dat die vervolgingsgesag sy funksies sonder

vrees, begunstiging of vooroordeel verrig. (5) � Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings–

(a) � moet met die instemming van die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is en na oorleg met die Direkteure van Openbare Vervolgings die vervolgingsbeleid bepaal wat in die vervolgingsproses nagekom moet word;

(b) � moet beleidsvoorskrifte uitreik wat in die vervolgingsproses nagekom moet word;

(c) � kan in die vervolgingsproses ingryp wanneer beleidsvoorskrifte nie nagekom word nie; en

(d) � kan ʼn besluit om te vervolg of nie te vervolg nie, hersien na oorleg met die betrokke Direkteur van Openbare Vervolgings en na ontvangs, binne ʼn tydperk deur die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings bepaal, van vertoë van die volgende: (i) � Die beskuldigde. (ii) � Die klaer. (iii) � Enige ander persoon of party wat deur die Nasionale Direkteur as

betrokke beskou word. (6) � Die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, oefen finale

verantwoordelikheid oor die vervolgingsgesag uit. (7) � Alle ander aangeleenthede betreffende die vervolgingsgesag moet deur nasionale

wetgewing bepaal word.

Ander aangeleenthede betreffende regspleging 180. Nasionale wetgewing kan voorsiening maak vir enige aangeleentheid betreffende die

regspleging waarmee nie in die Grondwet gehandel word nie met inbegrip van– (a) � opleidingsprogramme vir regterlike beamptes; (b) � prosedures vir die hantering van klagtes oor regterlike beamptes; en (c) � die deelname van ander persone as regterlike beamptes aan die beslissings

van howe.

96

Hoofstuk 9: Staatsinstellings ter ondersteuning van Grondwetlike Demokrasie

hOOFSTUK 9 STaaTSinSTellinGS TeR OndeRSTeuninG van GROndWeTlike

deMOkRaSie

Instelling en bepalende beginsels 181. (1) Die volgende staatsinstellings versterk die grondwetlike demokrasie in die

Republiek: (a) Die Openbare Beskermer. (b) Die Menseregtekommissie.

[Par. (b) gewysig by a. 4 van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.]

(c) Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe.

(d) Die Kommissie vir Geslagsgelykheid. (e) Die Ouditeur-generaal. (f) Die Verkiesingskommissie.

(2) Hierdie instellings is onafhanklik, en slegs aan die Grondwet en die reg onderworpe, en moet onpartydig wees en hul bevoegdhede en funksies sonder vrees, begunstiging of vooroordeel uitoefen en verrig.

(3) Ander staatsorgane moet hierdie instellings deur middel van wetgewende en ander maatreëls bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van hierdie instellings te verseker.

(4) Geen persoon of staatsorgaan mag op die funksionering van hierdie instellings inbreuk maak nie.

(5) Hierdie instellings is teenoor die Nasionale Vergadering verantwoordingspligtig, en moet minstens een keer per jaar oor hul bedrywighede en die verrigting van hul funksies aan die Vergadering verslag doen.

Openbare beskermer

Funksies van Openbare Beskermer 182. (1) Die Openbare Beskermer het die bevoegdheid, soos deur nasionale wetgewing

gereguleer–

97

Hoofstuk 9: Staatsinstellings ter ondersteuning van Grondwetlike Demokrasie

(a) � om ondersoek in te stel na enige optrede in staatsake, of in die openbare administrasie in enige regeringsfeer, wat, na beweer of vermoed word, onbehoorlik is of enige onbehoorlikheid of benadeling tot gevolg het;

(b) � om oor dié optrede verslag te doen; en (c) � om gepaste regstellende stappe te doen.

(2) � Die Openbare Beskermer het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

(3) � Die Openbare Beskermer mag nie hofbeslissings ondersoek nie. (4) � Die Openbare Beskermer moet vir alle persone en gemeenskappe toeganklik wees. (5) � Enige verslag deur die Openbare Beskermer uitgereik, moet vir die publiek

toeganklik wees, tensy buitengewone omstandighede wat ingevolge nasionale wetgewing bepaal moet word vereis dat ʼn verslag vertroulik gehou word.

Ampstermyn 183. Die Openbare Beskermer word vir ʼn nieherhaalbare termyn van sewe jaar aangestel.

Menseregtekommissie

Funksies van Menseregtekommissie 184. (1) Die Menseregtekommissie moet–

(a) � respek vir menseregte en ʼn kultuur van menseregte bevorder; (b) � die beskerming, ontwikkeling en verwesenliking van menseregte bevorder; en (c) � die handhawing van menseregte in die Republiek monitor en die stand

daarvan bepaal. (2) � Die Menseregtekommissie het die bevoegdhede, soos deur nasionale wetgewing

gereguleer, wat nodig is om sy funksies te verrig, met inbegrip van die bevoegdheid– (a) � om ondersoek in te stel na en verslag te doen oor die handhawing van

menseregte; (b) � om stappe te doen ten einde gepaste herstel te verseker waar menseregte

geskend is; (c) � om navorsing te doen; en (d) � om op te voed.

98

Hoofstuk 9: Staatsinstellings ter ondersteuning van Grondwetlike Demokrasie

(3) Die Menseregtekommissie moet jaarliks van enige betrokke staatsorgane vereis om die Kommissie te voorsien van inligting oor die maatreëls wat hulle getref het ter verwesenliking van die regte in die Handves van Regte betreffende behuising, gesondheidsorg, voedsel, water, maatskaplike sekerheid, die onderwys en die omgewing.

(4) Die Menseregtekommissie het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

[A. 184 gewysig by a. 4 van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.]

kommissie vir die bevordering en beskerming van die Regte van kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe

Funksies van Kommissie 185. (1) Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-,

Godsdiens- en Taalgemeenskappe het die volgende hoofoogmerke: (a) Om respek te bevorder vir die regte van kultuur-, godsdiens- en

taalgemeenskappe; (b) om vrede, vriendskap, menslikheid, verdraagsaamheid en nasionale eenheid

onder kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe op die grondslag van gelykheid, niediskriminasie en vrye assosiasie te bevorder en te ontwikkel; en

(c) om die instelling of erkenning, ooreenkomstig nasionale wetgewing, van ʼn kultuur- of ander raad of rade vir ʼn gemeenskap of gemeenskappe in Suid- Afrika aan te beveel.

(2) Die Kommissie het die bevoegdheid, soos deur nasionale wetgewing gereguleer, wat nodig is om sy hoofoogmerke te bereik, met inbegrip van die bevoegdheid om kwessies betreffende die regte van kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe te monitor, te ondersoek, na te vors, opvoeding daaroor te voorsien, steun daarvoor te werf, daaroor te adviseer en verslag daaroor te doen.

(3) Die Kommissie kan enige aangeleentheid wat binne sy bevoegdhede en funksies val aan die Menseregtekommissie vir ondersoek rapporteer.

[Sub-a. (3) gewysig by a. 4 van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.]

(4) Die Kommissie het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

99

Hoofstuk 9: Staatsinstellings ter ondersteuning van Grondwetlike Demokrasie

Samestelling van Kommissie 186. (1) Die getal lede van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte

van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe en hul aanstelling en ampstermyne moet deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

(2) � Die samestelling van die Kommissie moet– (a) � in die breë verteenwoordigend wees van die vernaamste kultuur-, godsdiens-

en taalgemeenskappe in Suid-Afrika; en (b) � in die breë die geslagsamestelling van Suid-Afrika weerspieël.

kommissie vir Geslagsgelykheid

Funksies van Kommissie vir Geslagsgelykheid 187. (1) Die Kommissie vir Geslagsgelykheid moet respek vir geslagsgelykheid en die

beskerming, ontwikkeling en verwesenliking van geslagsgelykheid bevorder. (2) � Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het die bevoegdheid, soos deur nasionale

wetgewing gereguleer, wat nodig is om sy funksies te verrig, met inbegrip van die bevoegdheid om aangeleenthede betreffende geslagsgelykheid te monitor, te ondersoek, na te vors, opvoeding daaroor te voorsien, steun daarvoor te werf, daaroor te adviseer en verslag daaroor te doen.

(3) � Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

Ouditeur-generaal

Werksaamhede van Ouditeur-generaal 188. (1) Die Ouditeur-generaal moet die rekenings, finansiële state en finansiële bestuur van

die volgende instellings en instansies ouditeer en daaroor verslag doen: (a) � Alle nasionale en provinsiale staatsdepartemente en -administrasies; (b) � alle munisipaliteite; en (c) � enige ander instelling of rekenpligtige instansie wat ingevolge nasionale of

provinsiale wetgewing deur die Ouditeur-generaal geouditeer moet word. (2) � Benewens die pligte in subartikel (1) voorgeskryf, en behoudens enige wetgewing,

kan die Ouditeur-generaal die rekenings, finansiële state en finansiële bestuur van enige van die volgende instellings ouditeer en daaroor verslag doen:

100

Hoofstuk 9: Staatsinstellings ter ondersteuning van Grondwetlike Demokrasie

(a) Enige instelling wat uit die Nasionale Inkomstefonds of ʼn Provinsiale Inkomstefonds of deur ʼn munisipaliteit gefinansier word; of

(b) enige instelling wat ingevolge enige wet gemagtig is om geld vir ʼn openbare doel te ontvang.

(3) Die Ouditeur-generaal moet ouditverslae voorlê aan enige wetgewer wat ʼn regstreekse belang in die oudit het, en aan enige ander gesag wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word. Alle verslae moet openbaar gemaak word.

(4) Die Ouditeur-generaal het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

Ampstermyn 189. Die Ouditeur-generaal word vir ʼn vaste, nieherhaalbare termyn van tussen vyf en tien jaar

aangestel. verkiesingskommissie

Funksies van Verkiesingskommissie 190. (1) Die Verkiesingskommissie moet–

(a) verkiesings van nasionale, provinsiale en munisipale wetgewende liggame ooreenkomstig nasionale wetgewing bestuur;

(b) toesien dat die verkiesings vry en regverdig is; en (c) die uitslae van dié verkiesings bekend maak binne ʼn tydperk wat deur

nasionale wetgewing voorgeskryf moet word en so kort as redelikerwys moontlik moet wees.

(2) Die Verkiesingskommissie het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

Samestelling van Verkiesingskommissie 191. Die Verkiesingskommissie bestaan uit minstens drie persone. Die getal lede en hul

ampstermyne moet deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.

101

Hoofstuk 9: Staatsinstellings ter ondersteuning van Grondwetlike Demokrasie

Onafhanklike Owerheid om die uitsaaiwese te Reguleer

Uitsaai-owerheid 192. � ‘n Onafhanklike owerheid moet deur nasionale wetgewing ingestel word om die

uitsaaiwese in die openbare belang te reguleer en om toe te sien dat regverdigheid geskied en ʼn verskeidenheid van sienswyses aangebied word wat in die breë verteenwoordigend van die Suid-Afrikaanse samelewing is.

algemene bepalings

Aanstellings 193. (1) Die Openbare Beskermer en die lede van enige Kommissie deur hierdie Hoofstuk

ingestel, moet vroue of mans wees wat– (a) Suid-Afrikaanse burgers is; (b) geskikte en gepaste persone is om die bepaalde amp te beklee; en (c) voldoen aan enige ander vereistes wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf

word. (2) Die behoefte dat ʼn Kommissie wat deur hierdie Hoofstuk ingestel word, in die

breë die rasse- en geslagsamestelling van Suid-Afrika weerspieël, moet by die aanstelling van lede in aanmerking geneem word.

(3) Die Ouditeur-generaal moet ʼn vrou of ʼn man wees wat ʼn Suid-Afrikaanse burger en ʼn geskikte en gepaste persoon is om die amp te beklee. By die aanstelling van die Ouditeur-generaal moet gespesialiseerde kennis of ervaring van ouditering, staatsfinansies en die openbare administrasie behoorlik in aanmerking geneem word.

(4) Die President moet die Openbare Beskermer, die Ouditeur-generaal en die lede van– (a) die Menseregtekommissie; (b) die Kommissie vir Geslagsgelykheid; en (c) die Verkiesingskommissie, op aanbeveling van die Nasionale Vergadering

aanstel. (5) Die Nasionale Vergadering moet persone aanbeveel wat–

(a) benoem is deur ʼn komitee van die Vergadering wat proporsioneel saamgestel is uit lede van alle partye wat in die Vergadering verteenwoordig is; en

102

Hoofstuk 9: Staatsinstellings ter ondersteuning van Grondwetlike Demokrasie

(b) deur die Vergadering goedgekeur is by ʼn besluit aangeneem met ʼn ondersteunende stem van– (i) minstens 60 persent van die lede van die Vergadering, indien die

aanbeveling betrekking het op die aanstelling van die Openbare Beskermer of die Ouditeur-generaal; of

(ii) ʼn meerderheid van die lede van die Vergadering, indien die aanbeveling betrekking het op die aanstelling van ʼn lid van ʼn Kommissie.

(6) Daar kan vir die betrokkenheid van die burgerlike gemeenskap in die aanbevelingsproses voorsiening gemaak word soos in artikel 59(1)(a) beoog.

Ampsontheffing 194. (1) Die Openbare Beskermer, die Ouditeur-generaal of ʼn lid van ʼn Kommissie deur

hierdie Hoofstuk ingestel, kan van die amp onthef word slegs op grond van– (a) wangedrag, onvermoë of onbekwaamheid; (b) ʼn bevinding te dien effekte deur ʼn komitee van die Nasionale Vergadering; en (c) ʼn besluit van die Vergadering waarin gevra word dat die persoon van die amp

onthef word. (2) ‘n Besluit van die Nasionale Vergadering oor die ampsontheffing van–

(a) die Openbare Beskermer of die Ouditeur-generaal moet aangeneem word met ʼn ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die Vergadering; of

(b) ʼn lid van ʼn Kommissie moet aangeneem word met ʼn ondersteunende stem van ʼn meerderheid van die lede van die Vergadering.

(3) Die President– (a) kan te eniger tyd na die aanvang van die verrigtinge van ʼn Komitee van die

Nasionale Vergadering vir die ontheffing van ʼn persoon daardie persoon in die amp skors; en

(b) moet ʼn persoon van die amp onthef by aanname deur die Vergadering van die besluit waarin gevra word dat dié persoon van die amp onthef word.

103

Hoofstuk 10: Openbare Administrasie

hOOFSTUK 10 OpenbaRe adMiniSTRaSie

Basiese waardes en beginsels wat openbare administrasie beheers 195. (1) Openbare administrasie word beheers deur die demokratiese waardes en beginsels

wat in die Grondwet verskans is, met inbegrip van die volgende beginsels: (a) � ‘n Hoë standaard van beroepsetiek moet bevorder en gehandhaaf word. (b) � Die doelmatige, ekonomiese en doeltreffende aanwending van hulpbronne

moet bevorder word. (c) � Openbare administrasie moet ontwikkelingsgerig wees. (d) � Dienste moet onpartydig, regverdig, op billike grondslag en sonder

vooroordeel gelewer word. (e) � Aandag moet aan mense se behoeftes gegee word, en die publiek moet

aangemoedig word om aan beleidsvorming deel te neem. (f) � Openbare administrasie moet verantwoordingspligtig wees. (g) � Deursigtigheid moet bevorder word deur die publiek van tydige, toeganklike

en korrekte inligting te voorsien. (h) � Goeie praktyke van mensehulpbronbestuur en loopbaanontwikkeling moet

ontwikkel word om mensepotensiaal tot die maksimum te ontsluit. (i) � Openbare administrasie moet in die breë verteenwoordigend

wees van die Suid-Afrikaanse bevolking, met indiensnemings- en personeelbestuurspraktyke wat gebaseer is op vermoë, objektiwiteit, billikheid en die behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te stel ten einde breë verteenwoordiging te bewerkstellig.

(2) � Bogenoemde beginsels is van toepassing op– (a) � administrasie in elke regeringsfeer; (b) � staatsorgane; en (c) � openbare ondernemings.

(3) � Nasionale wetgewing moet die bevordering verseker van die waardes en beginsels wat in subartikel (1) vermeld word.

(4) � Die aanstelling in die openbare administrasie van ʼn aantal persone op grond van beleidsoorwegings word nie uitgesluit nie, maar nasionale wetgewing moet die aanstellings in die staatsdiens reguleer.

104

Hoofstuk 10: Openbare Administrasie

(5) Wetgewing wat die openbare administrasie reguleer kan ʼn onderskeid maak tussen verskillende sektore, administrasies of instellings.

(6) Die aard en funksies van verskillende sektore, administrasies of instellings van die openbare administrasie is tersaaklike faktore wat in aanmerking geneem moet word in wetgewing wat die openbare administrasie reël.

Staatsdienskommissie 196. (1) Daar is ʼn enkele Staatsdienskommissie vir die Republiek.

(2) Die Kommissie is onafhanklik en moet onpartydig wees, en moet sonder vrees, begunstiging of vooroordeel sy bevoegdhede uitoefen en sy funksies verrig in die belang van die handhawing van ʼn doeltreffende en bevoegde openbare administrasie en ʼn hoë standaard van beroepsetiek in die staatsdiens. Die Kommissie moet deur nasionale wetgewing gereguleer word.

(3) Ander staatsorgane moet deur middel van wetgewende en ander maatreëls die Kommissie bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van die Kommissie te verseker. Geen persoon of staatsorgaan mag op die funksionering van die Kommissie inbreuk maak nie.

(4) Die bevoegdhede en funksies van die Kommissie is om– (a) die waardes en beginsels wat in artikel 195 uiteengesit word, regdeur die

staatsdiens te bevorder; (b) die organisasie en administrasie, en die personeelpraktyke, van die staatsdiens

te ondersoek, te monitor en te evalueer; (c) maatreëls voor te stel om effektiewe en doelmatige werkverrigting in die

staatsdiens te verseker; (d) lasgewings uit te reik wat daarop gemik is om te verseker dat

personeelprosedures met betrekking tot werwing, oorplasing, bevordering en ontslag voldoen aan die waardes en beginsels in artikel 195 uiteengesit;

(e) verslag te doen ten opsigte van sy bedrywighede en die verrigting van sy funksies, met inbegrip van enige bevinding wat hy mag maak, lasgewings wat hy mag uitreik en advies wat hy mag gee, en om ʼn evaluering te verskaf van die mate waarin daar voldoen word aan die waardes en beginsels in artikel 195 uiteengesit;

(f) hetsy uit eie beweging hetsy na ontvangs van enige klagte–

105

Hoofstuk 10: Openbare Administrasie

(i) � die toepassing van personeel- en openbareadministrasie-praktyke te ondersoek en te evalueer, en aan die toepaslike uitvoerende gesag en wetgewer verslag te doen;

(ii) � ondersoek in te stel na griewe van werknemers in die staatsdiens oor amptelike handelinge of versuime, en gepaste regstellings aan te beveel;

(iii) � die nakoming van toepaslike prosedures in die staatsdiens te monitor en te ondersoek; en

(iv) � nasionale en provinsiale staatsorgane van advies te dien oor personeelpraktyke in die staatsdiens, met inbegrip van dié met betrekking tot die werwing, aanstelling, oorplasing, uitdienstreding en ander aspekte van die loopbane van werknemers in die staatsdiens; en

(g) die bykomende bevoegdhede uit te oefen of funksies te verrig wat deur ʼn Parlementswet voorgeskryf word.

[Par. (g) bygevoeg by a. 3 van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.]

(5) � Die Kommissie is teenoor die Nasionale Vergadering verantwoordingspligtig. (6) � Die Kommissie moet minstens een keer per jaar ingevolge subartikel (4)(e) verslag

doen– (a) � aan die Nasionale Vergadering; en (b) � ten opsigte van sy bedrywighede in ʼn provinsie, aan die wetgewer van daardie

provinsie. (7) � Die Kommissie het die volgende 14 kommissarisse wat deur die President aangestel

word: (a) � Vyf kommissarisse ooreenkomstig subartikel (8)(a) deur die Nasionale

Vergadering goedgekeur; en (b) � een kommissaris vir elke provinsie ooreenkomstig subartikel (8)(b) deur die

Premier van die provinsie benoem. (8) � (a) ‘n Kommissaris wat ingevolge subartikel (7)(a) aangestel word, moet–

(i) � aanbeveel word deur ʼn komitee van die Nasionale Vergadering wat proporsioneel saamgestel is uit lede van alle partye wat in die Vergadering verteenwoordig is; en

(ii) � deur die Vergadering goedgekeur word by ʼn besluit aangeneem met ʼn ondersteunende stem van ʼn meerderheid van die lede van die Vergadering.

106

Hoofstuk 10: Openbare Administrasie

(b) ‘n Kommissaris wat deur die Premier van ʼn provinsie benoem word, moet– (i) aanbeveel word deur ʼn komitee van die provinsiale wetgewer wat

proporsioneel saamgestel is uit lede van alle partye wat in die wetgewer verteenwoordig is; en

(ii) deur die wetgewer goedgekeur word by ʼn besluit aangeneem met ʼn ondersteunende stem van ʼn meerderheid van die lede van die wetgewer.

(9) Die prosedure vir die aanstelling van kommissarisse word deur ʼn Parlementswet gereguleer.

(10) ʼn Kommissaris word aangestel vir ʼn termyn van vyf jaar, wat vir slegs een addisionele termyn hernu kan word, en moet ʼn vrou of ʼn man wees wat– (a) ‘n Suid-Afrikaanse burger is; en (b) ʼn geskikte en gepaste persoon is met kennis of ervaring van administrasie,

bestuur of die verskaffing van openbare dienste. (11) ‘n Kommissaris kan van die amp onthef word slegs op grond van–

(a) wangedrag, onvermoë of onbevoegdheid; (b) ʼn bevinding te dien effekte deur ʼn komitee van die Nasionale Vergadering of, in

die geval van ʼn kommissaris wat deur die Premier van ʼn provinsie benoem is, deur ʼn komitee van die wetgewer van daardie provinsie; en

(c) ʼn besluit van die Vergadering of die betrokke provinsiale wetgewer wat aangeneem is met ʼn ondersteunende stem van ʼn meerderheid van sy lede en waarin gevra word dat die kommissaris van die amp onthef word.

(12) Die President moet die betrokke kommissaris van die amp onthef by– (a) aanname deur die Vergadering van ʼn besluit waarin gevra word dat daardie

kommissaris van die amp onthef word; of (b) skriftelike verwittiging deur die Premier dat die provinsiale wetgewer ʼn besluit

aangeneem het waarin gevra word dat daardie kommissaris van die amp onthef word.

(13) Kommissarisse in subartikel (7)(b) bedoel, kan die bevoegdhede en funksies van die Kommissie in hul provinsies uitoefen en verrig soos deur nasionale wetgewing voorgeskryf.

Staatsdiens 197. (1) Binne die openbare administrasie is daar ʼn staatsdiens vir die Republiek wat

ingevolge nasionale wetgewing moet funksioneer en gestruktureer moet word en wat die wettige beleide van die regering aan die bewind getrou moet uitvoer.

107

Hoofstuk 10: Openbare Administrasie

(2) � Die bedinge en voorwaardes van indiensneming in die staatsdiens moet deur nasionale wetgewing gereël word. Werknemers is geregtig op ʼn billike pensioen soos deur nasionale wetgewing gereël.

(3) � Geen werknemer van die staatsdiens mag begunstig of benadeel word slegs omdat die persoon ʼn bepaalde politieke party of saak steun nie.

(4) � Provinsiale regerings is verantwoordelik vir die werwing, aanstelling, bevordering, oorplasing en ontslag van lede van die staatsdiens in hul administrasies binne ʼn raamwerk van eenvormige norme en standaarde wat op die staatsdiens van toepassing is.

108

Hoofstuk 11: Veiligheidsdienste

hOOFSTUK 11 veiliGheidSdienSTe

Grondliggende beginsels 198. Nasionale veiligheid in die Republiek word deur die volgende beginsels beheers:

(a) Nasionale veiligheid moet die vasberadenheid weerspieël van Suid-Afrikaners, as individue en as nasie, om as gelykes te leef, in vrede en harmonie te leef, vry te wees van vrees en gebrek, en ʼn beter bestaan na te streef.

(b) Hierdie vasberadenheid om in vrede en harmonie te leef belet elke Suid- Afrikaanse burger om deel te neem aan gewapende stryd, nasionaal of internasionaal, behalwe waar ingevolge die Grondwet of nasionale wetgewing daarvoor voorsiening gemaak word.

(c) Nasionale veiligheid moet nagestreef word in ooreenstemming met die reg, met inbegrip van die volkereg.

(d) Nasionale veiligheid is onderworpe aan die gesag van die Parlement en die nasionale uitvoerende gesag.

Instelling, struktuur en optrede van veiligheidsdienste 199. (1) Die veiligheidsdienste van die Republiek bestaan uit ʼn enkele weermag, ʼn enkele

polisiediens en enige intelligensiedienste wat ingevolge die Grondwet ingestel word.

(2) Die weermag is die enigste wettige militêre mag in die Republiek. (3) Benewens die veiligheidsdienste ingevolge die Grondwet ingestel, kan gewapende

organisasies of dienste slegs ingevolge nasionale wetgewing ingestel word. (4) Die veiligheidsdienste moet deur nasionale wetgewing gestruktureer en gereguleer

word. (5) Die veiligheidsdienste moet optree, en moet hul lede oplei en van hulle vereis

om op te tree, ooreenkomstig die Grondwet en die reg, met inbegrip van die volkeregtelike gewoontereg en van internasionale ooreenkomste wat die Republiek bind.

(6) Geen lid van enige veiligheidsdiens mag ʼn klaarblyklik onwettige bevel gehoorsaam nie.

109

Hoofstuk 11: Veiligheidsdienste

(7) � Nóg die veiligheidsdienste nóg enige van hul lede mag in die verrigting van hul funksies– (a) � enige partypolitieke belang wat ingevolge die Grondwet wettig is, benadeel;

of (b) � op partydige wyse enige belang van ʼn politieke party bevorder.

(8) � Ten einde uitvoering te gee aan die beginsels van deursigtigheid en verantwoordingspligtigheid moet veelpartykomitees van die Parlement toesig hou oor alle veiligheidsdienste op ʼn wyse wat deur nasionale wetgewing of die reëls en orders van die Parlement bepaal word.

verdediging

Weermag 200. (1) Die weermag moet as ʼn gedissiplineerde militêre mag gestruktureer en bestuur

word. (2) Die hoofdoel van die weermag is om die Republiek, sy territoriale integriteit en sy

mense te verdedig en te beskerm, in ooreenstemming met die Grondwet en die volkeregtelike beginsels met betrekking tot die aanwending van mag.

Politieke verantwoordelikheid 201. (1) ‘n Lid van die Kabinet moet vir verdediging verantwoordelik wees.

(2) � Slegs die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, kan magtiging daartoe verleen dat die weermag aangewend word– (a) � in samewerking met die polisiediens; (b) � ter verdediging van die Republiek; of (c) � ter nakoming van ʼn internasionale verpligting.

(3) � Wanneer die weermag aangewend word vir enige doel in subartikel (2) vermeld, moet die President die Parlement onverwyld en in gepaste besonderhede verwittig van– (a) � die redes vir die aanwending van die weermag; (b) � enige plek waar die mag aangewend word; (c) � die getal mense wat daarby betrokke is; en (d) � die tydperk waarvoor die mag na verwagting aangewend sal word.

110

Hoofstuk 11: Veiligheidsdienste

(4) Indien die Parlement nie sit gedurende die eerste sewe dae nadat die weermag aangewend is soos in subartikel (2) beoog nie, moet die President die inligting wat in subartikel (3) vereis word, aan die toepaslike toesighoudende komitee verskaf.

Bevel oor weermag 202. (1) Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag is die Opperbevelhebber

van die weermag, en moet die militêre bevelvoerders van die weermag aanstel. (2) Daar moet ooreenkomstig die opdragte van die Kabinetslid wat vir verdediging

verantwoordelik is, oor die weermag bevel gevoer word onder die gesag van die President.

Staat van nasionale verdediging 203. (1) Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag kan ʼn staat van

nasionale verdediging verklaar, en moet die Parlement onverwyld en in gepaste besonderhede verwittig van– (a) die redes vir die verklaring; (b) enige plek waar die weermag aangewend word; en (c) die getal mense wat daarby betrokke is.

(2) Indien die Parlement nie sit wanneer ʼn staat van nasionale verdediging verklaar word nie, moet die President die Parlement binne sewe dae vanaf die verklaring vir ʼn buitengewone sitting byeenroep.

(3) ʼn Verklaring van ʼn staat van nasionale verdediging verval tensy dit binne sewe dae vanaf die verklaring deur die Parlement goedgekeur word.

Burgerlike sekretariaat vir verdediging 204. ‘n Burgerlike sekretariaat vir verdediging moet deur nasionale wetgewing ingestel word

om te funksioneer in opdrag van die Kabinetslid wat vir verdediging verantwoordelik is.

polisie

Polisiediens 205. (1) Die nasionale polisiediens moet gestruktureer word om in die nasionale, die

provinsiale en, waar gepas, die plaaslike regeringsfere te funksioneer.

111

Hoofstuk 11: Veiligheidsdienste

(2) � Nasionale wetgewing moet die bevoegdhede en funksies van die polisiediens bepaal en moet die polisiediens in staat stel om sy verantwoordelikhede doeltreffend na te kom, met inagneming van die behoeftes van die provinsies.

(3) � Die doelstellings van die polisiediens is om misdaad te voorkom, te bestry en te ondersoek, die openbare orde te handhaaf, die inwoners van die Republiek en hul eiendom te beskerm en te beveilig, en die reg te handhaaf en toe te pas.

Politieke verantwoordelikheid 206. (1) ‘n Lid van die Kabinet moet vir polisiëring verantwoordelik wees en moet na oorleg

met die provinsiale regerings en met inagneming van die polisiëringsbehoeftes en -prioriteite van die provinsies soos deur die provinsiale uitvoerende gesagte bepaal, die nasionale polisiëringsbeleid bepaal.

(2) � Die nasionale polisiëringsbeleid kan voorsiening maak vir verskillende beleide ten opsigte van verskillende provinsies na inagneming van die polisiëringsbehoeftes en –prioriteite van daardie provinsies.

(3) � Elke provinsie is daarop geregtig– (a) � om polisie-optrede te monitor; (b) � om toesig te hou oor die doeltreffendheid en bevoegdheid van die polisiediens,

waarby inbegrepe is die ontvangs van verslae oor die polisiediens; (c) � om goeie betrekkinge tussen die polisie en die gemeenskap te bevorder; (d) � om die doeltreffendheid van sigbare polisiëring te bepaal; en (e) � om met die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is, te skakel met

betrekking tot misdaad en polisiëring in die provinsie. (4) ‘n Provinsiale uitvoerende gesag is verantwoordelik vir polisiëringsfunksies wat–

(a) � ingevolge hierdie Hoofstuk by hom berus; (b) � ingevolge nasionale wetgewing aan hom opgedra is; en (c) � in die nasionale polisiëringsbeleid aan hom toegewys is.

(5) � Ten einde die funksies te verrig wat in subartikel (3) uiteengesit word– (a) � kan ʼn provinsie ondersoek instel, of ʼn kommissie van ondersoek aanstel, na

enige klagtes van polisie-onbevoegdheid of ʼn verbrokkeling in betrekkinge tussen die polisie en enige gemeenskap; en

(b) � moet ʼn provinsie aanbevelings doen aan die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is.

112

Hoofstuk 11: Veiligheidsdienste

(6) By ontvangs van ʼn klagte wat deur ʼn provinsiale uitvoerende gesag ingedien is, moet ʼn onafhanklike klagteliggaam vir die polisie deur nasionale wetgewing ingestel, ondersoek instel na enige beweerde wangedrag van, of oortreding begaan deur, ʼn lid van die polisiediens in die provinsie.

(7) Nasionale wetgewing moet ʼn raamwerk voorsien vir die instelling, bevoegdhede, funksies en beheer van munisipale polisiedienste.

(8) ʼn Komitee bestaande uit die Kabinetslid en die lede van die Uitvoerende Rade wat vir polisiëring verantwoordelik is, moet ingestel word om doeltreffende koördinering van die polisiediens en doeltreffende samewerking tussen die regeringsfere te verseker.

(9) ʼn Provinsiale wetgewer kan van die provinsiale kommissaris van die provinsie vereis om voor hom of enige van sy komitees te verskyn om vrae te beantwoord.

Beheer oor polisiediens 207. (1) Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag moet ʼn vrou of ʼn man

as die Nasionale Kommissaris van die polisiediens aanstel om die polisiediens te beheer en te bestuur.

(2) Die Nasionale Kommissaris moet beheer oor die polisiediens uitoefen en dit bestuur ooreenkomstig die nasionale polisiëringsbeleid en die opdragte van die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is.

(3) Die Nasionale Kommissaris moet met die instemming van die provinsiale uitvoerende gesag ʼn vrou of ʼn man as die provinsiale kommissaris vir daardie provinsie aanstel, maar indien die Nasionale Kommissaris en die provinsiale uitvoerende gesag nie oor die aanstelling kan ooreenkom nie, moet die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is, tussen die partye bemiddel.

(4) Die provinsiale kommissarisse is verantwoordelik vir polisiëring in hul onderskeie provinsies– (a) soos deur nasionale wetgewing voorgeskryf; en (b) behoudens die bevoegdheid van die Nasionale Kommissaris om ingevolge

subartikel (2) beheer oor die polisiediens uit te oefen en dit te bestuur. (5) Die provinsiale kommissaris moet jaarliks aan die provinsiale wetgewer oor

polisiëring in die provinsie verslag doen, en moet ʼn afskrif van die verslag aan die Nasionale Kommissaris stuur.

113

Hoofstuk 11: Veiligheidsdienste

(6) � Indien die provinsiale kommissaris die vertroue van die provinsiale uitvoerende gesag verloor het, kan daardie gesag ooreenkomstig nasionale wetgewing gepaste verrigtinge vir die verwydering of oorplasing van, of tugstappe teen, daardie kommissaris instel.

Burgerlike sekretariaat vir polisie 208. � ‘n Burgerlike sekretariaat vir die polisiediens moet deur nasionale wetgewing ingestel

word om te funksioneer in opdrag van die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is.

intelligensie

Instelling van en beheer oor intelligensiedienste 209. (1) Enige intelligensiediens, behalwe ʼn intelligensieafdeling van die weermag of die

polisiediens, kan slegs deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, en slegs ingevolge nasionale wetgewing ingestel word.

(2) � Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag moet ʼn vrou of ʼn man aanstel as hoof van elke intelligensiediens wat ingevolge subartikel (1) ingestel word, en moet óf politieke verantwoordelikheid vir die beheer oor en bestuur van enige van die dienste aanvaar, óf ʼn lid van die Kabinet aanwys om dié verantwoordelikheid te aanvaar.

Bevoegdhede, funksies en monitering 210. � Nasionale wetgewing moet die doelstellings, bevoegdhede en funksies van die

intelligensiedienste reël, met inbegrip van enige intelligensieafdeling van die weermag of die polisiediens, en moet voorsiening maak vir–

(a) � die koördinering van alle intelligensiedienste; en (b) � burgerlike monitering van die bedrywighede van die dienste deur ʼn inspekteur

wat deur die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, aangestel word en wat goedgekeur is by ʼn besluit van die Nasionale Vergadering aangeneem met ʼn ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die Vergadering.

114

Hoofstuk 12: Tradisionele Leiers

hOOFSTUK 12 TRadiSiOnele leieRS

Erkenning 211. (1) Die instelling, status en rol van tradisionele leierskap, volgens die gewoontereg,

word behoudens die Grondwet erken. (2) ʼn Tradisionele owerheid wat ʼn stelsel van gewoontereg naleef, kan funksioneer

behoudens enige toepaslike wetgewing en gebruike, waarby ingesluit is enige wysiging of herroeping van daardie wetgewing of gebruike.

(3) Die howe moet die gewoontereg toepas wanneer dié reg toepasbaar is, behoudens die Grondwet en enige wetgewing wat spesifiek oor gewoontereg handel.

Rol van tradisionele leiers 212. (1) Nasionale wetgewing kan voorsiening maak vir ʼn rol vir tradisionele leierskap

as ʼn instelling op plaaslike vlak betreffende aangeleenthede wat plaaslike gemeenskappe raak.

(2) Ten einde te handel met aangeleenthede in verband met tradisionele leierskap, die rol van tradisionele leiers, die gewoontereg en die gewoontes van gemeenskappe wat ʼn stelsel van gewoontereg naleef, kan– (a) nasionale of provinsiale wetgewing voorsiening maak vir die instelling van

huise van tradisionele leiers; en (b) nasionale wetgewing ʼn raad van tradisionele leiers instel.

115

Hoofstuk 13: Finansies

hOOFSTUK 13 finanSieS

algemene finansiële aangeleenthede

Nasionale Inkomstefonds 213. (1) Daar is ʼn Nasionale Inkomstefonds, waarin alle geld gestort word wat deur

die nasionale regering ontvang word, behalwe geld wat redelikerwys deur ʼn Parlementswet uitgesluit word.

(2) � Geld kan uit die Nasionale Inkomstefonds onttrek word slegs– (a) � ingevolge ʼn bewilliging deur ʼn Parlementswet; of (b) � as ʼn regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds, wanneer in die

Grondwet of ʼn Parlementswet daarvoor voorsiening gemaak word. (3) � ‘n Provinsie se billike deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word, is ʼn

regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds. � [Datum van inwerkingtreding van a. 213: 1 Januarie 1998.] �

Billike dele en toekennings van inkomste 214. (1) � ‘n Parlementswet moet voorsiening maak vir–

(a) � die billike verdeling tussen die nasionale, die provinsiale en die plaaslike regeringsfeer van inkomste wat nasionaal ingevorder word;

(b) � die bepaling van elke provinsie se billike deel van die provinsiale deel van daardie inkomste; en

(c) � enige ander toekennings aan provinsies, plaaslike regering of munisipaliteite uit die nasionale regering se deel van daardie inkomste, en enige voorwaardes waarop daardie toekennings gedoen kan word.

(2) � Die Wet genoem in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat die provinsiale regerings, georganiseerde plaaslike regering en die Finansiële en Fiskale Kommissie geraadpleeg is en enige aanbevelings van die Kommissie oorweeg is, en moet die volgende in aanmerking neem– (a) � Die nasionale belang; (b) � enige voorsiening wat ten opsigte van die nasionale skuld en ander nasionale

verpligtings gemaak moet word;

Hoofstuk 13: Finansies

(c) � die behoeftes en belange van die nasionale regering, wat volgens objektiewe maatstawwe bepaal word;

(d) � die behoefte om te verseker dat die provinsies en munisipaliteite in staat is om basiese dienste te verskaf en die funksies te verrig wat aan hulle toegewys word;

(e) � die fiskale vermoë en doeltreffendheid van die provinsies en munisipaliteite; (f) � ontwikkelings- en ander behoeftes van provinsies, plaaslike regering en

munisipaliteite; (g) � ekonomiese ongelykhede binne en tussen die provinsies; (h) � verpligtings van die provinsies en munisipaliteite ingevolge nasionale

wetgewing; (i) � die wenslikheid van bestendige en voorspelbare toekennings van

inkomstedele; en (j) � die behoefte aan buigsaamheid in die hantering van noodgevalle of

ander tydelike behoeftes, en ander faktore wat op soortgelyke objektiewe maatstawwe gebaseer is.

[Datum van inwerkingtreding van a. 214: 1 Januarie 1998.]

Nasionale, provinsiale en munisipale begrotings 215. (1) Nasionale, provinsiale en munisipale begrotings en begrotingsprosesse moet

deursigtigheid, verantwoordingspligtigheid en die doeltreffende finansiële bestuur van die ekonomie, skuld en die openbare sektor bevorder.

(2) Nasionale wetgewing moet voorskryf– (a) � wat die formaat van nasionale, provinsiale en munisipale begrotings moet

wees; (b) � wanneer nasionale en provinsiale begrotings ter tafel gelê moet word; en (c) � dat begrotings in elke regeringsfeer die bronne van inkomste en die wyse

waarop voorgestelde uitgawes aan nasionale wetgewing sal voldoen, moet aantoon.

(3) Begrotings in elke regeringsfeer moet– (a) � ramings van inkomste en uitgawes bevat waarin tussen kapitaaluitgawes en

bedryfsuitgawes onderskei word; (b) � voorstelle bevat vir die finansiering van enige verwagte tekort vir die tydperk

waarop die begrotings van toepassing is; en

116

117

Hoofstuk 13: Finansies

(c) � ʼn aanduiding bevat van voornemens wat betref lenings en ander vorms van openbare aanspreeklikheid wat in die daaropvolgende jaar die staatskuld sal verhoog.

[Datum van inwerkingtreding van a. 215: 1 Januarie 1998.]

Tesouriebeheer 216. (1) Nasionale wetgewing moet ʼn nasionale tesourie instel en maatreëls voorskryf ten

einde sowel deursigtigheid as beheer oor uitgawe in elke regeringsfeer te verseker deur die invoering van– (a) � algemeen erkende rekeningkundige praktyk; (b) � eenvormige uitgaweklassifikasies; en (c) � eenvormige tesourienorme en -standaarde.

(2) � Die nasionale tesourie moet nakoming van die maatreëls ingestel ingevolge subartikel (1) afdwing, en kan die oordrag van fondse aan ʼn staatsorgaan staak indien daardie staatsorgaan ʼn ernstige of volgehoue wesenlike oortreding van daardie maatreëls begaan.

[Sub-a. (2) vervang by a. 5(a) van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(3) � ‘n Besluit om die oordrag van fondse te staak wat aan ʼn provinsie ingevolge artikel 214(1)(b) verskuldig is, mag slegs geneem word in die omstandighede in subartikel (2) genoem, en– (a) � mag nie die oordrag van fondse vir langer as 120 dae staak nie; en (b) � kan onmiddellik afgedwing word, maar sal terugwerkend verval tensy die

Parlement dit goedkeur ooreenkomstig ʼn proses wat wesenlik dieselfde is as dié ingevolge artikel 76(1) ingestel en deur die gesamentlike reëls en orders van die Parlement voorgeskryf. Hierdie proses moet binne 30 dae vanaf die nasionale tesourie se besluit afgehandel word.

[Sub-a. (3) gewysig by a. 5(b) van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(4) � Die Parlement kan ooreenkomstig die proses ingevolge subartikel (3) ingestel ʼn besluit om die oordrag van fondse te staak, vir hoogstens 120 dae op ʼn keer hernu.

(5) � Voordat die Parlement ʼn besluit om die oordrag van fondse aan ʼn provinsie te staak, kan goedkeur of hernu– (a) moet die Ouditeur-generaal aan die Parlement verslag doen; en

118

Hoofstuk 13: Finansies

(b) moet die provinsie ʼn geleentheid gebied word om voor ʼn komitee te antwoord op die aantygings teen hom en sy saak te stel.

Verkryging 217. (1) Wanneer ʼn staatsorgaan in die nasionale, provinsiale of plaaslike regeringsfeer,

of enige ander instelling in nasionale wetgewing geïdentifiseer, vir goedere of dienste kontrakteer, moet hy dit doen ooreenkomstig ʼn stelsel wat regverdig, billik, deursigtig, mededingend en kostedoeltreffend is.

(2) Subartikel (1) belet nie die staatsorgane of instellings in daardie subartikel genoem om ʼn verkrygingsbeleid toe te pas wat voorsiening maak vir– (a) voorkeurkategorieë by die toekenning van kontrakte nie; en (b) die beskerming of vooruitgang van persone, of kategorieë persone, wat deur

onbillike diskriminasie benadeel is nie. (3) Nasionale wetgewing moet ʼn raamwerk voorskryf waarbinne die beleid bedoel in

subartikel (2) toegepas moet word. [Sub-a. (3) vervang by a. 6 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

Regeringswaarborge 218. (1) Die nasionale regering, ʼn provinsiale regering of ʼn munisipaliteit kan ʼn lening

waarborg slegs indien die waarborg voldoen aan voorwaardes wat in nasionale wetgewing uiteengesit word.

(2) Nasionale wetgewing genoem in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is.

(3) Elke regering moet elke jaar ʼn verslag publiseer oor die waarborge wat hy verstrek het.

[Datum van inwerkingtreding van a. 218: 1 Januarie 1998.]

Besoldiging van persone wat openbare ampte beklee 219. (1) ‘n Parlementswet moet ʼn raamwerk voorskryf vir die bepaling van–

(a) die salarisse, toelaes en voordele van lede van die Nasionale Vergadering, vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies, lede van die Kabinet, Adjunkministers, tradisionele leiers en lede van enige rade van tradisionele leiers; en

(b) die boonste perke van die salarisse, toelaes of voordele van lede van

119

Hoofstuk 13: Finansies

provinsiale wetgewers, lede van Uitvoerende Rade en lede van Munisipale Rade van die verskillende kategorieë.

(2) � Nasionale wetgewing moet ʼn onafhanklike kommissie instel om aanbevelings te doen oor die salarisse, toelaes en voordele in subartikel (1) genoem.

(3) � Die Parlement kan die wetgewing genoem in subartikel (1) aanneem slegs na oorweging van enige aanbevelings van die kommissie ingevolge subartikel (2) ingestel.

(4) � Die nasionale uitvoerende gesag, ʼn provinsiale uitvoerende gesag, ʼn munisipaliteit of enige ander tersaaklike gesag kan die nasionale wetgewing genoem in subartikel (1) toepas slegs na oorweging van enige aanbevelings van die kommissie ingevolge subartikel (2) ingestel.

(5) � Nasionale wetgewing moet raamwerke voorskryf vir die bepaling van die salarisse, toelaes en voordele van regters, die Openbare Beskermer, die Ouditeur-generaal en lede van enige kommissie waarvoor die Grondwet voorsiening maak, met inbegrip van die uitsaai-owerheid in artikel 192 genoem.

finansiële en fiskale kommissie

Instelling en werksaamhede 220. (1) Daar is ʼn Finansiële en Fiskale Kommissie vir die Republiek, wat aan die Parlement,

provinsiale wetgewers en enige ander gesag deur nasionale wetgewing bepaal, aanbevelings doen wat in hierdie Hoofstuk of in nasionale wetgewing beoog word.

(2) � Die Kommissie is onafhanklik en slegs aan die Grondwet en die reg onderworpe, en moet onpartydig wees.

(3) � Die Kommissie funksioneer ingevolge ʼn Parlementswet en moet by die verrigting van sy funksies alle tersaaklike faktore in aanmerking neem, met inbegrip van die in artikel 214(2) vermeld.

Aanstelling en ampstermyn van lede 221. (1) Die Kommissie bestaan uit die volgende vroue en mans wat deur die President, as

hoof van die nasionale uitvoerende gesag, aangestel word: (a) � ‘n Voorsitter en ʼn adjunkvoorsitter; (b) drie persone gekies, na oorlegpleging met die Premiers, vanaf ʼn lys

saamgestel ooreenkomstig ʼn proses deur nasionale wetgewing voorgeskryf;

120

Hoofstuk 13: Finansies

(c) twee persone gekies, na oorlegpleging met georganiseerde plaaslike regering, vanaf ʼn lys saamgestel ooreenkomstig ʼn proses deur nasionale wetgewing voorgeskryf; en

(d) twee ander persone. [Sub-a. (1) vervang by a. 2 van die “Constitution Fifth Amendment Act of 1999” en vervang by a. 7(a) van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(1A) Nasionale wetgewing bedoel in subartikel (1) moet voorsiening maak vir die deelname van– (a) die Premiers by die samestelling van ʼn lys in subartikel (1)(b) beoog; en (a) georganiseerde plaaslike regering by die samestelling van ʼn lys in subartikel

(1)(c) beoog. [Sub-a. (1A) ingevoeg by a. 7(b) van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(2) Lede van die Kommissie moet toepaslike kundigheid besit. (3) Lede dien vir ʼn termyn ingevolge nasionale wetgewing bepaal. Die President kan ʼn

lid van die amp onthef op grond van wangedrag, onvermoë of onbevoegdheid.

Verslae 222. Die Kommissie moet gereeld aan sowel die Parlement as die provinsiale wetgewers verslag

doen. Sentrale bank

Instelling 223. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is die sentrale bank van die Republiek en word

ingevolge ʼn Parlementswet gereguleer.

Hoofoogmerk 224. (1) Die hoofoogmerk van die Suid-Afrikaanse Reserwebank is om in die belang van

gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in die Republiek die waarde van die geldeenheid te beskerm.

(2) Die Suid-Afrikaanse Reserwebank moet in die nastrewing van sy hoofoogmerk sy funksies onafhanklik en sonder vrees, begunstiging of vooroordeel verrig, maar daar moet gereelde oorlegpleging wees tussen die Bank en die Kabinetslid wat vir nasionale finansiële sake verantwoordelik is.

121

Hoofstuk 13: Finansies

Bevoegdhede en werksaamhede 225. � Die bevoegdhede en funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank is dié wat

gebruiklikerwys deur sentrale banke uitgeoefen en verrig word, moet deur ʼn Parlementswet bepaal word en moet uitgeoefen of verrig word behoudens die voorwaardes ingevolge dié Wet voorgeskryf.

provinsiale en plaaslike finansiële aangeleenthede

Provinsiale Inkomstefondse 226. (1) Daar is ʼn Provinsiale Inkomstefonds vir elke provinsie, waarin alle geld gestort word

wat deur die provinsiale regering ontvang word, behalwe geld wat redelikerwys deur ʼn Parlementswet uitgesluit word.

(2) � Geld kan uit ʼn Provinsiale Inkomstefonds onttrek word slegs– (a) � ingevolge ʼn bewilliging deur ʼn provinsiale Wet; of (b) � as ʼn regstreekse las teen die Provinsiale Inkomstefonds, wanneer in die

Grondwet of ʼn provinsiale Wet daarvoor voorsiening gemaak word. (3) � Inkomste wat ingevolge artikel 214(1) deur bemiddeling van ʼn provinsie aan

plaaslike regering in daardie provinsie toegeken word, is ʼn regstreekse las teen daardie provinsie se Inkomstefonds.

(4) � Nasionale wetgewing kan ʼn raamwerk voorskryf waarbinne– (a) � ‘n provinsiale Wet ingevolge subartikel (2)(b) die onttrekking van geld as ʼn

regstreekse las teen ʼn Provinsiale Inkomstefonds kan magtig; en (b) inkomste wat deur bemiddeling van ʼn provinsie aan plaaslike regering in

daardie provinsie ingevolge subartikel (3) toegewys is, aan munisipaliteite in die provinsie oorbetaal moet word.

[Sub-a. (4) bygevoeg by a. 8 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.] � [Datum van inwerkingtreding van a. 226: 1 Januarie 1998.] �

Nasionale befondsingsbronne van provinsiale en plaaslike regering 227. (1) Plaaslike regering en elke provinsie–

(a) � is op ʼn billike deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word, geregtig ten einde hom in staat te stel om basiese dienste te verskaf en die funksies te verrig wat aan hom toegewys word; en

122

Hoofstuk 13: Finansies

(b) kan hetsy voorwaardelik hetsy onvoorwaardelik ander toekennings uit nasionale regeringsinkomste ontvang.

(2) Bykomende inkomste wat deur provinsies of munisipaliteite ingevorder word, mag nie afgetrek word van hul deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word of van enige ander toekennings wat uit die nasionale regeringsinkomste aan hulle gedoen word nie. Insgelyks rus daar geen verpligting op die nasionale regering om provinsies of munisipaliteite te vergoed wat nie inkomste in ooreenstemming met hul fiskale vermoë en belastingbasis invorder nie.

(3) ʼn Provinsie se billike deel van inkomste wat nasionaal ingevorder word, moet onverwyld en sonder vermindering aan die provinsie oorgedra word, behalwe wanneer die oordrag ingevolge artikel 216 gestaak is.

(4) ʼn Provinsie moet vir homself enige geldmiddele voorsien wat hy ingevolge ʼn bepaling van sy provinsiale grondwet bykomend by sy behoeftes in die Grondwet beoog, nodig het.

[Datum van inwerkingtreding van a. 227: 1 Januarie 1998.]

Provinsiale belastings 228. (1) ‘n Provinsiale wetgewer kan–

(a) belastings, heffings en regte oplê, uitgesonderd inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, algemene verkoopbelasting, eiendomsbelasting of doeaneregte; en

(b) uniforme bobelasting hef op enige belasting, heffing of reg wat deur nasionale wetgewing opgelê word, uitgesonderd op korporatiewe inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, eiendomsbelasting of doeaneregte.

[Par. (b) vervang by a. 9 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(2) Die bevoegdheid van ʼn provinsiale wetgewer om belastings, heffings, regte en bobelasting op te lê– (a) mag nie uitgeoefen word op ʼn wyse wat nasionale ekonomiese beleide,

ekonomiese bedrywighede oor provinsiale grense heen of die nasionale beweeglikheid van goedere, dienste, kapitaal of arbeid wesenlik en onredelik benadeel nie; en

123

Hoofstuk 13: Finansies

(b) � moet gereguleer word ingevolge ʼn Parlementswet, wat verorden kan word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is.

[Datum van inwerkingtreding van a. 228: 1 Januarie 1998.]

Munisipale fiskale bevoegdhede en funksies 229. (1) Behoudens subartikels (2), (3) en (4) kan ʼn munisipaliteit–

(a) � eiendomsbelasting en bobelasting op gelde oplê vir dienste deur of namens die munisipaliteit verskaf; en

(b) � indien deur nasionale wetgewing daartoe gemagtig, ander belastings, heffings en regte oplê wat gepas is vir plaaslike regering of vir die kategorie plaaslike regering waarin daardie munisipaliteit val, maar geen munisipaliteit mag inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, algemene verkoopbelasting of doeaneregte oplê nie.

(2) � Die bevoegdheid van ʼn munisipaliteit om eiendomsbelasting, bobelasting op gelde vir dienste deur of namens die munisipaliteit verskaf of ander belastings, heffings of regte op te lê– (a) � mag nie uitgeoefen word op ʼn wyse wat nasionale ekonomiese beleide,

ekonomiese bedrywighede oor munisipale grense heen of die nasionale beweeglikheid van goedere, dienste, kapitaal of arbeid wesenlik en onredelik benadeel nie; en

(b) � kan deur nasionale wetgewing gereguleer word. (3) � Wanneer twee munisipaliteite dieselfde fiskale bevoegdhede en funksies met

betrekking tot dieselfde gebied het, moet ʼn gepaste verdeling van daardie bevoegdhede en funksies ingevolge nasionale wetgewing gedoen word. Die verdeling kan slegs na inagneming van minstens die volgende maatstawwe gedoen word: (a) � Die behoefte om aan gesonde belastingbeginsels te voldoen. (b) � Die bevoegdhede wat uitgeoefen word en funksies wat verrig word deur elke

munisipaliteit. (c) � Die fiskale vermoë van elke munisipaliteit. (d) � Die doeltreffendheid en doelmatigheid van die invordering van belastings,

heffings en regte. (e) � Billikheid.

124

Hoofstuk 13: Finansies

(4) Niks in hierdie artikel belet dat inkomste wat ingevolge hierdie artikel ingevorder word, gedeel word tussen munisipaliteite wat in dieselfde gebied fiskale bevoegdheid en funksies het nie.

(5) Nasionale wetgewing in hierdie artikel beoog, kan verorden word slegs nadat georganiseerde plaaslike regering en die Finansiële en Fiskale Kommissie geraadpleeg is en enige aanbevelings van die Kommissie oorweeg is.

[Datum van inwerkingtreding van a. 229: 1 Januarie 1998.]

Provinsiale lenings 230. (1) ʼn Provinsie kan lenings vir kapitaaluitgawes of lopende uitgawes aangaan

ooreenkomstig nasionale wetgewing, maar lenings vir lopende uitgawes kan aangegaan word slegs wanneer dit gedurende ʼn belastingjaar vir oorbruggingsdoeleindes nodig is.

(2) Nasionale wetgewing bedoel in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is.

[A. 230 vervang by a. 10 van die Sewende Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

Munisipale lenings 230A. (1) ʼn Munisipale Raad kan, ooreenkomstig nasionale wetgewing-

(a) lenings vir kapitaaluitgawes of lopende uitgawes van die munisipaliteit aangaan, maar lenings vir lopende uitgawes kan aangegaan word slegs wanneer dit gedurende ʼn belastingjaar vir oorbruggingsdoeleindes nodig is; en

(b) homself en ʼn toekomstige Raad in die uitoefening van sy wetgewende en uitvoerende gesag bind ten einde lenings of beleggings vir die munisipaliteit te verkry.

(2) Nasionale wetgewing bedoel in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is.

[A. 230A ingevoeg by a. 17 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

125

Hoofstuk 14: Algemene Bepalings

hOOFSTUK 14 alGeMene bepalinGS

volkereg

Internasionale ooreenkomste 231. (1) Die onderhandeling en ondertekening van alle internasionale ooreenkomste is die

verantwoordelikheid van die nasionale uitvoerende gesag. (2) � ʼn Internasionale ooreenkoms bind die Republiek slegs nadat dit in sowel die

Nasionale Vergadering as die Nasionale Raad van Provinsies by besluit goedgekeur is, tensy dit ʼn ooreenkoms genoem in subartikel (3) is.

(3) � ʼn Internasionale ooreenkoms van tegniese, administratiewe of uitvoerende aard, of ʼn ooreenkoms wat nie bekragtiging of toetrede vereis nie, en wat deur die nasionale uitvoerende gesag aangegaan is, bind die Republiek sonder goedkeuring deur die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies, maar moet binne ʼn redelike tyd in die Vergadering en die Raad ter tafel gelê word.

(4) � ʼn Internasionale ooreenkoms verkry regskrag in die Republiek wanneer dit by nasionale wetgewing as wet verorden word; maar ʼn regstreeks uitvoerbare bepaling van ʼn ooreenkoms wat deur die Parlement goedgekeur is, verkry regskrag in die Republiek tensy die ooreenkoms met die Grondwet of ʼn Parlementswet onbestaanbaar is.

(5) � Die Republiek word gebind deur internasionale ooreenkomste wat die Republiek by die inwerkingtreding van hierdie Grondwet gebind het.

Volkeregtelike gewoontereg 232. � Volkeregtelike gewoontereg het regskrag in die Republiek tensy dit met die Grondwet of ʼn

Parlementswet onbestaanbaar is.

Toepassing van volkereg 233. � By die uitleg van wetgewing moet elke hof aan enige redelike uitleg van die wetgewing

wat met die volkereg bestaanbaar is, voorkeur gee bo enige alternatiewe uitleg wat met die volkereg onbestaanbaar is.

Hoofstuk 14: Algemene Bepalings

ander aangeleenthede

Handveste van Regte 234. � Ten einde die kultuur van demokrasie deur die Grondwet ingestel, te versterk, kan die

Parlement Handveste van Regte aanneem wat met die bepalings van die Grondwet bestaanbaar is.

Selfbeskikking 235. � Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking, soos in hierdie Grondwet

vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning nie van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat ʼn gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ʼn territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal.

Befondsing vir politieke partye 236. � Ten einde veelparty-demokrasie te bevorder, moet nasionale wetgewing voorsiening

maak vir die befondsing op ʼn billike en proporsionele grondslag van politieke partye wat aan nasionale en provinsiale wetgewers meedoen.

Getroue nakoming van verpligtinge 237. � Alle grondwetlike verpligtinge moet getrou en sonder versuim nagekom word.

Agentskap en delegering 238. � ‘n Uitvoerende staatsorgaan in enige regeringsfeer kan–

(a) � enige bevoegdheid of funksie wat ingevolge wetgewing uitgeoefen of verrig moet word, aan enige ander uitvoerende staatsorgaan delegeer mits die delegering bestaanbaar is met die wetgewing ingevolge waarvan die bevoegdheid uitgeoefen of die funksie verrig word; of

(b) � enige bevoegdheid of funksie vir enige ander uitvoerende staatsorgaan op ʼn agentskaps- of delegeringsgrondslag uitoefen of verrig.

126

127

Hoofstuk 14: Algemene Bepalings

Woordomskrywing 239. � In die Grondwet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken–

“nasionale wetgewing” ook– (a) � ondergeskikte wetgewing ingevolge ʼn Parlementswet gemaak; en (b) � wetgewing wat van krag was toe die Grondwet in werking getree het en wat

deur die nasionale regering geadministreer word; � “provinsiale wetgewing” ook– �

(a) � ondergeskikte wetgewing ingevolge ʼn provinsiale Wet gemaak; en (b) � wetgewing wat van krag was toe die Grondwet in werking getree het en wat

deur ʼn provinsiale regering geadministreer word; � “staatsorgaan”– �

(a) � enige staatsdepartement of administrasie in die nasionale, provinsiale of plaaslike regeringsfeer; of

(b) � enige ander funksionaris of instelling wat– (i) � ingevolge die Grondwet of ʼn provinsiale grondwet ʼn bevoegdheid

uitoefen of ʼn funksie verrig; of (ii) � ingevolge wetgewing ʼn openbare bevoegdheid uitoefen of ʼn openbare

funksie verrig; maar nie ook ʼn hof of ʼn regterlike beampte nie.

Teenstrydighede tussen verskillende tekste 240. � In die geval van ʼn teenstrydigheid tussen verskillende tekste van die Grondwet gee die

Engelse teks die deurslag.

Oorgangsreëlings 241. � Bylae 6 is van toepassing op die oorgang na die nuwe grondwetlike bestel wat deur hierdie

Grondwet ingestel word en op enige aangeleentheid wat met dié oorgang in verband staan.

Herroeping van wette 242. � Die wette vermeld in Bylae 7 word herroep, behoudens artikel 243 en Bylae 6.

128

Hoofstuk 14: Algemene Bepalings

Kort titel en inwerkingtreding 243. (1) Hierdie Wet heet die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, en tree so

gou as moontlik in werking op ʼn datum wat die President by proklamasie bepaal, wat nie ʼn datum later as 1 Julie 1997 mag wees nie.

(2) Die President kan verskillende datums wat voor die datum vermeld in subartikel (1) is, ten opsigte van verskillende bepalings van die Grondwet bepaal.

(3) Tensy uit die samehang anders blyk, word ʼn verwysing in ʼn bepaling van die Grondwet na ʼn tydstip waarop die Grondwet in werking getree het, uitgelê as ʼn verwysing na die tydstip waarop daardie bepaling in werking getree het.

(4) Indien daar ingevolge subartikel (2) ʼn verskillende datum ten opsigte van enige besondere bepaling van die Grondwet bepaal word, word enige ooreenstemmende bepaling van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993 (Wet 200 van 1993), wat in die proklamasie vermeld word, met ingang van dieselfde datum herroep.

(5) Artikels 213, 214, 215, 216, 218, 226, 227, 228, 229 en 230 tree op 1 Januarie 1998 in werking, maar dit belet nie die verordening ingevolge hierdie Grondwet voor daardie datum van wetgewing wat in enige van hierdie bepalings beoog word nie. Tot daardie datum bly enige ooreenstemmende en verbandhoudende bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993, van krag.

129

Bylae 1: Nasionale Flag

ByLAE 1 naSiOnale vlaG

(1) � Die nasionale vlag is reghoekig, en is een en ʼn half maal langer as die wydte daarvan. (2) � Dit is swart, goud, groen, wit, rissierooi en blou. (3) � Dit het ʼn groen Y-vormige baan wat een vyfde van die wydte van die vlag is. Die

middellyne van die baan strek vanaf die boonste en onderste hoeke naas die vlagpaal, sluit in die middel van die vlag by mekaar aan, en strek daarvandaan horisontaal na die middel van die wapperrand.

(4) � Die groen baan is bo en onder wit gesoom en na die vlagpaal goud gesoom. Elke soom is een vyftiende van die wydte van die vlag.

(5) � Die driehoek naas die vlagpaal is swart. (6) � Die boonste horisontale baan is rissierooi en die onderste horisontale baan is blou. Hierdie

bane is elk een derde van die wydte van die vlag.

Black = Swart Gold = Goud White = Wit Green = Groen Red = Rooi Blue= Blou

130

Bylae 1A: Geografiese Gebiede van Provinsies

ByLAE 1A GeOGRafieSe Gebiede van pROvinSieS

[Bylae 1A ingevoeg by a. 4 van die Twaalfde Wysigingswet op die Grondwet van 2005 en gewysig by a. 1 van die Dertiende Wysigingswet op die Grondwet van 2007 en by a. 1 van die Sestiende

Wysigingswet op die Grondwet van 2009.]

Die provinsie Oos-Kaap [Afbakening van die provinsie Oos-Kaap vervang by die Dertiende Wysigingswet op die Grondwet

van 2007.]

Kaart No. 3 van Bylae 1 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 6 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 7 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 8 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 9 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005

Kaart No. 10 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 11 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005

Die provinsie Vrystaat Kaart No. 12 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 13 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 14 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 15 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 16 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005

Die provinsie Gauteng [Afbakening van die provinsie Gauteng gewysig by die Sestiende Wysigingswet op die Grondwet

van 2009.]

Kaart No. 4 in Kennisgewing 1490 van 2008 [Verwysing na Kaart No. 4 vervang by a. 1(a) van die Sestiende Wysigingswet op die Grondwet van

2009.]

Kaart No. 17 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 18 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 19 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005

131

Bylae 1A: Geografiese Gebiede van Provinsies

Kaart No. 20 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 21 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005

Die provinsie KwaZulu-Natal [Afbakening van die provinsie KwaZulu-Natal vervang by die Dertiende Wysigingswet op die

Grondwet van 2007.] �

Kaart No. 22 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 � Kaart No. 23 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 � Kaart No. 24 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 � Kaart No. 25 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 � Kaart No. 26 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 � Kaart No. 27 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 � Kaart No. 28 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 � Kaart No. 29 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 � Kaart No. 30 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 � Kaart No. 31 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 � Kaart No. 32 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 �

Die provinsie Limpopo Kaart No. 33 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 34 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 35 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 36 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 37 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005

Die provinsie Mpumalanga Kaart No. 38 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 39 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 40 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005

Die provinsie Noord-Kaap Kaart No. 41 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 42 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 43 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 44 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 45 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005

132

Bylae 1A: Geografiese Gebiede van Provinsies

Die provinsie Noordwes [Afbakening van die provinsie Noordwes gewysig by die Sestiende Wysigingswet op

die Grondwet van 2009.]

Kaart No. 5 in Kennisgewing 1490 van 2008 [Verwysing na Kaart No. 5 vervang by a. 1(b) van die Sestiende Wysigingswet op

die Grondwet van 2009.]

Kaart No. 46 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 47 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 48 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005

Die provinsie Wes-Kaap Kaart No. 49 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 50 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 51 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 52 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 53 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005 Kaart No. 54 van Bylae 2 van Kennisgewing 1998 van 2005

133

Bylae 2: Ampsede en Plegtige Verklarings

ByLAE 2 aMpSede en pleGTiGe veRklaRinGS

[Bylae 2 gewysig by a. 2 van die “Constitution First Amendment Act of 1997” en vervang by a. 18 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

Ampseed of plegtige verklaring van President en Waarnemende President 1. � Die President of Waarnemende President moet voor die Hoofregter of ʼn ander regter deur

die Hoofregter aangewys, ʼn eed aflê/plegtig verklaar, soos volg: In die teenwoordigheid van almal hier vergader en in die volle besef van die hoë roeping wat ek as President/Waarnemende President van die Republiek van Suid-Afrika aanvaar, sweer ek, A.B./verklaar ek, A.B., plegtig trou aan die Republiek van Suid-Afrika, en dat ek die Grondwet en die ander reg van die Republiek sal gehoorsaam, eerbiedig, onderhou en handhaaf; en belowe ek plegtig en opreg dat ek te alle tye–

• � sal bevorder wat tot die voordeel van die Republiek is en sal afweer wat die Republiek kan skaad;

• � die regte van alle Suid-Afrikaners sal beskerm en bevorder; • � my pligte met al my kragte en talente na my beste kennis en vermoë en getrou

aan die stem van my gewete sal verrig; • � aan almal reg sal laat geskied; en • my aan die welsyn van die Republiek en al sy mense sal wy.

(In die geval van ʼn eed: So help my God.) �

Ampseed of plegtige verklaring van Adjunkpresident 2. � Die Adjunkpresident moet voor die Hoofregter of ʼn ander regter deur die Hoofregter

aangewys, ʼn eed aflê/plegtig verklaar, soos volg: In die teenwoordigheid van almal hier vergader en in die volle besef van die hoë roeping wat ek as Adjunkpresident van die Republiek van Suid-Afrika aanvaar, sweer ek, A.B./ verklaar ek, A.B., plegtig trou aan die Republiek van Suid-Afrika, en dat ek die Grondwet en die ander reg van die Republiek sal gehoorsaam, eerbiedig, onderhou en handhaaf; en belowe ek plegtig en opreg dat ek te alle tye–

134

Bylae 2: Ampsede en Plegtige Verklarings

• sal bevorder wat tot die voordeel van die Republiek is en sal afweer wat die Republiek kan skaad;

• ʼn opregte en getroue raadgewer sal wees; • my pligte met al my kragte en talente na my beste kennis en vermoë en getrou

aan die stem van my gewete sal verrig; • aan almal reg sal laat geskied; en • my aan die welsyn van die Republiek en al sy mense sal wy.

(In die geval van ‘n eed: So help my God.)

Ampseed of plegtige verklaring van Ministers en Adjunkministers 3. Elke Minister en Adjunkminister moet voor die Hoofregter of ʼn ander regter deur die

Hoofregter aangewys, ʼn eed aflê/plegtig verklaar, soos volg: Ek, A.B., sweer/verklaar plegtig trou aan die Republiek van Suid-Afrika en dat ek die Grondwet en die ander reg van die Republiek sal gehoorsaam, eerbiedig en onderhou; en ek belowe om my amp as Minister/Adjunkminister met eer en waardigheid te beklee; ʼn opregte en getroue raadgewer te wees; geen sake wat aan my vir geheimhouding toevertrou word, regstreeks of onregstreeks te openbaar nie; en die funksies van my amp met nougesetheid en na my beste vermoë uit te voer. (In die geval van ‘n eed: So help my God.)

Ampseed of plegtige verklaring van lede van die Nasionale Vergadering, vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies en lede van die provinsiale wetgewers 4. (1) Lede van die Nasionale Vergadering, vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad

van Provinsies en lede van provinsiale wetgewers moet voor die Hoofregter of ʼn regter deur die Hoofregter aangewys, ʼn eed aflê/plegtig verklaar, soos volg:

Ek, A.B., sweer/verklaar plegtig trou aan die Republiek van Suid-Afrika en dat ek die Grondwet en die ander reg van die Republiek sal gehoorsaam, eerbiedig en onderhou; en ek belowe plegtig om my funksies as lid van die Nasionale Vergadering/vaste afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies/lid van die wetgewer van die provinsie C.D. na my beste vermoë uit te voer. (In die geval van ‘n eed: So help my God.)

135

Bylae 2: Ampsede en Plegtige Verklarings

(2) � Persone wat ʼn vakature in die Nasionale Vergadering, ʼn vaste afvaardiging na die Nasionale Raad van Provinsies of ʼn provinsiale wetgewer vul, kan ingevolge subitem (1) voor die voorsittende beampte van die Vergadering, Raad of wetgewer, na gelang van die geval, ʼn eed of plegtige verklaring aflê.

Ampseed of plegtige verklaring van Premiers, Waarnemende Premiers en lede van provinsiale Uitvoerende Rade 5. � Die Premier of Waarnemende Premier van ʼn provinsie, en elke lid van die Uitvoerende Raad

van ʼn provinsie, moet voor die Hoofregter of ʼn regter deur die Hoofregter aangewys, ʼn eed aflê/plegtig verklaar, soos volg: Ek, A.B., sweer/verklaar plegtig trou aan die Republiek van Suid-Afrika en dat ek die Grondwet en die ander reg van die Republiek sal gehoorsaam, eerbiedig en onderhou; en ek belowe om my amp as Premier/ Waarnemende Premier/lid van die Uitvoerende Raad van die provinsie C.D. met eer en waardigheid te beklee; ʼn opregte en getroue raadgewer te wees; geen sake wat aan my vir geheimhouding toevertrou word, regstreeks of onregstreeks te openbaar nie; en die funksies van my amp met nougesetheid en na my beste vermoë uit te voer. (In die geval van ‘n eed: So help my God.)

Ampseed of plegtige verklaring van Regterlike Beamptes 6. � (1) ElElke regter of waarnemende regter moet voor die Hoofregter of ʼn ander regter

deur die Hoofregter aangewys, ʼn eed aflê/plegtig verklaar, soos volg: Ek, A.B., sweer/verklaar plegtig trou, as ʼn Regter van die Konstitusionele Hof/ Hoogste Hof van Appèl/Hoë Hof/E.F.-hof, aan die Republiek van Suid-Afrika, en dat ek die Grondwet en die menseregte wat daarin verskans is, sal handhaaf en beskerm; en aan alle persone op gelyke voet reg sal laat geskied sonder vrees, begunstiging of vooroordeel, ooreenkomstig die Grondwet en die reg.

(In die geval van ‘n eed: So help my God.) (2) � Iemand wat in die amp van Hoofregter aangestel is en wat ten tyde van daardie

aanstelling nie reeds ʼn regter is nie, moet voor die Adjunkhoofregter of, in die plek van daardie regter, voor die volgende mees senior beskikbare regter van die Konstitusionele Hof, ʼn eed of plegtige verklaring aflê.

Bylae 2: Ampsede en Plegtige Verklarings

(3) Regterlike beamptes en waarnemende regterlike beamptes, buiten regters, moet ingevolge nasionale wetgewing ʼn eed/plegtige verklaring aflê.

136

137

Bylae 3: Verkiesingsprosedures

ByLAE 3 veRkieSinGSpROSeduReS

[Bylae 3 gewysig by a. 2 van die “Constitution Fourth Amendment Act of 1999”, by a. 19 van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001, by artikel 3 van die Negende Wysigingswet op die Grondwet

van 2002 en by a. 5 van die Veertiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]

deel a verkiesingsprosedures vir Grondwetlike ampsdraers

Toepassing 1. � Die prosedure in hierdie Bylae uiteengesit, is van toepassing wanneer ook al–

(a) � die Nasionale Vergadering vergader om die President, of die Speaker of Adjunkspeaker van die Vergadering, te verkies;

(b) � die Nasionale Raad van Provinsies vergader om sy Voorsitter of ʼn Adjunkvoorsitter te verkies; of

(c) � ʼn provinsiale wetgewer vergader om die Premier van die provinsie of die Speaker of Adjunkspeaker van die wetgewer te verkies.

Nominasies 2. � Die persoon wat voorsit op ʼn vergadering waarop hierdie Bylae van toepassing is, moet op

die vergadering vir die nominasie van kandidate vra.

Formele vereistes 3. � (1) ‘n Nominasie moet voorgelê word op die vorm wat voorgeskryf word deur die reëls

in item 9 vermeld. (2) Die vorm waarop ʼn nominasie voorgelê word, moet geteken wees–

(a) � deur twee lede van die Nasionale Vergadering, indien die President of die Speaker of Adjunkspeaker van die Vergadering verkies moet word;

(b) � namens twee provinsiale afvaardigings, indien die Voorsitter of ʼn Adjunkvoorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies verkies moet word; of

138

Bylae 3: Verkiesingsprosedures

(c) deur twee lede van die betrokke provinsiale wetgewer, indien die Premier van die provinsie of die Speaker of Adjunkspeaker van die wetgewer verkies moet word.

(3) ‘n Persoon wat genomineer word, moet aanname van die nominasie te kenne gee deur óf die nominasievorm óf enige ander vorm van skriftelike bevestiging te teken.

Aankondiging van name van kandidate 4. Op ʼn vergadering waarop hierdie Bylae van toepassing is, moet die voorsittende persoon

die name aankondig van die persone wat as kandidate genomineer is, maar mag die voorsittende persoon geen debat toelaat nie.

Enkele kandidaat 5. Indien slegs een kandidaat genomineer word, moet die voorsittende persoon verklaar dat

daardie kandidaat verkies is.

Verkiesingsprosedure 6. Indien meer as een kandidaat genomineer word–

(a) moet daar by wyse van geheime stemming op die vergadering gestem word; (b) mag elke lid wat op die vergadering teenwoordig is, of indien dit ʼn vergadering

van die Nasionale Raad van Provinsies is, elke provinsie wat op die vergadering verteenwoordig is, een stem uitbring; en

(c) moet die voorsittende persoon die kandidaat wat ʼn meerderheid van die stemme kry, verkies verklaar.

Uitskakelingsprosedure 7. (1) Indien geen kandidaat ʼn meerderheid van die stemme kry nie, word die kandidaat

wat die laagste getal stemme gekry het uitgeskakel en moet ʼn verdere stemming oor die oorblywende kandidate ooreenkomstig item 6 plaasvind. Hierdie prosedure moet herhaal word totdat ʼn kandidaat ʼn meerderheid van die stemme kry.

(2) Indien, by die toepassing van subitem (1), twee of meer kandidate die laagste getal stemme kry, moet ʼn afsonderlike stemming oor daardie kandidate gehou word, en so dikwels nodig herhaal word, om te bepaal watter kandidaat uitgeskakel moet word.

139

Bylae 3: Verkiesingsprosedures

Verdere vergaderings 8. � (1) Indien slegs twee kandidate genomineer word, of indien slegs twee kandidate

oorbly nadat ʼn uitskakelingsprosedure toegepas is en daardie twee kandidate dieselfde getal stemme kry, moet ʼn verdere vergadering binne sewe dae gehou word op ʼn tyd wat deur die voorsittende persoon bepaal word.

(2) � Indien ʼn verdere vergadering ingevolge subitem (1) gehou word, moet die prosedure in hierdie Bylae voorgeskryf by daardie vergadering toegepas word asof dit die eerste vergadering vir die betrokke verkiesing is.

Reëls 9. (1) � Die Hoofregter moet reëls maak waardeur voorgeskryf word–

(a) � die prosedure vir vergaderings waarop hierdie Bylae van toepassing is; (b) � die pligte van ʼn persoon wat op ʼn vergadering voorsit, en van enige persoon

wat die voorsittende persoon bystaan; (c) � die vorm waarop nominasies voorgelê moet word; en (d) � die wyse waarop die stemming moet geskied.

(2) Hierdie reëls moet bekend gemaak word op die wyse wat die Hoofregter bepaal.

deel b formule om partydeelname aan provinsiale afvaardigings na

die nasionale Raad van provinsies te bepaal

1. � Die getal afgevaardigdes in ʼn provinsiale afvaardiging na die Nasionale Raad van Provinsies waarop ʼn party geregtig is, moet bepaal word deur die getal setels wat die party in die provinsiale wetgewer het met tien te vermenigvuldig en die resultaat te deel deur die getal setels in die wetgewer, plus een.

2. � Indien ʼn berekening ingevolge item 1 ʼn surplus oplewer wat nie opgeneem word deur die afgevaardigdes wat ingevolge daardie item aan ʼn party toegewys word nie, moet die surplus meeding met soortgelyke surplusse wat enige ander party of partye toekom, en enige afgevaardigdes in die afvaardiging wat nie toegeken is nie, moet aan die party of partye in volgorde van die hoogste surplus toegeken word.

140

Bylae 3: Verkiesingsprosedures

3. Indien die mededingende surplusse in item 2 beoog gelyk is, word die onverdeelde afgevaardigdes in die afvaardiging toegeken aan die party of partye met dieselfde surplus in die volgorde van die hoogste tot die laagste getal stemme wat vir daardie partye aangeteken is tydens die vorige verkiesing van die betrokke provinsiale wetgewer. [Item 3 bygevoeg by a. 2 van die “Constitution Fourth Amendment Act of 1999” en vervang by a. 3 van die Negende Wysigingswet op die Grondwet van 2002 en by a. 5(a) van die Veertiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]

4. Indien meer as een party met dieselfde surplus dieselfde getal stemme gedurende die vorige verkiesing van die betrokke provinsiale wetgewer aangeteken het, moet die betrokke wetgewer die onverdeelde afgevaardigdes in die afvaardiging toeken aan die party of partye met dieselfde surplus op ʼn wyse wat met demokrasie bestaanbaar is. [Item 4 bygevoeg by a. 5(b) van die Veertiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]

141

Bylae 4: Funksionele gebiede van Konkurrente Nasionale en Provinsiale Wetgewende Bevoegdheid

ByLAE 4 funkSiOnele Gebiede van kOnkuRRenTe naSiOnale en

pROvinSiale WeTGeWende bevOeGdheid

deel a

• � Administrasie van inheemse woude • � Behuising • � Besoedelingsbeheer • � Bevolkingsontwikkeling • � Casino’s, wedrenne, dobbelary en weddenskappe, uitgesonderd loterye en sportloterye • � Dierebeheer en -siektes • � Eiendomsoordraggelde • � Gesondheidsdienste • � Grondbewaring • � Handel • � Inheemse reg en gewoontereg, behoudens Hoofstuk 12 van die Grondwet • � Kultuuraangeleenthede • � Landbou • � Lughawens, behalwe internasionale en nasionale lughawens • � Mediadienste regstreeks deur die provinsiale regering beheer of voorsien, behoudens

artikel 192 • � Natuurbewaring, uitgesonderd nasionale parke, nasionale botaniese tuine en mariene

bronne • � Nywerheidsbevordering • � Omgewing • � Onderwys op alle vlakke, uitgesonderd tersiêre onderwys • � Openbare vervoer • � Openbare werke slegs ten opsigte van die behoeftes van provinsiale regeringsdepar-

temente vir die nakoming van hul verantwoordelikhede om funksies wat kragtens die Grondwet of enige ander wet spesifiek aan hulle opgedra is, te administreer

• � Polisie in die mate waarin die bepalings van Hoofstuk 11 van die Grondwet wetgewende bevoegdheid aan die provinsiale wetgewers verleen

142

Bylae 4: Funksionele gebiede van Konkurrente Nasionale en Provinsiale Wetgewende Bevoegdheid

• Provinsiale openbare ondernemings ten opsigte van die funksionele gebiede in hierdie Bylae en Bylae 5

• Rampbestuur • Reëling van padverkeer • Stedelike en landelike ontwikkeling • Streeksbeplanning en -ontwikkeling • Taalbeleid en die reël van amptelike tale in die mate waarin die bepalings van artikel 6 van

die Grondwet uitdruklik wetgewende bevoegdheid aan die provinsiale wetgewers verleen • Toerisme • Tradisionele leierskap, behoudens Hoofstuk 12 van die Grondwet • Verbruikersbeskerming • Voertuiglisensiëring • Welsynsdienste

deel b

Die volgende plaaslike regeringsaangeleenthede in die mate in artikel 155(6)(a) en (7) uiteengesit: • Bouregulasies • Brandbestrydingsdienste • Elektrisiteits- en gasvoorsieningstelsels • Handelsregulasies • Kindersorggeriewe • Lugbesoedeling • Munisipale beplanning • Munisipale gesondheidsdienste • Munisipale lughawens • Munisipale openbare vervoer • Munisipale openbare werke slegs ten opsigte van die behoeftes van munisipaliteite vir die

nakoming van hul verantwoordelikhede om funksies wat kragtens die Grondwet of enige ander wet spesifiek aan hulle opgedra is, te administreer

• Plaaslike toerisme • Ponte, veerbote, hawehoofde, piere en hawens, uitgesonderd die reëling van internasion-

ale en nasionale skeepvaart en verwante aangeleenthede • Vloedwaterbestuurstelsels in beboude gebiede • Water- en sanitasiedienste, beperk tot stelsels vir die voorsiening van drinkbare water en

die wegdoen van huishoudelike afvalwater en rioolvuil

143

Bylae 5: Funksionele gebiede van Eksklusiewe Provinsiale Wetgewende Bevoegdheid

ByLAE 5 funkSiOnele Gebiede van ekSkluSieWe pROvinSiale

WeTGeWende bevOeGdheid

deel a

• Abattoirs • Ambulansdienste • Argiewe, behalwe nasionale argiewe • Biblioteke, behalwe nasionale biblioteke • Dranklisensies • Museums, behalwe nasionale museums • Provinsiale beplanning • Provinsiale kultuuraangeleenthede • Provinsiale ontspanning en geriewe • Provinsiale paaie en verkeer • Provinsiale sport • Veeartsenykundige dienste, uitgesonderd die reëling van die beroep

deel b

Die volgende plaaslike regeringsaangeleenthede in die mate in artikel 155(6)(a) en (7) vir provinsies uiteengesit: • Begraafplase, lykdienslokale en krematoriums • Beheer oor ondernemings wat drank aan die publiek verkoop • Beheer oor openbare steurnisse • Geraasbesoedeling • Geriewe vir die huisvesting, versorging en begrawe van diere • Lisensiëring van en beheer oor ondernemings wat voedsel aan die publiek verkoop • Lisensiëring van honde • Markte • Munisipale abattoirs • Munisipale paaie • Munisipale parke en ontspanning

144

Bylae 5: Funksionele gebiede van Eksklusiewe Provinsiale Wetgewende Bevoegdheid

• Omheinings en heinings • Openbare plekke • Plaaslike geriewe • Plaaslike sportgeriewe • Reiniging • Reklameborde en die vertoon van advertensies op openbare plekke • Skutte • Straathandel • Straatverligting • Strande en vermaaklikheidsgeriewe • Verkeer en parkering • Vullisverwydering, vullishope en die wegdoen van vaste afvalstowwe

145

Bylae 6: Oorgangsreëlings

ByLAE 6 OORGanGSReËlinGS

[Bylae 6 gewysig by a. 3 van die “Constitution First Amendment Act of 1997”, by a. 5(a) van die “Constitution Second Amendment Act of 1998” en by a. 20 van die Sesde Wysigingswet op die

Grondwet van 2001.]

Woordomskrywing 1. � In hierdie Bylae, tensy uit die samehang anders blyk, beteken–

“nuwe Grondwet” die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996; “oubedeling-wetgewing” wetgewing verorden voordat die vorige Grondwet in werking getree het; “tuisland” ʼn deel van die Republiek waarmee, voordat die vorige Grondwet in werking getree het, in Suid-Afrikaanse wetgewing gehandel is as ʼn onafhanklike of selfregerende gebied; “vorige Grondwet” die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993 (Wet 200 van 1993).

Voortbestaan van bestaande regsvoorskrifte 2. (1) Alle regsvoorskrifte wat van krag was toe die nuwe Grondwet in werking getree het,

bly van krag behoudens– (a) � enige wysiging of herroeping; en (b) � bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.

(2) Oubedeling-wetgewing wat ingevolge subitem (1) van krag bly– (a) � het nie ʼn wyer toepassing, hetsy gebiedsgewys of andersins, as wat dit gehad

het voordat die vorige Grondwet in werking getree het nie, tensy dit daarna gewysig is om ʼn wyer toepassing te hê; en

(b) � word, behoudens die nuwe Grondwet, steeds geadministreer deur die gesag wat dit geadministreer het toe die nuwe Grondwet in werking getree het.

Bylae 6: Oorgangsreëlings

Uitleg van bestaande wetgewing 3. (1) Tensy dit onbestaanbaar met die konteks of duidelik onvanpas is, word ʼn verwysing

in enige wetgewing wat bestaan het toe die nuwe Grondwet in werking getree het– (a) na die Republiek van Suid-Afrika of ʼn tuisland (behalwe wanneer dit na ʼn

grondgebied verwys), uitgelê as ʼn verwysing na die Republiek van Suid-Afrika kragtens die nuwe Grondwet;

(b) na die Parlement, die Nasionale Vergadering of die Senaat, uitgelê as ʼn verwysing na die Parlement, die Nasionale Vergadering of die Nasionale Raad van Provinsies kragtens die nuwe Grondwet;

(c) na die President, ʼn Uitvoerende Adjunkpresident, ʼn Minister, ʼn Adjunkminister of die Kabinet, behoudens item 9 van hierdie Bylae uitgelê as ʼn verwysing na die President, die Adjunkpresident, ʼn Minister, ʼn Adjunkminister of die Kabinet kragtens die nuwe Grondwet;

(d) na die President van die Senaat, uitgelê as ʼn verwysing na die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies;

(e) na ʼn provinsiale wetgewer, Premier, Uitvoerende Raad of lid van ʼn Uitvoerende Raad van ʼn provinsie, behoudens item 12 van hierdie Bylae uitgelê as ʼn verwysing na ʼn provinsiale wetgewer, Premier, Uitvoerende Raad of lid van ʼn Uitvoerende Raad kragtens die nuwe Grondwet; of

(f) na ʼn amptelike taal of tale, uitgelê as ʼn verwysing na enige van die amptelike tale kragtens die nuwe Grondwet.

(2) Tensy dit onbestaanbaar met die konteks of duidelik onvanpas is, word ʼn verwysing in enige oorblywende oubedeling-wetgewing– (a) na ʼn Parlement, ʼn Huis van ʼn Parlement of ʼn wetgewende vergadering of

liggaam van die Republiek of van ʼn tuisland, uitgelê as ʼn verwysing na– (i) die Parlement kragtens die nuwe Grondwet, indien die administrasie van

daardie wetgewing ingevolge die vorige Grondwet of hierdie Bylae aan die nasionale uitvoerende gesag toegewys of opgedra is; of

(ii) die provinsiale wetgewer van ʼn provinsie, indien die administrasie van daardie wetgewing ingevolge die vorige Grondwet of hierdie Bylae aan ʼn provinsiale uitvoerende gesag toegewys of opgedra is; of

(b) na ʼn Staatspresident, Hoofminister, Administrateur of ander hoof- uitvoerende beampte, Kabinet, Ministersraad of uitvoerende raad van die Republiek of van ʼn tuisland, uitgelê as ʼn verwysing na–

146

147

Bylae 6: Oorgangsreëlings

(i) � die President kragtens die nuwe Grondwet, indien die administrasie van daardie wetgewing ingevolge die vorige Grondwet of hierdie Bylae aan die nasionale uitvoerende gesag toegewys of opgedra is; of

(ii) � die Premier van ʼn provinsie kragtens die nuwe Grondwet, indien die administrasie van daardie wetgewing ingevolge die vorige Grondwet of hierdie Bylae aan ʼn provinsiale uitvoerende gesag toegewys of opgedra is.

Nasionale Vergadering 4. � (1) Enigiemand wat ʼn lid of ampsdraer van die Nasionale Vergadering was toe die

nuwe Grondwet in werking getree het, word ʼn lid of ampsdraer van die Nasionale Vergadering kragtens die nuwe Grondwet, en beklee die amp as lid of ampsdraer ingevolge die nuwe Grondwet.

(2) � Die Nasionale Vergadering soos ingevolge subitem (1) saamgestel, word beskou as verkies te wees kragtens die nuwe Grondwet vir ʼn termyn wat op 30 April 1999 verstryk.

(3) � Vir die duur van die Nasionale Vergadering se termyn wat behoudens artikel 49(4) van die nuwe Grondwet op 30 April 1999 verstryk, bestaan die Vergadering uit 400 lede.

(4) � Die reëls en orders van die Nasionale Vergadering wat van krag was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, bly van krag behoudens enige wysiging of herroeping.

Onafgehandelde werk voor Parlement 5. � (1) Daar word met enige onafgehandelde werk voor die Nasionale Vergadering

wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, ingevolge die nuwe Grondwet voortgegaan.

(2) � Enige onafgehandelde werk voor die Senaat wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, moet na die Nasionale Raad van Provinsies verwys word, en die Raad moet ingevolge die nuwe Grondwet met daardie werk voortgaan.

148

Bylae 6: Oorgangsreëlings

Verkiesing van Nasionale Vergadering 6. (1) Geen verkiesing van die Nasionale Vergadering mag voor 30 April 1999 gehou word

nie tensy die Vergadering ontbind word ingevolge artikel 50(2) na ʼn voorstel van wantroue in die President ingevolge artikel 102(2) van die nuwe Grondwet.

(2) Artikel 50(1) van die nuwe Grondwet word opgeskort tot 30 April 1999. (3) Ondanks die herroeping van die vorige Grondwet, is Bylae 2 by daardie Grondwet,

soos gewysig deur Aanhangsel A by hierdie Bylae, van toepassing– (a) op die eerste verkiesing van die Nasionale Vergadering kragtens die nuwe

Grondwet; (b) op die verlies van lidmaatskap van die Vergadering in ander omstandighede

as dié waarvoor in artikel 47(3) van die nuwe Grondwet voorsiening gemaak word; en

(c) op die vul van vakatures in die Vergadering, en die aanvulling, hersiening en aanwending van partylyste vir die vul van vakatures, tot die tweede verkiesing van die Vergadering kragtens die nuwe Grondwet.

(4) Artikel 47(4) van die nuwe Grondwet word opgeskort tot die tweede verkiesing van die Nasionale Vergadering kragtens die nuwe Grondwet.

Nasionale Raad van Provinsies 7. (1) Vir die tydperk wat eindig onmiddellik voor die eerste sitting van ʼn provinsiale

wetgewer gehou na sy eerste verkiesing kragtens die nuwe Grondwet– (a) moet die verhouding van partyverteenwoordiging in die provinsie se

afvaardiging na die Nasionale Raad van Provinsies dieselfde wees as die verhouding waarin die provinsie se tien senatore ingevolge artikel 48 van die vorige Grondwet benoem is; en

(b) is die toekenning van vaste afgevaardigdes en spesiale afgevaardigdes aan die partye wat in die provinsiale wetgewer verteenwoordig is, soos volg:

Bylae 6: Oorgangsreëlings

PROVINSIE VASTE AFGEVAARDIGDES SPESIALE AFGEVAARDIGDES 1. Oos-Kaap ANC5

NP 1 ANC 4

2. Vrystaat ANC4 VF1 NP 1

ANC 4

3. Gauteng ANC3 DP1 VF1 NP 1

ANC3

NP 1

4. KwaZulu-Natal ANC1 DP1 IVP3 NP 1

ANC2

IVP 2

5. Mpumalanga ANC4 VF1 NP 1

ANC 4

6. Noord-Kaap ANC3 VF1 NP 2

ANC2

NP 2

7. Limpopo ANC 6 ANC 4

8. Noordwes ANC4 VF1 NP 1

ANC 4

9. Wes-Kaap ANC2 DP1 NP 3

ANC1

NP 3

(2) ‘n Party wat in ʼn provinsiale wetgewer verteenwoordig is– (a) � moet sy vaste afgevaardigdes benoem uit die persone wat senatore was toe

die nuwe Grondwet in werking getree het en wat beskikbaar is om as vaste afgevaardigdes te dien; en

149

150

(b) kan ander persone as vaste afgevaardigdes benoem slegs indien daar geen of ʼn onvoldoende getal van sy voormalige senatore beskikbaar is.

(3) ‘n Provinsiale wetgewer moet sy vaste afgevaardigdes ooreenkomstig die benoemings van die partye aanstel.

(4) Subitems (2) en (3) is van toepassing slegs op die eerste aanstelling van vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies.

(5) Artikel 62(1) van die nuwe Grondwet is nie van toepassing op die benoeming en aanstelling van voormalige senatore as vaste afgevaardigdes ingevolge hierdie item nie.

(6) Die reëls en orders van die Senaat wat van krag was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, moet ten opsigte van die werk van die Nasionale Raad toegepas word in die mate waarin dit toegepas kan word, behoudens enige wysiging of herroeping.

Voormalige senatore 8. (1) ‘n Voormalige senator wat nie as ʼn vaste afgevaardigde na die Nasionale Raad van

Provinsies aangestel word nie, is geregtig om ʼn ten volle stemgeregtigde lid te word van die wetgewer van die provinsie waaruit daardie persoon ingevolge artikel 48 van die vorige Grondwet as ʼn senator benoem is.

(2) Indien ʼn voormalige senator kies om nie ʼn lid van ʼn provinsiale wetgewer te word nie, word daar beskou dat daardie persoon as senator bedank het op die dag voordat die nuwe Grondwet in werking getree het.

(3) Die salaris, toelaes en voordele van ʼn voormalige senator wat as ʼn vaste afgevaardigde of as ʼn lid van ʼn provinsiale wetgewer aangestel is, mag nie slegs vanweë daardie aanstelling verminder word nie.

Nasionale uitvoerende gesag 9. (1) Enigiemand wat kragtens die vorige Grondwet die President, ʼn Uitvoerende

Adjunkpresident, ʼn Minister of ʼn Adjunkminister was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, bly aan in en beklee daardie amp ingevolge die nuwe Grondwet, maar behoudens subitem (2).

(2) Tot 30 April 1999 word artikels 84, 89, 90, 91, 93 en 96 van die nuwe Grondwet geag te lui soos in Aanhangsel B by hierdie Bylae uiteengesit.

Bylae 6: Oorgangsreëlings

151

Bylae 6: Oorgangsreëlings

(3) � Subitem (2) belet nie ʼn Minister wat ʼn senator was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, om aan te bly nie as ʼn Minister genoem in artikel 91(1)(a) van die nuwe Grondwet, soos dié artikel in Aanhangsel B lui.

Provinsiale wetgewers 10. (1) Enigiemand wat ʼn lid of ampsdraer van ʼn provinsie se wetgewer was toe die

nuwe Grondwet in werking getree het, word ʼn lid of ampsdraer van die wetgewer vir daardie provinsie kragtens die nuwe Grondwet, en beklee die amp van lid of ampsdraer ingevolge die nuwe Grondwet en ʼn provinsiale grondwet wat verorden mag word.

(2) ʼn Provinsiale wetgewer soos ingevolge subitem (1) saamgestel, word beskou as kragtens die nuwe Grondwet verkies te wees vir ʼn termyn wat op 30 April 1999 verstryk.

(3) Vir die duur van sy termyn wat op 30 April 1999 verstryk, en behoudens artikel 108(4), bestaan ʼn provinsiale wetgewer uit die getal lede kragtens die vorige Grondwet vir daardie wetgewer bepaal sowel as die getal voormalige senatore wat ingevolge item 8 van hierdie Bylae lede van die wetgewer geword het.

(4) Die reëls en orders van ʼn provinsiale wetgewer wat van krag was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, bly van krag behoudens enige wysiging of herroeping.

Verkiesings van provinsiale wetgewers 11 . (1) Ondanks die herroeping van die vorige Grondwet, is Bylae 2 by daardie Grondwet,

soos gewysig deur Aanhangsel A by hierdie Bylae, van toepassing– (a) � op die eerste verkiesing van ʼn provinsiale wetgewer kragtens die nuwe

Grondwet; (b) � op die verlies van lidmaatskap van ʼn wetgewer in ander omstandighede as dié

waarvoor in artikel 106(3) van die nuwe Grondwet voorsiening gemaak word; en

(c) � op die vul van vakatures in ʼn wetgewer, en die aanvulling, hersiening en aanwending van partylyste vir die vul van vakatures, tot die tweede verkiesing van die wetgewer kragtens die nuwe Grondwet.

(2) � Artikel 106(4) van die nuwe Grondwet word ten opsigte van ʼn provinsiale wetgewer opgeskort tot die tweede verkiesing van die wetgewer kragtens die nuwe Grondwet.

152

Provinsiale uitvoerende gesagte 12. (1) Enigiemand wat die Premier of ʼn lid van die Uitvoerende Raad van ʼn provinsie was

toe die nuwe Grondwet in werking getree het, bly aan in en beklee daardie amp ingevolge die nuwe Grondwet en ʼn provinsiale grondwet wat verorden mag word, maar behoudens subitem (2).

(2) Totdat die Premier wat na die eerste verkiesing van ʼn provinsie se wetgewer kragtens die nuwe Grondwet verkies word, die amp aanvaar, of die provinsie sy grondwet verorden, wat ook al eerste plaasvind, word artikels 132 en 136 van die nuwe Grondwet geag te lui soos in Aanhangsel C by hierdie Bylae uiteengesit.

Provinsiale grondwette 13. ‘n Provinsiale grondwet wat aangeneem is voordat die nuwe Grondwet in werking getree

het, moet aan artikel 143 van die nuwe Grondwet voldoen.

Opdra van wetgewing aan provinsies 14. (1) Wetgewing met betrekking tot ʼn aangeleentheid binne ʼn funksionele gebied

in Bylae 4 of 5 by die nuwe Grondwet vermeld en wat, toe die nuwe Grondwet in werking getree het, deur ʼn gesag binne die nasionale uitvoerende gesag geadministreer is, kan deur die President by proklamasie opgedra word aan ʼn gesag binne ʼn provinsiale uitvoerende gesag wat deur die Uitvoerende Raad van die provinsie aangewys word.

(2) In die mate waarin dit vir die doeltreffende uitvoering van ʼn opdrag van wetgewing kragtens subitem (1) nodig is, kan die President by proklamasie– (a) die wetgewing wysig of aanpas om die uitleg of toepassing daarvan te reël; (b) waar die opdrag nie op ʼn stuk wetgewing as geheel van toepassing is nie,

dié bepalings daarvan waarop die opdrag van toepassing is of in die mate waarin die opdrag daarop van toepassing is, met of sonder enige wysigings of aanpassings in paragraaf (a) bedoel, herroep en herverorden; of

(c) enige ander aangeleentheid reël wat as gevolg van die opdrag nodig is, met inbegrip van die oorplasing of afstaan van personeel, of die oordrag van bates, laste, regte en verpligtinge na of van die nasionale of ʼn provinsiale uitvoerende gesag of ʼn staatsdepartement, administrasie, veiligheidsdiens of ander instelling.

Bylae 6: Oorgangsreëlings

153

Bylae 6: Oorgangsreëlings

(3) � (a) ʼn Afskrif van elke proklamasie wat ingevolge subitem (1) of (2) uitgereik is, moet binne tien dae na die publisering van die proklamasie aan die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies voorgelê word.

(b) � Indien sowel die Nasionale Vergadering as die Nasionale Raad die proklamasie of ʼn bepaling daarvan by besluit afkeur, verval die proklamasie of bepaling, maar dit raak nie– (i) � die geldigheid van enigiets wat ingevolge die proklamasie of bepaling

gedoen is voordat dit verval het nie; of (ii) � ʼn reg of voorreg verkry of ʼn verpligting of aanspreeklikheid opgeloop

voordat dit verval het nie. (4) � Wanneer wetgewing kragtens subitem (1) opgedra word, word ʼn verwysing in die

wetgewing na ʼn gesag wat dit administreer, uitgelê as ʼn verwysing na die gesag aan wie dit opgedra is.

(5) � ʼn Opdrag van wetgewing kragtens artikel 235(8) van die vorige Grondwet, met inbegrip van ʼn wysiging, aanpassing of herroeping en herverordening van enige wetgewing en enige ander stappe wat kragtens daardie artikel gedoen is, word beskou as kragtens hierdie item gedoen te wees.

Bestaande wetgewing buite die Parlement se wetgewende bevoegdheid 15. � (1) ‘n Gesag binne die nasionale uitvoerende gesag wat, wanneer die nuwe Grondwet

in werking tree, enige wetgewing administreer wat buite die Parlement se wetgewende bevoegdheid val, bly bevoeg om daardie wetgewing te administreer totdat dit ingevolge item 14 van hierdie Bylae aan ʼn gesag binne ʼn provinsiale uitvoerende gesag opgedra word.

(2) Subitem (1) verval twee jaar nadat die nuwe Grondwet in werking getree het.

Howe 16. � (1) Elke hof, met inbegrip van howe van tradisionele leiers, wat bestaan het toe

die nuwe Grondwet in werking getree het, gaan voort om te funksioneer en om jurisdiksie uit te oefen ingevolge die wetgewing wat daarop van toepassing is, en enigiemand wat die amp van regterlike beampte beklee, gaan voort om die amp te beklee ingevolge die wetgewing wat op daardie amp van toepassing is, behoudens–

154

Bylae 6: Oorgangsreëlings

(a) enige wysiging of herroeping van daardie wetgewing; en (b) bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.

(2) (a) Die Konstitusionele Hof wat deur die vorige Grondwet ingestel is, word die Konstitusionele Hof kragtens die nuwe Grondwet.

(b) ...... [Par. (b) geskrap by a. 20(a) van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(3) (a) Die Appèlafdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika word die Hoogste Hof van Appèl kragtens die nuwe Grondwet.

(b) ...... [Par. (b) geskrap by a. 20(a) van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

(4) (a) ‘n Provinsiale of plaaslike afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika of ʼn hooggeregshof van ʼn tuisland of ʼn algemene afdeling van so ʼn hof, word ʼn Hoë Hof kragtens die nuwe Grondwet sonder verandering van sy regsgebied, behoudens enige rasionalisering in subitem (6) beoog.

(b) Enigiemand wat die amp van Regter-president, Adjunk-regter-president of regter van ʼn hof in paragraaf (a) genoem, beklee of geag word dit te beklee wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, word die Regter-president, die Adjunk-regter-president of ʼn regter van so ʼn hof kragtens die nuwe Grondwet, behoudens enige rasionalisering in subitem (6) beoog.

(5) Tensy dit onbestaanbaar met die konteks of duidelik onvanpas is, word ʼn verwysing in enige wetgewing of proses na– (a) die Konstitusionele Hof kragtens die vorige Grondwet, uitgelê as ʼn verwysing

na die Konstitusionele Hof kragtens die nuwe Grondwet; (b) die Appèlafdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika, uitgelê as ʼn

verwysing na die Hoogste Hof van Appèl; en (c) ʼn provinsiale of plaaslike afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika of ʼn

hooggeregshof van ʼn tuisland of algemene afdeling van so ʼn hof, uitgelê as ʼn verwysing na ʼn Hoë Hof.

(6) (a) Sodra dit doenlik is nadat die nuwe Grondwet in werking getree het, moet alle howe, ook hulle struktuur, samestelling, funksionering en jurisdiksie, en alle tersaaklike wetgewing, gerasionaliseer word met die oog daarop om ʼn regstelsel in te stel wat aan die voorskrifte van die nuwe Grondwet voldoen.

155

Bylae 6: Oorgangsreëlings

(b) � Die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, handelende na oorleg met die Regterlike Dienskommissie, moet die rasionalisering beoog in paragraaf (a), bestuur.

(7) � (a) Enige persoon wat, wanneer die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001 in werking tree, die amp beklee van– (i) � die President van die Konstitusionele Hof, word die Hoofregter soos

beoog in artikel 167(1) van die nuwe Grondwet; (ii) � die Adjunkpresident van die Konstitusionele Hof, word die

Adjunkhoofregter soos beoog in artikel 167(1) van die nuwe Grondwet; (iii) � die Hoofregter, word die President van die Hoogste Hof van Appèl soos

beoog in artikel 168(1) van die nuwe Grondwet; en (iv) � die Adjunkhoofregter, word die Adjunkpresident van die Hoogste Hof van

Appèl soos beoog in artikel 168(1) van die nuwe Grondwet. (b) � Alle reëls, regulasies of voorskrifte deur die President van die Konstitusionele

Hof of die Hoofregter uitgevaardig wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001 van krag was, bly van krag totdat dit herroep of gewysig word.

(c) � Tensy dit onbestaanbaar met die konteks of duidelik onvanpas is, word ʼn verwysing in enige wet of prosesstuk na die Hoofregter of die President van die Konstitusionele Hof uitgelê as ʼn verwysing na die Hoofregter soos in artikel 167(1) van die nuwe Grondwet beoog.

[Subitem (7) bygevoeg by a. 20(b) van die Sesde Wysigingswet op die Grondwet van 2001.]

Sake hangende voor howe 17. � Alle verrigtinge wat voor ʼn hof hangende is wanneer die nuwe Grondwet in werking tree,

moet afgehandel word asof die nuwe Grondwet nie verorden is nie, tensy die belang van geregtigheid anders vereis.

Vervolgingsgesag 18. � (1) Artikel 108 van die vorige Grondwet bly van krag totdat die Parlementswet beoog

in artikel 179 van die nuwe Grondwet in werking tree. Hierdie subitem raak nie die aanstelling van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings ingevolge artikel 179 nie.

Bylae 6: Oorgangsreëlings

(2) � ‘n Prokureur-generaal wat die amp beklee wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, bly funksioneer ingevolge die wetgewing wat op daardie amp van toepassing is, behoudens subitem (1).

Ede en plegtige verklarings 19. � ‘n Persoon wat ingevolge hierdie Bylae in ʼn amp aanbly en wat kragtens die vorige

Grondwet ʼn ampseed of ʼn plegtige verklaring afgelê het, is nie verplig om die ampseed of plegtige verklaring kragtens die nuwe Grondwet te herhaal nie.

Ander grondwetlike instellings 20. � (1) In hierdie item beteken “grondwetlike instelling”–

(a) die Openbare Beskermer; (b) die Menseregtekommissie; �

[Par. (b) gewysig by a. 4 van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.] �

(c) die Kommissie op Geslagsgelykheid; (d) die Ouditeur-generaal; (e) die Suid-Afrikaanse Reserwebank; (f) die Finansiële en Fiskale Kommissie; (g) die Regterlike Dienskommissie; of (h) die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad.

(2) � ‘n Grondwetlike instelling wat ingevolge die vorige Grondwet ingestel is, gaan voort om te funksioneer ingevolge die wetgewing wat daarop van toepassing is, en enigiemand wat die amp van kommissielid, lid van die raad van die Reserwebank of die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, Openbare Beskermer of Ouditeur-generaal beklee wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, gaan voort om die amp te beklee ingevolge die wetgewing wat op daardie amp van toepassing is, behoudens– (a) enige wysiging of herroeping van daardie wetgewing; en (b) bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.

(3) � Artikels 199(1), 200(1), (3) en (5) tot (11) en 201 tot 206 van die vorige Grondwet bly van krag totdat dit herroep word deur ʼn Parlementswet wat ingevolge artikel 75 van die nuwe Grondwet aangeneem word.

(4) � Die lede van die Regterlike Dienskommissie genoem in artikel 105(1)(h) van die vorige Grondwet hou op om lede van die Kommissie te wees wanneer die lede genoem in artikel 178(1)(i) van die nuwe Grondwet aangestel word.

156

157

Bylae 6: Oorgangsreëlings

(5) � (a) Die Volkstaatraad ingestel ingevolge die vorige Grondwet gaan voort om te funksioneer ingevolge die wetgewing wat daarop van toepassing is, en enigiemand wat die amp van lid van die Raad beklee wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, gaan voort om die amp te beklee ingevolge die wetgewing wat op daardie amp van toepassing is, behoudens– (i) � enige wysiging of herroeping van daardie wetgewing; en (ii) � bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.

(b) � Artikels 184A en 184B(1)(a), (b) en (d) van die vorige Grondwet bly van krag totdat dit herroep word deur ʼn Parlementswet wat ingevolge artikel 75 van die nuwe Grondwet aangeneem word.

Verordening van wetgewing deur nuwe Grondwet vereis 21. (1) Waar die nuwe Grondwet die verordening van nasionale of provinsiale wetgewing

vereis, moet daardie wetgewing binne ʼn redelike tydperk vanaf die datum waarop die nuwe Grondwet in werking getree het deur die tersaaklike gesag verorden word.

(2) Artikel 198(b) van die nuwe Grondwet mag nie toegepas word voordat die wetgewing beoog in daardie artikel verorden is nie.

(3) Artikel 199(3)(a) van die nuwe Grondwet mag nie toegepas word voor die verstryking van drie maande nadat die wetgewing beoog in daardie artikel verorden is nie.

(4) Nasionale wetgewing beoog in artikel 217(3) van die nuwe Grondwet moet verorden word binne drie jaar vanaf die datum waarop die nuwe Grondwet in werking getree het, maar die afwesigheid van hierdie wetgewing gedurende hierdie tydperk belet nie die inwerkingstelling van die beleid in artikel 217(2) bedoel nie.

(5) Totdat die Parlementswet genoem in artikel 65(2) van die nuwe Grondwet verorden word, kan elke provinsiale wetgewer sy eie prosedure bepaal waarvolgens magtiging aan sy afvaardiging verleen word om namens hom stemme in die Nasionale Raad van Provinsies uit te bring.

(6) Totdat die wetgewing beoog in artikel 229(1)(b) van die nuwe Grondwet verorden word, bly ʼn munisipaliteit bevoeg om enige belasting, heffing of reg op te lê wat hy gemagtig was om op te lê toe die Grondwet in werking getree het.

158

Nasionale eenheid en versoening 22. (1) Ondanks die ander bepalings van die nuwe Grondwet en ondanks die herroeping

van die vorige Grondwet, word al die bepalings met betrekking tot amnestie wat in die vorige Grondwet onder die opskrif “Nasionale Eenheid en Versoening” vervat is, geag deel van die nuwe Grondwet uit te maak vir die doeleindes van die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening, 1995 (Wet 34 van 1995), soos gewysig, asook vir die doeleindes van die geldigheid daarvan.

(2) Vir die doeleindes van subitem (1) word die datum “6 Desember 1993” waar dit in die bepalings van die vorige Grondwet onder die opskrif van “Nasionale Eenheid en Versoening” verskyn, geag “11 Mei 1994” te lui.

[Subitem (2) bygevoeg by a. 3 van die “Constitution First Amendment Act of 1997”.]

Handves van Regte 23. (1) Nasionale wetgewing beoog in artikels 9(4), 32(2) en 33(3) van die nuwe Grondwet

moet binne drie jaar vanaf die datum waarop die nuwe Grondwet in werking getree het, verorden word.

(2) Totdat die wetgewing beoog in artikels 32(2) en 33(3) van die nuwe Grondwet verorden word– (a) word artikel 32(1) geag soos volg te lui:

“(1) Elke persoon het die reg op toegang tot alle inligting wat deur die staat of enige van sy organe in enige regeringsfeer gehou word vir sover daardie inligting benodig word vir die uitoefening of beskerming van enige van hul regte.”; en

(b) word artikel 33(1) en (2) geag soos volg te lui: “Elke persoon het die reg– (a) op regsgeldige administratiewe optrede waar enige van hul regte of belange geraak of bedreig word;

(b) op prosedureel billike administratiewe optrede waar enige van hul regte of regmatige verwagtings geraak of bedreig word;

(c) om skriftelik voorsien te word van redes vir administratiewe optrede wat enige van hul regte of belange raak, tensy die redes vir daardie optrede openbaar gemaak is; en

(d) op administratiewe optrede wat regverdigbaar is met betrekking tot die redes wat daarvoor gegee word, waar enige van hul regte geraak of bedreig word.”.

Bylae 6: Oorgangsreëlings

159

Bylae 6: Oorgangsreëlings

(3) � Artikels 32(2) en 33(3) van die nuwe Grondwet verval indien die wetgewing wat in daardie artikels onderskeidelik beoog word, nie binne drie jaar vanaf die datum waarop die nuwe Grondwet in werking getree het, verorden word nie.

Staatsadministrasie en veiligheidsdienste 24. � (1) Artikels 82(4)(b), 215, 218(1), 219(1), 224 tot 228, 236(1), (2), (3), (6), (7)(b) en

(8), 237(1) en (2)(a) en 239(4) en (5) van die vorige Grondwet bly van krag asof die vorige Grondwet nie herroep is nie, behoudens– (a) � die wysigings aan daardie artikels soos in Aanhangsel D uiteengesit; (b) � enige verdere wysiging of enige herroeping van daardie artikels deur ʼn

Parlementswet wat ingevolge artikel 75 van die nuwe Grondwet aangeneem is; en

(c) � bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet. (2) � Die Staatsdienskommissie en die provinsiale dienskommissies bedoel in Hoofstuk 13

van die vorige Grondwet gaan voort om te funksioneer ingevolge daardie Hoofstuk en die wetgewing wat daarop van toepassing is asof daardie Hoofstuk nie herroep is nie, totdat die Kommissie en die provinsiale dienskommissies by Parlementswet ingevolge artikel 75 van die nuwe Grondwet aangeneem, afgeskaf word.

(3) � Die herroeping van die vorige Grondwet raak nie enige proklamasie wat kragtens artikel 237(3) van die vorige Grondwet uitgereik is nie, en so ʼn proklamasie bly van krag, behoudens – (a) � enige wysiging of herroeping; en (b) � bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.

Bykomende onbevoegdheid vir wetgewers 25. � (1) Enigiemand wat, toe die nuwe Grondwet in werking getree het, besig was om ʼn

vonnis van meer as 12 maande gevangenisstraf sonder die keuse van ʼn boete in die Republiek uit te dien, is onbevoeg om ʼn lid van die Nasionale Vergadering of ʼn provinsiale wetgewer te word.

(2) � Die onbevoegdheid van ʼn persoon ingevolge subitem (1)– (a) � verval indien die skuldigbevinding op appèl tersyde gestel word, of die vonnis

op appèl verminder word tot ʼn vonnis wat daardie persoon nie onbevoeg maak nie; en

(b) � eindig vyf jaar nadat die vonnis voltooi is.

160

Plaaslike regering 26. (1) Ondanks die bepalings van artikels 151, 155, 156 en 157 van die nuwe Grondwet–

(a) bly die bepalings van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993 (Wet 209 van 1993), soos dit van tyd tot tyd gewysig kan word deur nasionale wetgewing wat met die nuwe Grondwet bestaanbaar is, van krag ten opsigte van ʼn Munisipale Raad totdat ʼn Munisipale Raad wat daardie Raad vervang, verkose verklaar is as gevolg van die eerste algemene verkiesing van Munisipale Rade na die inwerkingtrede van die nuwe Grondwet; en

[Par. (a) vervang by a. 5(a) van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.]

(b) is ʼn tradisionele leier van ʼn gemeenskap wat ʼn stelsel van inheemse reg naleef en woon op grond binne die gebied van ʼn plaaslike oorgangsraad, landelike oorgangsraad of verteenwoordigende oorgangsraad in die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993, genoem en wat geïdentifiseer is soos in artikel 182 van die vorige Grondwet uiteengesit, ampshalwe daarop geregtig om ʼn lid van daardie raad te wees totdat ʼn Munisipale Raad wat daardie Raad vervang, verkose verklaar is as gevolg van die eerste algemene verkiesing van Munisipale Rade na die inwerkingtrede van die nuwe Grondwet.

[Par. (b) vervang by a. 5(a) van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.]

(2) Artikel 245(4) van die vorige Grondwet bly van krag totdat die toepassing van daardie artikel verval. Artikel 16(5) en (6) van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993, mag nie voor 30 April 2000 herroep word nie.

[Subitem (2) gewysig by a. 5(b) van die “Constitution Second Amendment Act of 1998”.]

Veilige bewaring van Parlementswette en provinsiale Wette 27. Artikels 82 en 124 van die nuwe Grondwet raak nie die veilige bewaring van

Parlementswette of provinsiale Wette wat aangeneem is voordat die nuwe Grondwet in werking getree het nie.

Registrasie van onroerende eiendom van die staat 28. (1) By die voorlegging van ʼn sertifikaat deur ʼn bevoegde gesag dat onroerende

eiendom van die staat ingevolge artikel 239 van die vorige Grondwet in ʼn bepaalde regering setel, moet ʼn registrateur van aktes die aantekeninge of endossemente in

Bylae 6: Oorgangsreëlings

161

Bylae 6: Oorgangsreëlings

of op enige betrokke register, transportakte of ander dokument aanbring ten einde daardie onroerende eiendom in die naam van daardie regering te registreer.

(2) � Geen belasting, gelde of ander vordering is ten opsigte van ʼn registrasie ingevolge subitem (1) betaalbaar nie.

162

AANhANGSEL A WYSiGinGS van bYlae 2 bY die vORiGe GROndWeT

1. Die vervanging van item 1 deur die volgende item: “1. Partye wat ingevolge nasionale wetgewing geregistreer is en wat aan ʼn verkiesing

van die Nasionale Vergadering deelneem, moet kandidate vir sodanige verkiesing benoem op kandidaatlyste wat ooreenkomstig hierdie Bylae en nasionale wetgewing opgestel is.”.

2. Die vervanging van item 2 deur die volgende item: “2. Die setels in die Nasionale Vergadering soos ingevolge artikel 46 van die nuwe

Grondwet bepaal, word soos volg gevul: (a) Een helfte van die setels uit streeklyste deur die onderskeie partye voorgelê,

met ʼn vaste getal setels vir elke streek voorbehou soos deur die Kommissie bepaal vir die volgende verkiesing van die Vergadering, met inagneming van beskikbare wetenskaplik gebaseerde gegewens met betrekking tot kiesers, en vertoë deur belanghebbende partye.

(b) Die ander helfte van die setels uit nasionale lyste deur die onderskeie partye voorgelê, of uit streeklyste waar nasionale lyste nie voorgelê is nie.”.

3. Die vervanging van item 3 deur die volgende item: “3. Die kandidaatlyste wat deur ʼn party voorgelê word, moet gesamentlik die name van

hoogstens ʼn getal kandidate gelyk aan die getal setels in die Nasionale Vergadering bevat, en elke sodanige lys moet daardie name in die vaste rangorde van voorkeur wat die party bepaal, aandui.”.

4. Die wysiging van item 5 deur die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: “5. Die setels bedoel in item 2(a) word per streek toegewys aan die partye wat aan ʼn

verkiesing deelneem, soos volg:”. 5. Die wysiging van item 6–

(a) deur die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: “6. Die setels bedoel in item 2(b) word soos volg aan die partye wat aan ʼn verkiesing deelneem, toegewys:”; en

Aanhangsel A

163

Aanhangsel A

(b) � deur paragraaf (a) deur die volgende paragraaf te vervang: “(a) ‘n Kwota stemme per setel word bepaal deur die totale getal stemme wat landswyd uitgebring is deur die getal setels in die Nasionale Vergadering plus een te deel, en die resultaat plus een, met weglating van breukdele, is die kwota stemme per setel.”.

6. Die wysiging van item 7(3) deur paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang: “(b) ‘n Gewysigde kwota stemme per setel word bepaal deur die totale getal stemme

wat landswyd uitgebring is, minus die getal stemme wat landswyd ten gunste van die party bedoel in paragraaf (a) uitgebring is, te deel deur die getal setels in die Vergadering plus een, minus die getal setels wat finaal aan bedoelde party ingevolge paragraaf (a) toegewys is.”.

7. Die vervanging van item 10 deur die volgende item: “10. Die getal setels in elke provinsiale wetgewer is soos ingevolge artikel 105 van die

nuwe Grondwet bepaal.”. 8. Die vervanging van item 11 deur die volgende item:

“11. Partye wat ingevolge nasionale wetgewing geregistreer is en wat aan ʼn verkiesing van ʼn provinsiale wetgewer deelneem, moet kandidate vir verkiesing tot so ʼn provinsiale wetgewer benoem op provinsiale lyste wat ooreenkomstig hierdie Bylae en nasionale wetgewing opgestel is.”.

9. Die vervanging van item 16 deur die volgende item: “Aanwysing van verteenwoordigers 16. (1) Nadat die telling van stemme afgehandel is, die getal verteenwoordigers

van elke party bepaal is en die verkiesingsuitslag ingevolge artikel 190 van die nuwe Grondwet bekend gemaak is, moet die Kommissie, binne twee dae na sodanige bekendmaking, uit elke kandidaatlys wat ingevolge nasionale wetgewing gepubliseer is, die verteenwoordigers van elke party in die wetgewende liggaam aanwys.

(2) � In opvolging van die aanwysing ingevolge subitem (1), indien ʼn kandidaat se naam op meer as een lys vir die Nasionale Vergadering of lyste vir sowel die Nasionale Vergadering as ʼn provinsiale wetgewer verskyn (indien ʼn verkiesing van die Vergadering en ʼn provinsiale wetgewer tegelyk plaasvind), en so ʼn kandidaat geregtig is op aanwysing as ʼn verteenwoordiger in meer as een geval, moet die party wat daardie lyste voorgelê het, binne twee dae na

164

bedoelde bekendmaking, aan die Kommissie aandui uit watter lys daardie kandidaat aangewys gaan word of in watter wetgewende liggaam die kandidaat gaan dien, na gelang van die geval, in welke geval die kandidaat se naam van die ander lyste geskrap moet word.

(3) Die Kommissie moet onverwyld die lys van name van verteenwoordigers in die wetgewende liggaam of liggame publiseer”.

10. Die wysiging van item 18 deur paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang: “(b) ‘n verteenwoordiger as ʼn vaste afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies

aangestel word;”. 11. Die vervanging van item 19 deur die volgende item:

“19. Kandidaatlyste van ʼn party bedoel in item 16(1) kan slegs by een geleentheid te eniger tyd gedurende die eerste 12 maande wat volg op die datum waarop die aanwysing van verteenwoordigers ingevolge item 16 afgehandel is, aangevul word ten einde toevallige vakatures te vul: Met dien verstande dat so ʼn aanvulling aan die einde van die lys gemaak moet word.”.

12. Die vervanging van item 23 deur die volgende item: “Vakatures 23. (1) In die geval van ʼn vakature in ʼn wetgewende liggaam waarop hierdie Bylae

van toepassing is, vul die party wat die ontruimende lid benoem het die vakature deur ʼn persoon te benoem— (a) wie se naam verskyn op die kandidaatlys waaruit die ontruimende lid

oorspronklik benoem is; en (b) wat die volgende bevoegde en beskikbare persoon op die lys is.

(2) ʼn Benoeming om ʼn vakature te vul, moet skriftelik aan die Speaker voorgelê word.

(3) Indien ʼn party wat in ʼn wetgewende liggaam verteenwoordig is, ontbind of ophou om te bestaan en die betrokke lede hul setels ontruim uit hoofde van item 23A(1), word die betrokke setels aan die oorblywende partye toegewys mutatis mutandis asof daardie setels ingevolge item 7 of 14, na gelang van die geval, verbeur is.”.

13. Die invoeging van die volgende item na item 23: “Bykomende grond vir verlies van lidmaatskap van wetgewende liggame

Aanhangsel A

165

Aanhangsel A

23A (1) ‘nPersoon verbeur lidmaatskap van ʼn wetgewende liggaam waarop hierdie Bylae van toepassing is indien daardie persoon ophou om ʼn lid te wees van die party wat daardie persoon as ʼn lid van die wetgewende liggaam benoem het.

(2) � Ondanks subitem (1) kan ʼn bestaande politieke party te eniger tyd sy naam verander.

(3) � Binne ʼn redelike tyd nadat die nuwe Grondwet in werking getree het, kan ʼn Parlementswet ooreenkomstig artikel 76(1) van die nuwe Grondwet aangeneem word om hierdie item en item 23 te wysig om voorsiening te maak vir die wyse waarop dit vir ʼn lid van ʼn wetgewende liggaam wat ophou om ʼn lid te wees van die party wat daardie lid benoem het, moontlik sal wees om lidmaatskap van dié wetgewende liggaam te behou.

(4) � ʼn Parlementswet bedoel in subitem (3) kan ook voorsiening maak vir— (a) ʼn bestaande party om met ʼn ander party saam te smelt; of (b) ʼn party om in meer as een party te onderverdeel”.

14. Die skrapping van item 24. 15. Die wysiging van item 25–

(a) � deur die omskrywing van “Kommissie” deur die volgende omskrywing te vervang: “’’Kommissie’ die Verkiesingskommissie bedoel in artikel 190 van die nuwe Grondwet;”; en

(b) � deur die volgende omskrywing na die omskrywing van “nasionale lys” in te voeg: “’’nuwe Grondwet’ die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;”.

16. Die skrapping van item 26.

Aanhangsel B

AANhANGSEL B ReGeRinG van naSiOnale eenheid: naSiOnale SfeeR

1. Artikel 84 van die nuwe Grondwet word geag die volgende bykomende subartikel te bevat: “(3) � Die President moet die Uitvoerende Adjunkpresidente raadpleeg–

(a) in die ontwikkeling en uitvoering van die beleid van die nasionale regering; (b) � in alle aangeleenthede met betrekking tot die bestuur van die Kabinet en die

verrigting van die werksaamhede van die Kabinet; (c) � in die toewysing van werksaamhede aan die Uitvoerende Adjunkpresidente; (d) � voordat die President enige aanstelling kragtens die Grondwet of enige

wetgewing doen, met inbegrip van die aanstelling van ambassadeurs of ander diplomatieke verteenwoordigers;

(e) � voordat die President kommissies van ondersoek aanstel; (f) � voordat die President ʼn referendum uitroep; en (g) � voordat die President oortreders begenadig of grasie aan hulle verleen.”.

2. Artikel 89 van die nuwe Grondwet word geag die volgende bykomende subartikel te bevat: “(3) Subartikels (1) en (2) is ook op ʼn Uitvoerende Adjunkpresident van toepassing.”.

3. Paragraaf (a) van artikel 90(1) van die nuwe Grondwet word geag soos volg te lui: “(a) ‘n Uitvoerende Adjunkpresident wat deur die President aangewys is;”.

4. Artikel 91 van die nuwe Grondwet word geag soos volg te lui: “Kabinet 91. (1) Die Kabinet bestaan uit die President, die Uitvoerende Adjunkpresidente en–

(a) hoogstens 27 Ministers wat lede van die Nasionale Vergadering is en wat ingevolge subartikels (8) tot (12) aangestel is; en

(b) hoogstens een Minister wat nie ʼn lid van die Nasionale Vergadering is nie en wat ingevolge subartikel (13) aangestel is, mits die President, handelende in oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die deelnemende partye, die aanstelling van so ʼn Minister dienstig ag.

(2) Elke party wat minstens 80 setels in die Nasionale Vergadering het, is daarop geregtig om ʼn Uitvoerende Adjunkpresident uit die geledere van die Vergadering aan te wys.

166

167

Aanhangsel B

(3) Indien geen party nie of slegs een party 80 of meer setels in die Vergadering het, is die party wat die grootste getal setels het en die party wat die tweede grootste getal setels het, elk daarop geregtig om een Uitvoerende Adjunkpresident uit die geledere van die Vergadering aan te wys.

(4) By sy of haar aanwysing kan ʼn Uitvoerende Adjunkpresident kies om as lid van die Vergadering aan te bly of om op te hou om lid van die Vergadering te wees.

(5) ʼn Uitvoerende Adjunkpresident kan die bevoegdhede uitoefen en moet die werksaamhede verrig wat kragtens die Grondwet by die amp van Uitvoerende Adjunkpresident berus of wat deur die President aan daardie amp toegewys is.

(6) ʼn Uitvoerende Adjunkpresident beklee die amp– (a) tot 30 April 1999 tensy hy of sy deur die party wat ingevolge subartikels

(2) en (3) geregtig is om die aanwysing te doen, vervang of teruggeroep word; of

(b) totdat die persoon wat na ʼn verkiesing van die Nasionale Vergadering wat voor 30 April 1999 gehou word, as President verkies word, die amp aanvaar.

(7) ‘n Vakature in die amp van Uitvoerende Adjunkpresident kan gevul word deur die party wat daardie Adjunkpresident aangewys het.

(8) ʼn Party wat minstens 20 setels in die Nasionale Vergadering het en wat besluit het om aan die regering van nasionale eenheid deel te neem, is geregtig op die toekenning aan hom van een of meer van die Kabinetsportefeuljes ten opsigte waarvan Ministers bedoel in subartikel (1)(a) aangestel staan te word, in verhouding tot die getal setels wat die party in die Vergadering het teenoor die getal setels wat die ander deelnemende partye het.

(9) Kabinetsportefeuljes word aan die onderskeie deelnemende partye toegeken ooreenkomstig die volgende formule: (a) ‘n Kwota setels per portefeulje word bepaal deur die totale getal setels in

die Nasionale Vergadering wat die deelnemende partye gesamentlik het, te deel deur die getal portefeuljes ten opsigte waarvan Ministers bedoel in subartikel (1)(a) aangestel staan te word, plus een.

(b) Die resultaat, met weglating van derde en daaropvolgende desimale breuke, as daar is, is die kwota setels per portefeulje.

(c) Die getal portefeuljes wat aan ʼn deelnemende party toegeken moet word, word bepaal deur die totale getal setels wat daardie party in die Nasionale Vergadering het, te deel deur die kwota in paragraaf (b)

168

bedoel. (d) Die resultaat dui, behoudens paragraaf (e), die getal portefeuljes aan

wat aan daardie party toegeken moet word. (e) Waar die toepassing van bogenoemde formule ʼn surplus oplewer wat nie

opgeneem word deur die getal portefeuljes wat aan ʼn party toegeken is nie, ding so ʼn surplus mee met ander soortgelyke surplusse wat aan ʼn ander party of partye toeval, en ʼn portefeulje of portefeuljes wat nog nie toegeken is nie, word in volgorde van die hoogste surplus aan die betrokke party of partye toegeken.

(10) Die President moet na oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die deelnemende partye – (a) die spesifieke portefeuljes bepaal wat aan die onderskeie deelnemende

partye toegeken moet word ooreenkomstig die getal portefeuljes wat ingevolge subartikel (9) aan hulle toegeken is;

(b) ten opsigte van elke sodanige portefeulje ʼn lid van die Nasionale Vergadering wat ʼn lid is van die party waaraan die portefeulje kragtens paragraaf (a) toegeken is, aanstel as die Minister wat vir daardie portefeulje verantwoordelik is;

(c) indien dit vir die doeleindes van die Grondwet of in die belang van goeie regering nodig word, ʼn bepaling kragtens paragraaf (a) behoudens subartikel (9) wysig;

(d) ʼn aanstelling kragtens paragraaf (b) beëindig– (i) indien die President daartoe versoek word deur die leier van die

party waarvan die betrokke Minister ʼn lid is; of (ii) indien dit vir die doeleindes van die Grondwet of in die belang van

goeie regering nodig word; of (e) wanneer nodig, behoudens paragraaf (b) ʼn vakature in die amp van

Minister vul. (11) Subartikel (10) moet toegepas word in die gees beliggaam in die begrip van

ʼn regering van nasionale eenheid, en die President en die ander betrokke funksionarisse moet by die toepassing van daardie subartikel poog om te alle tye konsensus te bereik: Met dien verstande dat indien konsensus nie bereik kan word nie oor– (a) die uitoefening van ʼn bevoegdheid in paragraaf (a), (c) of (d)(ii) van

daardie subartikel bedoel, die President se besluit die deurslag gee;

Aanhangsel B

169

Aanhangsel B

(b) die uitoefening van ʼn bevoegdheid in paragraaf (b), (d)(i) of (e) van daardie subartikel bedoel wat ʼn persoon raak wat nie ʼn lid van die President se party is nie, die besluit van die leier van die party waarvan daardie persoon ʼn lid is, die deurslag gee; en

(c) die uitoefening van ʼn bevoegdheid in paragraaf (b) of (e) van daardie subartikel bedoel wat ʼn persoon raak wat ʼn lid van die President se party is, die President se besluit die deurslag gee.

(12) Indien ʼn bepaling van portefeuljetoekennings kragtens subartikel (10)(c) gewysig word, ontruim die betrokke Ministers hul portefeuljes, maar kan hulle, waar toepaslik, weer aangestel word in ander portefeuljes wat ingevolge die gewysigde bepaling aan hulle onderskeie partye toegeken word.

(13) Die President moet– (a) in oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die

deelnemende partye– (i) ‘n spesifieke portefeulje bepaal vir ʼn Minister bedoel in subartikel

(1)(b) indien dit nodig word na aanleiding van ʼn besluit van die President kragtens daardie subartikel;

(ii) ten opsigte van daardie portefeulje ʼn persoon wat nie ʼn lid van die Nasionale Vergadering is nie, aanstel as die Minister wat vir daardie portefeulje verantwoordelik is; en

(iii) indien nodig, ʼn vakature ten opsigte van daardie portefeulje vul; of (b) na oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die

deelnemende partye ʼn aanstelling kragtens paragraaf (a) beëindig indien dit vir die doeleindes van die Grondwet of in die belang van goeie regering nodig word.

(14) Die President of, indien die President so ʼn opdrag gee, ʼn Uitvoerende Adjunkpresident sit op vergaderings van die Kabinet voor: Met dien verstande dat die Uitvoerende Adjunkpresidente om die beurt op vergaderings van die Kabinet voorsit tensy die behoeftes van regering en die gees wat in die begrip van ʼn regering van nasionale eenheid beliggaam is, ʼn ander reëling verg.

(15) Die Kabinet funksioneer met inagneming van die konsensus-soekende gees wat in die begrip van ʼn regering van nasionale eenheid beliggaam is, asook van die behoefte aan doeltreffende regering.”.

170

5. Artikel 93 van die nuwe Grondwet word geag soos volg te lui: “Aanstelling van Adjunkministers 93. (1) Die President kan, na oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die

leiers van die partye wat aan die Kabinet deelneem, adjunkministersposte instel.

(2) ʼn Party is geregtig op die toekenning aan hom van een of meer adjunkministersposte in dieselfde verhouding as die waarin en volgens dieselfde formule as die waarvolgens portefeuljes in die Kabinet toegeken word.

(3) Die bepalings van artikel 91(10) tot (12) is met die nodige veranderings ten opsigte van Adjunkministers van toepassing, en by sodanige toepassing word ʼn verwysing in daardie artikel na ʼn Minister of ʼn portefeulje uitgelê as ʼn verwysing na onderskeidelik ʼn Adjunkminister of ʼn adjunkministerspos.

(4) Indien ʼn persoon aangestel word as die Adjunkminister van ʼn portefeulje wat aan ʼn Minister toevertrou is– (a) moet daardie Adjunkminister namens die betrokke Minister enige van

die bevoegdhede uitoefen en werksaamhede verrig wat ingevolge enige wetgewing of andersins aan daardie Minister opgedra is en wat daardie Minister, behoudens die voorskrifte van die President, aan daardie Adjunkminister opdra; en

(b) word ʼn verwysing in enige wetgewing na daardie Minister, uitgelê ook as ʼn verwysing na die Adjunkminister handelende uit hoofde van ʼn opdrag kragtens paragraaf (a) deur die Minister namens wie daardie Adjunkminister optree.

(5) Wanneer ʼn Adjunkminister afwesig is of om die een of ander rede nie in staat is om enige van die bevoegdhede of werksaamhede van die amp uit te oefen of te verrig nie, kan die President ʼn ander Adjunkminister of enige ander persoon aanstel om in die plek van genoemde Adjunkminister op te tree, hetsy in die algemeen hetsy om ʼn bepaalde bevoegdheid uit te oefen of werksaamheid te verrig.”.

6. Artikel 96 van die nuwe Grondwet word geag die volgende bykomende subartikels te bevat: “(3) Ministers is afsonderlik teenoor die President en teenoor die Nasionale Vergadering

aanspreeklik vir die administrasie van hul portefeuljes, en al die lede van die Kabinet is dienooreenkomstig gesamentlik aanspreeklik vir die verrigting van die

Aanhangsel B

171

Aanhangsel B

werksaamhede van die nasionale regering en vir die beleid daarvan. (4) Ministers moet hul portefeuljes administreer ooreenkomstig die beleid deur die

Kabinet bepaal. (5) Indien ʼn Minister versuim om die portefeulje ooreenkomstig die beleid van die

Kabinet te administreer, kan die President die betrokke Minister aansê om die administrasie van die portefeulje met daardie beleid in ooreenstemming te bring.

(6) Indien die betrokke Minister versuim om aan ʼn aansegging van die President kragtens subartikel (5) te voldoen, kan die President die Minister van sy of haar amp onthef– (a) in die geval van ʼn Minister in artikel 91(1)(a) bedoel, na oorleg met die

Minister en, indien die Minister nie ʼn lid van die President se party is of nie die leier van ʼn deelnemende party is nie, ook na oorleg met die leier van daardie Minister se party; of

(b) in die geval van ʼn Minister in artikel 91(1)(b) bedoel, na oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die deelnemende partye.”.

172

Aanhangsel C

AANhANGSEL C ReGeRinG van naSiOnale eenheid: pROvinSiale SfeeR

1. Artikel 132 van die nuwe Grondwet word geag soos volg te lui: “Uitvoerende Rade 132 (1) Die Uitvoerende Raad van ʼn provinsie bestaan uit die Premier en hoogstens

tien lede ooreenkomstig hierdie artikel deur die Premier aangestel. (2) ʼn Party wat minstens tien persent van die setels in ʼn provinsiale wetgewer het

en wat besluit het om aan die regering van nasionale eenheid deel te neem, is geregtig op die toekenning aan hom van een of meer van die portefeuljes in die Uitvoerende Raad in verhouding tot die getal setels wat die party in die wetgewer het teenoor die getal setels wat die ander deelnemende partye het.

(3) Portefeuljes in die Uitvoerende Raad moet aan die onderskeie deelnemende partye toegeken word ooreenkomstig dieselfde formule as dié wat in artikel 91(9) uiteengesit word, en by die toepassing van daardie formule word ʼn verwysing in daardie artikel na– (a) die Kabinet, as ʼn verwysing na ʼn Uitvoerende Raad uitgelê; (b) ʼn Minister, as ʼn verwysing na ʼn lid van ʼn Uitvoerende Raad uitgelê; en (c) die Nasionale Vergadering, as ʼn verwysing na die provinsiale wetgewer

uitgelê. (4) Die Premier van ʼn provinsie moet na oorleg met die leiers van die

deelnemende partye– (a) die spesifieke portefeuljes bepaal wat aan die onderskeie deelnemende

partye toegeken moet word ooreenkomstig die getal portefeuljes wat ingevolge subartikel (3) aan hulle toegeken is;

(b) ten opsigte van elke sodanige portefeulje ʼn lid van die provinsiale wetgewer wat ʼn lid is van die party waaraan daardie portefeulje kragtens paragraaf (a) toegeken is, aanstel as die lid van die Uitvoerende Raad wat vir daardie portefeulje verantwoordelik is;

(c) indien dit vir die doeleindes van die Grondwet of in die belang van goeie regering nodig word, ʼn bepaling kragtens paragraaf (a) behoudens subartikel (3) wysig;

(d) ʼn aanstelling kragtens paragraaf (b) beëindig– (i) indien die Premier daartoe versoek word deur die leier van die

party waarvan die betrokke lid van die Uitvoerende Raad ʼn lid is; of

173

Aanhangsel C

(ii) indien dit vir die doeleindes van die Grondwet of in die belang van goeie regering nodig word; of

(e) � wanneer nodig, behoudens paragraaf (b) ʼn vakature in die amp van ʼn lid van die Uitvoerende Raad vul.

(5) � Subartikel (4) moet toegepas word in die gees beliggaam in die begrip van ʼn regering van nasionale eenheid, en die Premier en die ander betrokke funksionarisse moet by die toepassing van daardie subartikel poog om te alle tye konsensus te bereik: Met dien verstande dat indien konsensus nie bereik kan word nie oor– (a) � die uitoefening van ʼn bevoegdheid in paragraaf (a), (c) of (d)(ii) van

daardie subartikel bedoel, die Premier se besluit die deurslag gee; (b) � die uitoefening van ʼn bevoegdheid in paragraaf (b), (d)(i) of (e) van

daardie subartikel bedoel wat ʼn persoon raak wat nie ʼn lid van die Premier se party is nie, die besluit van die leier van die party waarvan daardie persoon ʼn lid is, die deurslag gee; en

(c) � die uitoefening van ʼn bevoegdheid in paragraaf (b) of (e) van daardie subartikel bedoel wat ʼn persoon raak wat ʼn lid van die Premier se party is, die Premier se besluit die deurslag gee.

(6) � Indien ʼn bepaling van portefeuljetoekennings kragtens subartikel (4)(c) gewysig word, ontruim die betrokke lede hul portefeuljes, maar kan hulle, waar toepaslik, weer aangestel word in ander portefeuljes wat ingevolge die gewysigde bepaling aan hulle onderskeie partye toegeken word.

(7) � Die Premier van die provinsie moet op vergaderings van ʼn Uitvoerende Raad voorsit.

(8) � ʼn Uitvoerende Raad moet funksioneer met inagneming van die konsensus- soekende gees wat in die begrip van ʼn regering van nasionale eenheid beliggaam is, asook van die behoefte aan doeltreffende regering.”.

2. Artikel 136 van die nuwe Grondwet word geag die volgende bykomende subartikels te bevat: “(3) Lede van Uitvoerende Rade is afsonderlik teenoor die Premier en die provinsiale

wetgewer aanspreeklik vir die administrasie van hulle portefeuljes, en al die lede van die Uitvoerende Raad is dienooreenkomstig gesamentlik aanspreeklik vir die verrigting van die werksaamhede van die provinsiale regering en vir die beleid daarvan.

174

Aanhangsel C

(4) Lede van Uitvoerende Rade moet hulle portefeuljes administreer ooreenkomstig die beleid deur die Raad bepaal.

(5) Indien ʼn lid van ʼn Uitvoerende Raad versuim om die portefeulje ooreenkomstig die beleid van die Raad te administreer, kan die Premier die betrokke lid aansê om die administrasie van die portefeulje met daardie beleid in ooreenstemming te bring.

(6) Indien die betrokke lid versuim om aan ʼn aansegging van die Premier kragtens subartikel (5) te voldoen, kan die Premier die lid van sy of haar amp onthef na oorleg met die lid, en indien die lid nie ʼn lid van die Premier se party of nie die leier van ʼn deelnemende party is nie, ook na oorleg met die leier van daardie lid se party.”.

175

Aanhangsel D

AANhANGSEL D STaaTSadMiniSTRaSie en veiliGheidSdienSTe: WYSiGinGS

van aRTikelS van die vORiGe GROndWeT

1. Die wysiging van artikel 218 van die vorige Grondwet– (a) � deur in subartikel (1) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende

woorde te vervang; “(1) Behoudens die voorskrifte van die Minister van Veiligheid en Sekuriteit is die

Nasionale Kommissaris verantwoordelik vir–”; (b) � deur paragraaf (b) van subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang: “(b)

die aanstelling van provinsiale kommissarisse;”; (c) � deur paragraaf (d) van subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang:

“(d) die ondersoek en voorkoming van georganiseerde misdaad of misdaad wat nasionale ondersoek en voorkoming of deskundige vaardighede vereis;”; en

(d) deur paragraaf (k) van subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang: “(k) die instelling en instandhouding van ʼn nasionale polisie-eenheid vir openbare

orde, wat ter ondersteuning en op versoek van die Provinsiale Kommissaris ontplooi kan word;”.

2. Die wysiging van artikel 219 van die vorige Grondwet deur in subartikel (1) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: “(1) Behoudens artikel 218(1) is ʼn Provinsiale Kommissaris verantwoordelik vir–”.

3. Die wysiging van artikel 224 van die vorige Grondwet deur die voorbehoudsbepaling by subartikel (2) deur die volgende voorbehoudsbepaling te vervang: “Met dien verstande dat hierdie subartikel ook van toepassing is op lede van enige gewapende mag wat sy personeellys voorgelê het na die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993 (Wet 200 van 1993), maar voor die aanname van die nuwe grondwetlike teks soos in artikel 73 van daardie Grondwet beoog, indien die politieke organisasie onder wie se gesag en beheer so ʼn mag is of waarmee hy geassosieer is en wie se oogmerke hy bevorder wel aan die Uitvoerende Oorgangsraad of wel aan die eerste verkiesing van die Nasionale Vergadering en die provinsiale wetgewers kragtens genoemde Grondwet deelgeneem het.”.

Aanhangsel D

4. Die wysiging van artikel 227 van die vorige Grondwet deur subartikel (2) deur die volgende subartikel te vervang: “(2) Die Nasionale Weermag moet sy bevoegdhede uitoefen en sy werksaamhede verrig

uitsluitlik in die nasionale belang ingevolge Hoofstuk 11 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.”.

5. Die wysiging van artikel 236 van die vorige Grondwet– (a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang:

“(1) �‘n Staatsdiens, staatsdepartement, administrasie of veiligheidsdiens wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (hieronder “die nuwe Grondwet” genoem), regeringswerksaamhede verrig het, bly ingevolge die wetgewing wat daarop van toepassing is, funksioneer totdat dit afgeskaf word of geïnkorporeer word in of geïntegreer word met enige toepaslike instelling of gerasionaliseer of gekonsolideer word met enige ander instelling.”;

(b) deur subartikel (6) deur die volgende subartikel te vervang: “(6) (a) Die President kan ʼn kommissie aanstel om die sluiting of wysiging

van ʼn kontrak, die aanstelling of bevordering, of die toekenning van ʼn beding of voorwaarde van diens of ander voordeel, wat tussen 27 April 1993 en 30 September 1994 geskied het ten opsigte van ʼn persoon bedoel in subartikel (2) of ʼn klas van sodanige persone, te hersien.

(b) Die kommissie kan ʼn kontrak, aanstelling, bevordering of toekenning tersyde stel of wysig indien dit in die omstandighede van die geval nie behoorlik geskied het nie of nie geregverdig kan word nie.”; en

(c) �deur “hierdie Grondwet”, waar dit ook al in artikel 236 voorkom, deur “die nuwe Grondwet” te vervang.

6. Die wysiging van artikel 237 van die vorige Grondwet– (a) deur paragraaf (a) van subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang:

“(a) Die rasionalisering van alle instansies bedoel in artikel 236(1), uitgesonderd militêre magte bedoel in artikel 224(2), gaan na die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, voort ten einde– (i) � ‘n doeltreffende administrasie in die nasionale regeringsfeer in te stel om

met aangeleenthede binne die regsbevoegdheid van die nasionale sfeer te handel; en

(ii) ʼn doeltreffende administrasie vir elke provinsie in te stel om met

176

177

Aanhangsel D

aangeleenthede binne die regsbevoegdheid van elke provinsiale regering te handel”; en

(b) � deur subparagraaf (i) van subartikel (2)(a) deur die volgende subparagraaf te vervang: “(i) instellings bedoel in artikel 236(1), uitgesonderd militêre magte, berus by die

nasionale regering, wat daardie verantwoordelikheid in samewerking met die provinsiale regerings uitoefen;”.

7. Die wysiging van artikel 239 van die vorige Grondwet deur subartikel (4) deur die volgende subartikel te vervang: “(4) Behoudens en ooreenkomstig enige toepaslike wet, gaan die bates, regte, pligte en

verpligtinge van alle magte bedoel in artikel 224(2) oor op die Nasionale Weermag ooreenkomstig die voorskrifte van die Minister van Verdediging.”.

178

Bylae 6A

ByLAE 6A [Bylae 6A ingevoeg by a. 6 van die Tiende Wysigingswet op die Grondwet van 2003 en herroep by a. 6

van die Veertiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]

179

Bylae 6B

ByLAE 6B [Bylae 6B, voorheen Bylae 6A, ingevoeg by a. 2 van die Agtste Wysigingswet op die Grondwet van

2002, gewysig by a. 5 van die Tiende Wysigingswet op die Grondwet van 2003, hernommer by a. 6 van die Tiende Wysigingswet op die Grondwet van 2003 en herroep by a. 5 van die Vyftiende

Wysigingswet op die Grondwet van 2008.] �

Bylae 7

ByLAE 7 WeTTe heRROep

nommer en jaar van Wet

Titel

Wet 200 van 1993 Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993

Wet 2 van 1994 Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1994

Wet 3 van 1994 Tweede Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1994

Wet 13 van 1994 Derde Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1994

Wet 14 van 1994 Vierde Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1994

Wet 24 van 1994 Sesde Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1994

Wet 29 van 1994 Vyfde Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1994

Wet 20 van 1995 Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1995

Wet 44 van 1995 Tweede Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1995

Wet 7 van 1996 Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996

Wet 26 van 1996 Derde Wysigingswet op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996

180

181

Indeks

INDEKS (Neem kennis: die syfers na die inskrywings verwys na afdelingsnommers)

Befondsing vir politieke partye, 236 Begroting, 215 Burgerskap, 3 Finansiële en Fiskale Kommissie, 220 - 222 Finansies, Nasionaal, 213, 214, 216, 217 Finansies, Provinsiaal en plaaslik, 226 - 230 Handves van Regte —

Afdwinging van regte, 38 Arbeidsverhoudinge, 23 Behuising, 26 Beperking van regte, 36 Burgerskap, 20 Eiendom, 25 Gearresteerde, aangehoue en beskuldigde persone, 35 Gelykheid, 9 Gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike sekerheid, 27 Kinders, 28 Kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe, 31 Lewe, 11 Menswaardigheid, 10 Noodtoestande, 37 Omgewing, 24 Onderwys, 29 Politieke regte, 19 Privaatheid, 14 Regverdige administratiewe optrede, 33 Slawerny, knegskap en dwangarbeid, 13 Taal en kultuur, 30 Toegang tot howe, 34 Toegang tot inligting, 32

182

Indeks

Toepassing, 8 Uitleg, 39 Vergadering, betoging, linievorming en petisie, 17 Vryheid en sekerheid van die persoon, 12 Vryheid van assosiasie, 18 Vryheid van bedryf, beroep en professie, 22 Vryheid van beweging en verblyf, 21 Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening, 15 Vryheid van uitdrukking, 16

Howe— Bevoegdhede van howe in grondwetlike aangeleenthede, 172 Hoër Howe, 169 Hoogste Hof van Appèl, 168 Konstitusionele Hof, 167 Landdroshowe en ander howe, 170

Intelligensie, 209, 210 Kabinet, 91 - 99, 101, 102 Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalge- meenskappe, 181, 185, 186 Kommissie vir Geslagsgelykheid, 181, 187 Menseregtekommissie, 181, 184 Munisipaliteite, 151 - 164 Nasionale lied, 4 Nasionale Raad van Provinsies—

Besluite, 65 Bevoegdhede, 68 Deelname deur verteenwoordigers van plaaslike regering, 67 Getuienis of inligting voor Nasionale Raad, 69 Partydeelname aan provinsiale afvaardigings, Bylae 3, Deel B Publieke toegang, 72 Samestelling, 60 Toewysing van afgevaardigdes, 61 Vaste afgevaardigdes, 62

183

Indeks

Nasionale Vergadering— Besluite, 53 Bevoegdhede, 55 Getuienis of inligting voor Nasionale Vergadering, 56 Publieke toegang, 59 Samestelling en verkiesing, 46

Onafhanklike Owerheid om die Uitsaaiwese te Reguleer, 192 Openbare Administrasie, 195 Openbare Beskermer, 181, 182 Oppergesag van Grondwet, 2 Ouditeur-generaal, 181, 188 Parlement, 42 Plaaslike regering, 152, 163 Polisie, 205 - 208 Premiers, 127 - 130 President, 83 - 89 Provinsiale grondwette, 142 - 121 Provinsiale wetgewers, 104 - 121 —

Aansoek by Konstitusionele Hof deur lede, 122 Publieke toegang, 118 Vaste afgevaardigdes se regte, 113

Provinsies, 103 Regering van samewerking, 41 Regsprekende gesag, 165 Regstelsel, 166 Regterlike beamptes, 174 - 177 Regterlike Dienskommissie, 178 Sekuriteitsdienste, 198, 199 Selfbeskikking, 235 Sentrale Bank, 223 - 225 Staatsdiens, 197 Staatsdienskommissie, 196 Tale, 6 Tradisionele leiers, 211, 212

Indeks

Uitvoerende gesag— die provinsies, 125 die republiek, 85

Uitsaaiwese, Onafhanklike Owerheid om dit te reguleer, 181, 192 Uitvoerende Rade, provinsiaal, 132 -141 Verkiesingskommissie, 181, 190, 191 Verkiesingsprosedures vir Grondwetlike Ampsdraers, Bylae 3, Deel A Vervolgingsgesag, 179 Vlag, 5 Volkereg, 231 - 233 Weermag, 200 - 204 Wetgewende gesag, 43, 44 Wetgewing, 73 - 82 Wetsteenstrydighede, 146 - 150